KLETS

KLETS

Download on the App Store

All KLETS episodes

  • Wat sê die Tannies?
    Colene en Matthys KLETS saam met Tannie Lettie en Tante Meraai van die gewilde Wat sê die Tannies op Afrikaans.Radio. Die Tannies gee raad oor hoe om vrou te wees en ook darem vir die manne ook so 'n bietjie stof ter nadenke. Ons hoor wat dink hulle van die stand van sake in Suid-Afrika en wat gedoen moet word om dinge weer in lyn te kry.

    Tanya Michelle vertel waar is die JOL en ons kondig die wenner van Isabella Niehaus se kookboeke aan. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    49 min
  • Los uit die boks onder die bed!
    Die span KLETS vandag oor vrouedag en hoe Cyril weer geskok en verward is oor wat aangaan in Suid-Afrika. Melissa kry 'n boks onder haar ma se bed met speelgoed en vat die een bietjie ver. Die Kaap lyk steeds soos 'n oorlog en almal is verwonderd oor waar hul nou gaan Woolies koop. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    26 min
  • Hoekom is mans so?
    Die Kaap word steeds geteister deur die verlammende Taxi strike maar meer ontstellend is hoe die strike mense en veral kinders benadeel. Is mans en manlikheid dalk die groot probleem wat ons het in ons land?

    Mej. Suid-Afrika kry ‘n nuwe kroon en ‘n vrou van 35 melk elke dag 6 liter borsmelk en skenk dit waar nodig. Jy kan iets van Freddie Mercury koop binnekort op ‘n veiling en met die geld wat jy spaar as jy eerder by ‘n spaza winkel gaan koop kan jy dalk meer as net een item koop op die veiling. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    30 min
  • Julius het dalk Listerine nodig!
    Dis Maandag en die span KLETS oor die nuus die afgelope week. Waar is Cyril? Julius is nou 'n celebrity en die Kaap kom tot stilstand. Die Springbokke lyk soos Listerine bottels en Fintech in Suid-Afrika maak opspraak internasionaal. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    30 min
  • Dié grande madame Langebaan!
    Dis Vrydag en die span KLETS met Isabella Niehaus. Sy skryf twee kookboeke wat beide 'n Gourmand World Cookbook toekenning ontvang het. Die eerste boek “Duinhuis” vir Best entertainment boek en meer onlangs “Daar’s ‘n vegan op my verandah” saam haar skryf vennoot Louis Janse van Vuuren, of eerder soos Bella na hom verwys haar tweeling siel, vir die beste vegan kookboek in die wêreld!

    Ons gesels ook kos, mooi goed, mense en menswees. Isabella deel ook met ons ‘n resep uit haar nuutste boek en is so gaaf om twee boeke weg te gee. Like die podcast, deel die podcast en like die Afrikaans.Radio bladsy om in aanmerking te kom! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    55 min
  • 18 maande? Ons het 'n Tannie nodig!
    Die span KLETs vandag oor 'n paar dinge wat die week in die nuus gebeur het. Elon het vir Cyril gevra wat hy gaan doen oor Malema en Malema vermoed dat Elon moet eerder hom by sy X'e hou. Alles in Suid-Afrika neem tans 18 Maande en die vroue op die sportveld kraai koning! Kan ons asb 'n Tannie kry om Suid-Afrika te fix! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    29 min
  • Die Magic van Mushrooms
    Die span gesels met Gerhard Pretorius van Kuja Wellness oor die "magic" van medicinal mushrooms. Waar dit vandaan kom, die mediese navorsing omtrent die gebruik van mushrooms en hoe om te besluit wat is die beste mushroom vir jou om te neem. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    37 min
  • Die Ekonomie van Graan.
    Die span KLETS saam met Heleen Viljoen, 'n ekonoom verbonde aan GraanSA oor die moontlike styging van graan pryse in Suid-Afrika. Helene verduidelik wat al die moontlike redes vir 'n styging kan wees asook waar Suid-Afrika tans staan met die produksie van graan produkte. Verder vertel Helen van Nampo en hoe belangrik boere vir ons is in die Suide van Afrika. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    32 min
  • Rommel rommel toil and trouble
    Dis Maandag en die span "be-klets" die afgelope week se nuus. Die EFF is nou 'n tiener, die parlement lê nog in rommel en bokke se RWC song laat 'n mens braak!

    Indien jy jou kar wil was vandag kan jy dit doen met 'n oop gemoed en weet dat dit is van die goedkoopste in die wêreld. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    33 min
  • Die Fashion Police!
    Dis Vrydag en Tanya Michelle is op KLETS en vertel vir ons Waar is die JOL? Maar meer belangrik join Henja Schaap Matthys vir 'n "fashion intervention"! Van kaalvoet tot slaapklere, swart op troues en ander vrae van luisteraars.

    Tanya vertel wat jy die naweek kan doen as jy in Gauteng of Limpopo bly en gelukkig het Henja en Matthys die een gewen! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    43 min