Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
February 08, 2021Jongste oor akkerbou in OtjozondjupaDie Otjozondjupa-streek word ge-ag as die kern van kommersiële akkerbou produksie. President Hage Geingob het aan die begin van die jaar ‘n beroep op boere gedoen om soveel as moontlik aan te plant om sodoende voedselsekerheid te verbeter en werkloosheid te verlig. Ons gas vanoggend is die Goewerneur van die streek James Uerikua het die jongste in die verband, ook die bystand van die Ministerie van Landbou....more2minPlay
February 08, 2021TLU SA bied alternatief vir onteiening aanDie Suid-Afrikaanse landbou-organisasie TLU SA het voorgestel dat die Onteieningswetsontwerp herskryf word sodat dit slegs sal geld vir die onteiening van eiendom wat vir infrastruktuurontwikkeling benodig word, en wel teen markwaarde. Die organisasie het sy kommentaar ingehandig teen die wysiging van die bestaande wetsontwerp. TLU se President, Henry Geldenhuys, sê die vae bewoording van die wysigingswetsontwerp skep die geleentheid vir die regering om enige eiendom sonder vergoeding te onteien, onder die dekmantel van openbare belang. Hy sê die wysigingswetsontwerp is die kortsigtigste stuk wetgewing. TLU-SA se Algemene Bestuurder Bennie van Zyl gesels in diepte vanoggend oor die wetgewing en hulle voorstelle......more10minPlay
February 05, 2021Voedselpryse kan vraag laat daalDr Frikkie Maré, ‘n Landbou Ekonoom en Senior Dosent by die Universiteit van die Vrystaat gesels vanoggend oor voedselprysindeks in die buurland vertoon. Nes in Namibië, het pryse skerp gestyg en is verby die buurland se minimum loon. In sy mening kan swak ekonomiese toestande gepaard met hoë pryse die vraag na sekere landbouprodukte van beïnvloed......more3minPlay
February 05, 2021Nitriet- en nitraatvergifteging - kyk hiervoor en maak soStikstof word deur bakterieë in die grond na ammoniak omgeskakel, wat op sy beurt deur dieselfde bakterieë na nitriet en dan nitraat omgeskakel word. Nitraat is ’n noodsaaklike nutriënt vir plante. Tydens die produksie van groenweiding en die bemesting daarvan, verhoog die stikstof- en nitraatinhoud en enige omstandighede wat die groei van die plant belemmer, kan ophoping veroorsaak. Dit sluit stresfaktore soos bewolkte of koeler weer asook verminderde watertoevoer in. Warm, bedompige weer en warm winde het dieselfde tot gevolg. Dr Didi Claassen, ‘n pataloog by AfriVet in Suid-Afrika gesels vanoggend oor nitrietvergiftiging......more8minPlay
February 05, 2021Afrika Perdesiekte, en meer oor jou perde met Dr SpaethTalle boere werk nog met perde op hulle plase of hou hulle net vir ontspanning aan. Met goeie reënval wat ontvang is, is daar, nes met talle ander diere, moontlike uitdagings. Die bekende Windhoek veearts en kenner in die versorging van perde, Dr Wolfgang Spaeth van die Windhoek Veterinary Clinic, gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus....more5minPlay
February 04, 2021Inentings - baie belangrik vir boereMet die onlangse uitbreking van Slenkdalkoors in die Vrystaat na gure reën en die moontlikheid dat dit ook plaaslik kan voorkom, kuier die Windhoek Veearts Dr Theuns Laubscher vanoggend saam met my om te gesels oor die belangrikheid van ‘n goeie inenting skedule vir vee en hoe om te werk te gaan....more8minPlay
February 04, 2021Meer oor uitdagings in die Swakop bekken‘n Bestuurskomitee vir die Boonste Swakop Bekken is bekend gestel deur die Namibiese Ministerie van Landbou, Water en Bosbou. Bestuur van die bekken is belangrik omdat baie water van die Swakoprivier herlei word deur grondeienaars en dus, in droër jare is daar minder opvangs in die sentrale damme - Von Bach, Swakoppoort en Omatako. Dus is die Swakop bekken een van die belangrikste opvangs gebiede vir Namibië. Maria Amakali, die ministerie se Direkteur van Waterbron Bestuur het net na die bekendstelling van die komitee met Kosmos 94.1 Landbounuus gesels oor die uitdagings in die bekken....more7minPlay
February 04, 2021ANC-regering moes oplossings voor inperkings oorweeg hetDr Theo de Jager, die bekende Suid-Afrikaanse Landboukenner en Voorsitter van Saai in die buurland sê die ANC-regering moes eerder oplossings oorweeg het in plaas van streng inperkings. In sy mening sou duisende werksgeleenthede en industrieë werksverliese en geslote deure gespaar gewees het in die tabak-, wyn- en eko-toerisme sektore in die buurland. Hy sluit by ons aan......more8minPlay
February 03, 2021Swakop bekken kry bestuurskomiteeDie Swakop bekken is een van die belangrikste opvangs gebiede vir Namibië eenvoudig omdat die sentrale gebied staatmaak op water vir die sentrale damme vir die hoofstad. ‘n Bestuurskomitee vir die Boonste Swakop Bekken word vanoggend om 9-uur van stapel gestuur. Bestuur van die bekken is belangrik omdat baie water van die Swakoprivier herlei word deur grondeienaars en dus, in droër jare is daar minder opvangs in die sentrale damme - Von Bach, Swakoppoort en Omatako. Die Ministerie van Landbou sal advies ontvang van die komitee om waterbronne te bestuur. Margaret Kalo, Woordvoerder van die ministerie het met Kosmos 94.1 Landbounuus gepraat......more2minPlay
February 03, 2021Nadoodse en kriminele kursusse word vir boere aangebiedWildlife Vets Namibia bied twee opwindende nadoodse en kriminele kursusse in Okahandja en Outjo sowel as Okahandja en Aroab vir boere aan. Die inligting is baie belangrik vir stropery en veediefstal. Dr Ulf Tubbesing, die bekende Namibiese Veearts en eienaar van Wildlife Vets Namibia is ons gas....more10minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.