Kosmos 94.1 Landbou

Kosmos 94.1 Landbou

By Kosmos 94.1ScienceNatural Sciences
Download on the App Store

Kosmos 94.1 Landbou episodes

  • Olifante bly in die nuus... Ehra gesels...
    Olifante word a daadwerklike probleem, nie net vir kommunale boere nie maar ook kommersiële boere en konflik neem toe. Volgens boere in die Ohangwena-streek, sommiges wat reeds jare daar boer, is die naweek se verskynsel van twee troppe die eerste keer wat hulle olifante in die gebied sien. Boere is raadop met die diere maar volgens Rachel Harris, die Besturende Direkteur van Elephant Human Relations Aid, oftewel Ehra in Namibië ...
    6 min
  • Welkom aan ons eie, eerste appel-oes
    Namibië het sy eerste appel-oes beleef! Die Roots Landbou-projek in Stampriet het ‘n variëteit wat minder koue nodig suksesvol aangeplant. Die projek is in samewerking met Agribank gedoen. Salomon Kalondo, ‘n vennoot by Roots sê dit is van uiterse belang om invoere te beperk...
    2 min
  • Natuurgebaseerde oplossings is ou konsep in nuwe baadjie
    Natuurgebaseerde oplossings poog om die vermoë van die natuur om ekosisteemdienste te lewer, te verbeter wat help om uitdagings aan te spreek, soos aanpassing na klimaatsverandering, die vermindering van ramprisiko's sowel as voedselproduksie. Die wetenskap het die afgelope paar jaar al hoe duideliker geword: Natuurgebaseerde oplossings kan 'n drievoudige voordeel lewer as dit reg aangewend word, wat landbouproduksie en veerkragtigheid ondersteun, klimaatsverandering verminder en die natuur en biodiversiteit verbeter. Professor Morgan Hauptfleisch, die bekende Bewaring Ekoloog van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie gesels vanoggend oor die interessante onderwerp...
    12 min
  • Probleme by Keetmans se groentetuine
    Jeug in Keetmanshoop wat deel vorm van die groep wat die Nasionale Jeugraad se groentetuin op die dorp bedryf, sê daar is uitdagings. Die tuine is deur die Minister, Agnes Tjongarero op die been gebring in al die streke van die land om jeug aan die werk te kry en voedsel sekerheid te verbeter. Die Keetmanshoop projek is in November geloods. Die Karas Streekskoördineerder van die Nasionale Jeugraad Raymond Kaffer gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die projek
    3 min
  • Suide juig steeds, soek blykbaar al bees!
    Die verre suide en suidweste van Namibië het uiterse droogte ervaar vir geruime jare maar, met goeie neerslae aan die begin van die seisoen, gesels ons vanoggend met Dolf de Wet van Plaas Michberg naby Grünau oor die huidige stand van sake na ‘n paar donderbuie oor die naweek. Volgens hom het hulle ook goeie opvolg buie gehad.
    3 min
  • Voedsel-produskie vorder goed in Zim
    Die suidelike helfte van Afrika het tot dusver baie goeie reën gehad en vooruitskattings vir voedsel sekerheid lyk baie positief. Zimbabwe het die afgelope paar jare gebuk gegaan onder voedsel tekorte en vanoggend gesels ons met Deon Theron, die voormalige President van die Kommersiële Boere Unie van die land oor die stand van sake...
    6 min
  • Jagbedryf hoopvol met entstof in eerste wêreld
    Toerisme en die jagbedryf in Namibië het baie swaar getrek met inperkings as gevolg van die Covid-pandemie. Daar is hoop dat die hoë getalle inentings in beide Europa sowel as die VSA dat kliënte die jaar kan terugkeer, veral met die lae bevolking in ons land en die relatiewe lae gevalle van die virus in die land. Tania Dahl, die Hoof Uitvoerende Beampte van die Namibiese Professionele Jagters Vereniging sluit by ons aan vir meer...
    6 min
  • Maak seker Jannie is Jannie en Sannie is Sannie
    As jy lief is vir voëls en jy weet nie of Jannie ‘n Jannie of Sannie ‘n Sannie is nie, dan is die geslagsbepaling-kliniek en algemene gesondheid bepaling vir jou... Op 9 April vanaf 10-uur die oggend tot 5-uur namiddag, bring jou geveerde maat na die Agra Bank Windhoek Ring en dan die volgende dag, kan jy ‘n maat bekom vir jou Jannie of Sannie... Sergio Lopez, Voorsitter van die Avicultural Association sluit by ons aan...
    2 min
  • Vee, vee en nog vee, top-gehalte diere... hoor hier!
    Nou ja, die jaar het behoorlik afgeskop en Agra se veilings loop oop. Op Woensdag 17 Maart om 10-uur die oggend is die Samehaling Dorper, Meatmaster, Van Rooy en Boerbok Stoeveiling op Aroab... Paul Klein, Algemene Bestuurder van Agra Veilings het meer, ook oor die een in Otjiwarongo...
    9 min
  • 'Back to your roots...'
    Roots Namibië is ‘n landbou projek naby Stampriet. Die doel is om volhoubare praktyke in die Namibiese boerdery te ondersoek en ontwikkel. Met landerye, vee en selfs ‘n aftreeoord, is dit uniek in sy aanslag in die land. Salomon Kalondo, ‘n vennoot in Roots sluit vanoggend by ons aan.
    5 min

About Kosmos 94.1 Landbou

From the publisher's feed

Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.