KLETS

KLETS

Download on the App Store

All KLETS episodes

  • Het Suid-Afrika by die Ram vir 'n Rus program aangesluit?
    Suid-Afrika is dieper in die bed met Rusland as wat ons vermoed. Dalk het Suid-Afrika by die "Ram vir 'n Rus" TV program aangesluit. Die krokodilboer, Rooies Strauss, dryf outisme uit mense en vermoed daar is baie meer homoseksuele mense by kunstefeeste. Andre de Ruyter se boek maak steeds opslae en hy begin al in hoofstuk een nog meer name noem. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    21 min
  • Die regering staan agter die deur.
    Dis dag 134 van 2023. Die span "beklets" verlede week se nuusgebeure en Coléne het 3 temas gevind in die nuus. Andre de Ruyter se boek, Truth to Power: My Three Years Inside Eskom, is nou beskikbaar en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het 994 vakante poste en baie minder budget as die SAPS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    27 min
  • Die Rand het nie 'n Parachute nie!
    Ons KLETS saam Andre Cilliers, 'n valuta-strateeg, van TreasuryONE oor die rand wat tuimel sonder 'n parachute. Hy deel met ons wat was die aanloop tot die verknorsing en waarheen kan die Rand dalk nog tuimel. Ons verlang terug na ons trip in die US 'n paar jaar gelede toe die rand nog duskant R 13.00 vir 'n Dollar was. Coléne deel 'n storie van 'n man en sy honde. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    32 min
  • Wierook, Mirre en Beurtkrag
    Blaas loadshedding soms jou kersie dood? Die span KLETS vandag saam Gielie Hoffmann oor die effek van beurkrag op ons psige en hoe dit ons elke dag beïnvloed. Gielie gee praktiese wenke oor hoe om kop bo water te hou. Verder gesels ons oor "Onse Cyril" en 2024 verkiesings vooruitsigte. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    32 min
  • Wat maak mens met R 700 000.00 salaris per dag?
    Kan geld geluk koop? Van die CEO's in die mynwese verdien R 700 000.00 per dag, is dit binne almal se bereik om soveel geld per dag te verdien? Wat is die prys wat jy moet betaal vir 'n vet bankrekening per maand? Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    22 min
  • Eksom se nee vir krag en is Waterkloof Lugmag Basis nou 'n Poskantoor?
    Dis Maandag op KLETS en die span kyk na wat het in die nuus gebeur die afgelope week. Coléne verjaar, die Russe laai pos af op Waterkloof Lugmag Basis en Pravin het 60 dae om 'n plan te maak met Loadshedding. Verder dra Charles nou die kroon en Eskom vra dat krag eerder weggegooi moet word. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    23 min
  • Die worsie en breëboontjies van die nuwe Koning.
    Die Kletsers praat bietjie Vrydag nonsens. Matthys hou regtig nie van Charlie nie. Brittanje is in twee geskeur oor die nuwe koning. Van hul hou duidelik van worsies en breëboontjies. Kan jy dink hoe gaan London ruik oor ‘n paar uur. En ongetroud hou jou gelukkig, wel volgens Tannie Amore. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    24 min
  • Die Stingel van Stres
    Die span KLETS vandag oor Stres. Is dit so deel van ons lewe dat ons nie eens meer agterkom dat ons stres nie? 'n Studie bewys dan vroue meer stres as mans. Ons gesels met Greta van Rensburg oor die nuwe reeks "siel" waar jy meditasies wat nie indringend of aan enige geloof gekoppel is nie van vannaand af kan luister op Afrikaans.Radio. siel · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    20 min
  • Voedselinflasie knyp Suid-Afrikaners
    Die span KLETS saam Dr. Hester Vermeulen van Die Buro van Voedels- en Landboubeleid (BFAP) oor die stygende voedselpryse en wat die prys van kos beïnvloed. Dr. Vermeulen deel 'n paar wenke oor hoe om die inflasie en pryse te beheer in jou kosmandjie. KLETS · BFAP · Afrikaans.Radio · KLETS - YouTube
    33 min