Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
January 28, 2021Sprinkane is terug... Minister geselsDie Namibiese Ministerie van Landbou sê die sprinkaanplaag het 50 000 hektaar landerye verwoes en daar is kommer omdat nuwe swerms reeds in die Zambezi-streek opgemerk is. Die streek het ook die eerste plaag verlede jaar Februarie aangemeld. Sprinkane het uiteindelik 9 van die 10 akkerbou gebiede geteister. Die ministerie is geloof vir sy reaksie op die plaag maar dit wil voorkom asof dit alles weer van voor af kan begin as dringende stappe nie geneem word nie. Die Minister Calle Schlettwein gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus...more5minPlay
January 28, 2021Uitdagings met aartappels word aangespreekDaar is ‘n tekort aan kundigheid en navorsing in plaaslike aartappel produksie. Die bevinding is verlede jaar bekend gemaak deur die Namibiese Ministerie van Landbou. Die ministerie het ook aanbeveel dat studies uitgevoer word oor die vatbaarheid van aartappel produksie in Namibië. Ons gas vanoggend is Gilbert Mulonda, die Akkerbouraad se Algemene Bestuurder vir Akkerbou....more7minPlay
January 27, 2021Suiwel: ondersteun plaaslikKleiner suiwelprodusente in die buurland het 'n beroep op verbruikers gedoen om plaaslike melk te koop en so die bedryf in die buurland te ondersteun. Namibiese produsente het presies dieselfde uitdaging met goedkoper invoere van sogenaamde mega-suiwelprodusente in Suid-Afrika. Intussen gaan dit redelik goed met plaaslike produsente......more2minPlay
January 27, 2021So herstel jy as boerDaar is hoop in sommige oorde dat landbou vinniger kan herstel as gevolg van die goeie reën wat tot dusver ontvang is. Maar hoe sou dit werk en is dit werklik so? Daar is talle faktore, wat die pandemie insluit, wat ook 'n rol kan speel. Kosmos 94.1 Landbounuus gesels vanoggend met die bekende Landboukenner Dr Kobus Laubscher vir meer hieroor......more7minPlay
January 27, 2021Eloise sal geleenthede vir SA boere skepDie impak van die tropiese sikloon Eloise word nog in Suid-Afrika, Mosambiek en Zimbabwe beraam. Daar is kenners wat voorspel dat duisende hektaar landbougrond verlore kan gaan in die drie lande maar dit is nog te vroeg om die omvang van die skade te bevestig. Sommige landbou ekonome het hulle kommer uitgespreek oor veral mielieproduksie omdat dit 'n stapel voedsel is. Derek Mathews, die Voorsitter van Graan SA sluit by ons aan......more2minPlay
January 22, 2021Landbou moet deel wees van enige beleidsgesprekTheo Venter, ‘n Suid-Afrikaanse Politieke Ontleder deel vanoggend sy mening oor beleidsaanpassings in Suid-Afrika en hoe om die land weer, soos Pieter Moller, wat met hom gesels sê, ‘n wen-land te kan maak... Landbou is natuurlik ook in die soeklig....more4minPlay
January 22, 2021Windhoek het ook sy eie groente op sy eie plaas...Soos beloof, gesels ons verder oor stedelike boerdery en in die hoofstad is Okukuna, Stad Windhoek se groentetuin. Die projek is reeds in Februarie 2018 van stapel gestuur en lê die klem op veral voedselsekerheid en geleenthede vir informele nedersettings. Opleiding vind ook plaas vir allerhande omgewingsprojekte en die verbouing van voedsel. Lydia Amutenya, Kommunikasie Beampte by Stad Windhoek, het meer vir ons vanoggend....more9minPlay
January 22, 2021So boer hulle op Rehoboth!Vandag gesels Kosmos 94.1 Landbou oor stedelike boere. Ons klim vir eers uit die kraal uit en kuier in Rehoboth en Windhoek waar groentetuine en ander gemeenskapsinisiatiewe werksgeleenthede skep en voedselsekerheid verskerp. Akkerbou word op die oomblik ondersteun. Ons eerste gas vanoggend is die Voorsitter van die Rehoboth Gemeenskapstrust Ronald Kubas. Dit trust werk in die Rehoboth distrik en het ‘n volle waardeketting geskep met produksie en selfs bemarking....more6minPlay
January 21, 2021Kyk uit vir Slenkdalkoors...Vrystaat-Agri maan boere in die provinsie teen 'n moontlike uitbraak van Slenkdalkoors na die onlangse swaar reën in die provinsie. Die siekte kom veral voor in vee, skape en bokke en word deur muskiete versprei. Dit kan mense ook affekteer deur kontak met die bloed, liggaamsvloeistowwe en vleis van besmette diere of deur muskietbyte. Die laaste keer wat die siekte in die provinsie voorgekom het was in 2010, dieselfde jaar wat dit ook in die Hardap-streek voorgekom het. Veearts Dr Theuns Loubscher het raad....more5minPlay
January 21, 2021Goeie reën = grondwater aanvulling? Nie so maklik nie...Daar is hoop dat grondwaterbronne, veral in die Suide, aangevul is met die goeie reën wat ontvang is. Talle boere het gesukkel met boorgate wat opgedroog het, gepaard met droogtetoestande op weiding. Otto van Vuuren, ‘n grondwater spesialis gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die faktore wat die aanvulling van grondwater beïnvloed......more10minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.