KLETS

KLETS

Download on the App Store

All KLETS episodes

  • Die Sien, Sê en Doen van Veiligheid
    In KLETS vandag gesels Matthys met Chris Willemse, die operasionele bestuurder, van Princeton Security in Kaapstad. Chris verduidelik hoe belangrik is dit om elke dag bewus te wees van wat om jou gebeur om sodoende intelligensie te vergader ten opsigte van misdaad en veiligheid. Chris gee tips oor wat en hoe om te maak in 'n kaping en ook 'n smash and grab situasie. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    31 min
  • Die "Wiid" is los
    Dis Maandag en die span KLETS oor nuusgebeure van verlede week. Greta Wiid is nie 'n "ally" nie en was dalk verantwoordelik vir die aardbewing in die Oos-Rand. Zuma is nou al 19 jaar besig in die hof om homself onskuldig te bewys. Is Putin die rugbyheld van die skool wat vir al die girls vertel hy gaan hul wel na die matriekafskeid toe neem? 7 polisiebeamptes is dood gedurende die afgelope week in Suid-Afrika, gee die regering genoeg hulp en bystand vir die mense wat ons veilig hou? Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    30 min
  • Lekker Bekker
    Vandag op KLETS gesels Matthys met Amore Bekker. Die mees bekendste stem op Afrikaanse radio van die afgelope 20 jaar. Amore vertel hoe sy vreesloos lewe, wat haar verveel en haar gunsteling kos. Ons gesels oor Afrikaans, sterretekens en haar sê-ding “ek voel dit in my water”. Ook op KLETS vertel Tanya Michelle vir ons Waar is die JOL die naweek. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    23 min
  • Landbou - Die fondasie van ons Ekonomie
    In KLETS vandag gesels ons met Christo van der Rheede, die Uitvoerende Hoof Beampte van AgriSA oor landbou, die boere en die rol van landbou in ons ekonomie. Christo deel sy raad aan jong boere of iemand wat die landbou sektor wil aanpak. Ons gesels oor voedselinflasie en die rol van beurkrag in die waardeketting wat produkte duurder maak op die rakke. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    30 min
  • Kos, Leeus en Onse Cyril
    Colene is terug in die KLETS ateljee. Ons gesels oor die feit dat kos keuses van 'n land nou baie meer belangriker is wanneer iemand 'n trip beplan. Die oorsese mense wonder steeds of daar leeus in Suid-Afrika is en of dit dalk net 'n storie is. Onse Cyril maak steeds net soos altyd, min tot niks en sê dat ons moet verstaan dinge in politiek gebeur stadig! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    25 min
  • Dirk Scheepers en die DS Program
    Ons KLETS vandag saam Dirk Scheepers, die aanbieder van die DS program wat nou ook op Afrikaans.Radio beskikbaar is. Luister saam oor hoekom ons verwys na Dirk as 'n baanbreker in Afrikaanse podsendings. Ons gesels oor die rand en die stand van Suid-Afrika in die makro ekonomie, moontlike sanksies van Amerika en wat lê voor vir die DS Program in 2023. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    27 min
  • Be"Kors" ons het BRICS
    Die span KLETS die Maandag oor verlede week se nuus. Die minister van Elektrisiteit Dr. Ramokgopa het op ENCA gepryk in 'n Michael Kors sweater gedurende 'n onderhoud oor die stand van loadshedding en die planne wat beraam word om dit te bekamp. Suid-Afrika dans hard na Putin se pype en probeer nou die BRICS Summit skuif na China of aanlyn. Waar is die Loadshedding man wat die knoppies gedruk het? Ons mis hom want hy het darem verstaan hoe werk 'n horlosie. Sal jy vir 25 jaar IVF probeer om op 53 'n kind te baar? Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    29 min
  • Wat is 'n Jol?
    Matthys gesels met Tanya Michelle die aanbieder van "Waar is die JOL?" op Afrikaans.Radio oor Jol. Wat beteken dit om 'n jol te maak of een te hê? Ons het vir 'n paar mense gevra vir voice notes oor wat is 'n jol in hulle oë. Verder vertel Tanya wat die naweek in Suid-Afrika aan die gang is en waar kan jy jou jol gaan soek en Lizz Meiring vertel van haar produksie – Van die Rak af. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    27 min
  • Op twee wiele deur Suid-Afrika
    Matthys gesels met die avonturiers Werner en Cissy wat onlangs al hul besittings verkoop het en die besluit geneem het om op twee motorfietse 'n minimalistiese en nomadiese leefstyl te volg. Wat was die rede tot die groot verandering in hul leefwyse en hoe pas mens aan as alles wat jy besit net op 'n motorfiets pas? Ons gesels oor die hart van Suid-Afrika en sy mense en die goedheid en guns wat ons land bied. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    32 min
  • Entrepreneurskap in Suid-Afrika
    Coléne KLETS met Prof. Jurie van Vuuren wat verbonde is aan die Universiteit van Pretoria rakende die stand van entrepreneurskap in Suid-Afrika. Wat is die regering se posisie en wat doen die Departement van Kleinsake-ontwikkeling vir entrepreneurs en die groei van ons ekonomie in die sektor. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    32 min