Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
February 26, 2021Namsip sit bedrywighede voort vanjaarVerlede jaar het die Namibiese Ministerie van Landbou se landbou meganisering en saad verbetering projek, bekend as Namsip boere in die Otjozondjupa-streek opgelei en bygestaan in ‘n saad vermenigvuldiging projek. Die projek is gedeeltelik befonds deur die Afrika Ontwikkelingsbank. Die ministerie se Direkteur van Landbou Navorsing en Ontwikkeling, Johanna Andowa sluit by ons aan vanoggend vir meer hieroor en die beplanning die vir huidige jaar....more5minPlay
February 25, 2021Indiensneming in SA-landbou stel teleurAlhoewel Suid-Afrika se landbou-ekonomie sterk presteer, bly die getalle in diens teleurstellend. Die Quarterly Labour Force Survey-data toon dat die buurland se primêre landbouposte in die vierde kwartaal van 2020 met 8 persent gedaal het. Daar was 'n afname in werkgeleenthede in die meeste provinsies en daar word vermoed dat maatskaplike distansiemaatreëls wat toegepas is om die verspreiding van Covid-19 te beperk, moontlik tot die afname in werkgeleenthede kon bydra. Bennie van Zyl, TLU SA se Hoofbestuurder deel sy mening in die verband met ons vanoggend....more4minPlay
February 25, 2021Knopvelsiekte breek uit in OmahekeKnopvelsiekte het in die Omaheke-streek uitgebreek. Volgens die Namibiese Ministerie van Landbou kom die siekte op die oomblik voor by die Otjombinde kiesafdeling en tot dusver is 31 diere van 10 verskillende eienaars besmet. Alle beweging van diere in die kiesafdeling is opgeskort sonder ‘n inentingsertifikaat. Dr Theuns Laubscher van die Windhoek Veeartseny Kliniek sluit by ons aan......more5minPlay
February 25, 2021Rekord tafeldruiwe-oes in die suideDit wil voorkom asof daar ‘n rekord-oes vir Namibiese tafeldruiwe is. Die reën wat in die oesseisoen uitgesak het, het geen noemenswaardige negatiewe uitwerking op kwaliteit gehad nie, siende dat dit die kritieke tyd van die oes gemis het. Berigte lui dat meer as 8 miljoen kartonne van 4,5 kg elk uitgevoer is, 12% hoër as in die vorige seisoen. Frederike Baur van die Orange River Vineyard Investments, bekend as ORVI is ons gas......more4minPlay
February 24, 2021Nahas Angula gesels oor kommunale bedrywighede...Die voormalige Eerste Minister Nahas Angula is nou afgetree en boer in die kommunale gebied in die noorde van die land. Hy gesels vanoggend oor die verloop van die plantery en ander bedrywighede......more3minPlay
February 24, 2021LPO reageer op Amerikaners, bek- en klouseerReaksie word steeds ontvang op kommer wat die deur Amerikaanse boere deur middel van die United States Cattlemen’s Association oor bek- en klouseer in Namibië uitgespreek is. Die plaaslike Landbou Kenner Wallie Roux het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat dit onus op Namibiese owerhede is om te bewys dat die gebied suid van die veterinêre kordonheining wel veilig is van bek- en klouseer besmetting. Thinus Pretorius, die Voorsitter van die Namibiese Lewendehawe Produsente Organisasie gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die maatreëls wat in plek is, waarvan die Amerikaners dalk nie bewus is nie....more8minPlay
February 24, 2021Nuwe wapenwet op ysDie Wapeneienaars Vereniging van Namibië, oftewel GOAN, se jaarvergadering wat in Augustus verlede jaar gehou sou word, is onbepaald uitgestel vanweë die inperkings maatreëls wat van toepassing was. Kallie Venzke, Voorsitter van GOAN gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die jongste oor die vereniging, die wapenwet en meer....more5minPlay
February 23, 2021Grond aan oorlogsveterane werk nie - dis reeds bewysDaar is groot opslae in Suid-Afrika met die aankondiging tydens die staatsrede-debat van die voormalige Minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson, dat veterane van uMkhonto we Sizwe (MK) onteiende plase gaan ontvang. Kenners meen die bewyse is daar dat die tipe van grondhervorming geen sukses kan behaal nie. Die bekende Suid-Afrikaanse Landbou Kenner Dr Kobus Laubscher gesels met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die kwessie....more3minPlay
February 23, 2021Schlettwein gesels oor noorde besoek, en Amerikaanse boere se kommerDie Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein het ‘n werksbesoek aan die verre noorde van die land afgelê en het samesprekings met verskeie rolspelers oor talle aspekte van die landbou gehad. Hy sluit vanoggend by ons aan om hieroor te gesels en ook oor die nuus dat Amerikaanse boere kommer uitgespreek het oor die invoer van Namibiese vleis terwyl daar bek- en klouseer in die land is. Die United States Cattlemen’s Association sê die invoer van vleis wat vanuit die buffersone kom waar olifante grensdrade verwoes het is baie hoë risiko......more10minPlay
February 23, 2021Plaaswerkers moet nie in minimumloon ondersoeke ingesluit word nieDie Namibiese Landbou Werkgewersvereniging het die regering gevra om plaaswerkers uit te sluit uit die minimumloon ondersoeke. Die Minister van Arbeid Utoni Nujoma het verlede week ‘n Loonkommissie daargestel om ‘n nasionale minimumloon te ondersoek, asook die impak op die ekonomie en die lewensvatbaarheid daarvan. Ons gesels vanoggend met Danie van Vuuren van die Landbou Werkgewersvereniging vir meer hieroor......more7minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.