Goeie gehalte hooi word aan ’n paar eienskappe geken. Dit moet eerstens ’n mooi, groen kleur hê. Geel of bruin hooi dui op swak gehalte weens te laat sny, reën of muf. Gehalte hooi moet blaarryk wees en min stingels hê. Dit het nie noodwendig ’n kenmerkende reuk nie, maar ’n muf of suur reuk sal diere afskrik. Met goeie reën kan boere nou letterlik, soos die Engelse sê, ‘make hay while the sun shines’. Dr Cornelis van der Waal, ‘n plaaslike kenner in graslande gesels met ons vanoggend oor die gulde geleentheid.