Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
February 11, 2021As landbou steunpilaar moet bly, hoe gemaak met klimaatsverandering?Daar word berig dat die tweede Harambee Welvaartsplan op landbou sal fokus om dit verder te ontwikkel as een van die steunpilare van die land se ekonomie. Maar klimaatsverandering gaan die boerdery landskap uitdaag. Die bekende Namibiese Ekoloog Dr Peter Cunningham gesels met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die uitdagings en hoe landbou in die land die bedryf moet aanpas......more4minPlay
February 11, 2021Wat 'n inisiatief vir boere en verbruikers!‘n Fantastiese nuwe webtuiste Namibia Farmers Online is tans beskikbaar vir beide produsente en verbruikers. Talle produkte is beskikbaar en dit is baie maklik om te bestel, selfs volgens die streek waarin jy woon. Die inisiatief bring verligting aan boere omdat dit ‘n beter prys vir landbouprodukte bied en boere direk met verbruikers verbind. Mia Koster, die stigter van die webtuiste is ons gas....more4minPlay
February 11, 2021Die jongste oor bek- en klouseerDie huidige uitbreking van bek- en klouseer in die verre noorde van die land woed steeds maar is volgens die Namibiese Ministerie van Landbou word dit as onder beheer beskou. Dr Albertina Shilongo, die Hoof Veeartsenybeampte by die ministerie skuit by ons aan vir die jongste......more5minPlay
February 10, 2021Ekonomie druk, boere moet waaksaam wees vir diefstalMet uitdagende ekonomiese tye word boere gemaan om versigtig te wees vir veediefstal en stropery van wild wat moontlik in die volgende maande kan toeneem. Maar, volgens die President van die Namibiese Landbou Unie Piet Gouws, terwyl daar moeilike tye heers, is die saak nie so eenvoudig nie. Hy meen steeds boere moet waaksaam wees....more3minPlay
February 10, 2021Reën het geval, gras ontkiem nieDaar is kommer oor dele van die suidooste van die land waar baie goeie reën ontvang is maar, geen ontkieming vind plaas nie. Boere nader aan Leonardville sê daar is meer as 300 millimeter reën maar, die gras groei nie. Ons sluit aan by Dr Cornelis van der Waal, 'n plaaslike Bewaring Landboukenner en Ekoloog......more4minPlay
February 10, 2021Prys by die plaashek, prys op die rak - verskil word bespreekDie huidige stygings in landbouprodukpryse is 'n wêreldwye probleem, maar die verwagte groot mielie-oes in die streek in die komende maande kan help om die druk op pryse te verlig. Maar dit beteken nie dat boere die vrugte daarvan sal pluk nie. Ekonome het onlangs gewaarsku dat die gaping van die prys by die plaashek en die prys in die kleinhandelaar aangespreek moet word. Dr Kobus Laubscher, ‘n Landbou Ekonoom gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die kwessie......more11minPlay
February 09, 2021So lyk die reën oor die volgende maandeWaar is die reën? Daar was uitstekende bo-normale reënval vroeër die jaar maar landswye reën blyk om eers weg te wees. Die Klimatoloog Johan van den Berg het die jongste voorspelling vir die volgende twee tot drie maande......more3minPlay
February 09, 2021Muisplaag is dalk nie muise nie...Daar is groot uitdagings in die Otjozondjupa-streek met muise. Volgens die streek se Goewerneur James Uerikua sukkel produsente om hulle grane en groente te verbou. Daar is op die oomblik nie duidelikheid oor presies watter spesies betrokke is nie en Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by Professor Morgan Hauptfleisch, die bekende Bewaring Ekoloog van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie......more6minPlay
February 09, 2021Oorskotwyn wek kommer in SADie DA in die Wes-Kaap wil hê rolspelers in die wynbedryf moet saamwerk om die probleme rondom die oorskot wynvoorraad op te los. Die oorskot is veroorsaak deur die afgelope jaar se inperkingsregulasies. Die party sê die verbod op alkoholverkope wat twee keer ingestel is, het veroorsaak dat produsente en verspreiders tans met 'n wyn-oorskot van 640 miljoen liter sit wat 'n verlies van 7,5 miljard Namibiese doller aan inkomste verteenwoordig en terwyl 80 wynkelders en 350 produsente gedwing is om hulle deure te sluit. Bennie Howard, ‘n bekende kenner van die bedryf in die buurland gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus......more5minPlay
February 08, 2021Bewaring van bogrond kritiesDie bewaring van bogrond word as een van die belangrikste aspekte vir graslande, weiveld en die gesondheid van ekostelsels beskryf. Met droë toestande voor die huidige reënseisoen en ander uitdagings kan erosie ‘n probleem word. Dr. Cornelis van der Waal, 'n plaaslike Bewaringslandbou Kenner en Ekoloog meen bestuur van kaal kolle en dongas is baie belangrik....more2minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.