Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
January 15, 2021Versigtig vir brande wanneer veld opdroogMet goeie reënval wat nou oor groot dele van die land ontvang word, is ons amper verseker van veldbrande wat weer in die droë seisoen sal woed. ‘n Kenner in die gebied van veldbrande, die Suid-Afrikaner Malcolm Proctor sê boere moet nou al begin versigtig wees... hy verduidelik....more2minPlay
January 15, 2021Bek- en klouseer: boere kom nie inperkings na nieDaar word beweer dat boere nie gehoor gee aan maatreëls wat die ministerie aangekondig het in verband met bek- en klouseer in die noorde nie en die Namibiese Ministerie van Landbou meen dat sou boere die beperkings nakom sou die syfers laer gewees het. Dr Albertina Shilongo, die Hoof Veeartseny Beampte by die ministerie sluit by ons aan......more7minPlay
January 15, 2021Inentings ook eerste vir plaaswerkers?Agri Limpopo het die buurland se regering gevra om voorkeur te gee aan plaaswerkers wanneer die Covid-19-entstof versprei word. Die landbou-liggaam doen ‘n beroep vir alle noodsaaklike werkers om gelyke voorkeur te kry. Uitvoerende Hoof Deidré Carter wys daarop dat plaaswerkers steeds werk sedert vlak 5 van die inperking, en dat baie van hulle positief getoets het vir die siekte. Sy sê die bedryf het heelwat om by te dra om voedselsekerheid te verseker. Die liggaam is ook bereid om te help sodat alle plaaswerkers ingeënt kan word. Kosmos 94.1 Landbounuus sluit aan by Danie van Vuuren van die Namibiese Landbouwerkers Vereniging vir ‘n plaaslike perspektief......more7minPlay
January 14, 2021Indringerbos - hoe gemaak...?Namibië se eie boskos-ghoeroe Piet Nolte sluit vanoggend by Kosmos 94.1 Landbounuus aan om te gesels oor indringerbos en meer, veral nou met hergroei en ontkieming wat op die oomblik plaasvind... is daar enige raad vir boere? Piet het meer......more4minPlay
January 14, 2021Ondersteuning vir suiker versuurDie Suid-Afrikaanse Suikerrietprodusentevereniging het sy Home Sweet Home-veldtog van stapel gestuur. Dit moedig Suid-Afrikaners aan om plaaslike suikerprodukte te koop en daardeur die een-miljoen werksgeleenthede in die bedryf te ondersteun. Die veldtog is daarop gemik om mense bewus te maak van die ernstige bedreigings wat die plaaslike suikerbedryf die hoof moet bied. Die vereniging wil 'n aanvanklike aanvraag van 150 000 ton suiker binne die eerste twee jaar herstel. Die NMI Groep van Maatskappye verpak ook suiker onder sy Sugar King handelsmerk en die Hoof Uitvoerende Beampte van die groep, Ian Collard gesels vanoggend oor die uitdagings, beide in die buurland en plaaslik....more3minPlay
January 14, 2021Landbou: produksie en verbruik moet aangepas wordOndervoeding en gemeenskappe wat honger lei neem stelselmatig toe, veral met onderbrekings in waardekettings en ekonomiese uitdagings as gevolg van die pandemie. Maar terwyl mense honger lei, gooi die wêreld meer as ‘n miljard ton kos jaarliks weg. Saai in Suid-Afrika se Theo de Jager gesels oor die Food Systems Summit wat vanjaar in September sal plaasvind sowel as aanpassings wat ons as produsente en verbruikers kan maak....more7minPlay
January 13, 2021Groot kommer oor wynboereAgri Wes-Kaap sê alle voorstelle wat deur die wynbedryf aan die ANC-regering in Suid-Afrika gemaak is, is nie oorweeg nie. Die buurland se regering het die verbod op alkohol verkope verder verleng en daar is groot kommer oor wynboere se vatbaarheid, werksgeleenthede en meer. Jannie Strydom, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri Wes-Kaap sê die bedryf kan nie nog ‘n verbod oorleef nie....more3minPlay
January 13, 2021Parasiete: so maak mensDis nes hulle sê: daar is balans in alles en reën op ons dorre land bring ook sy eie uitdagings met vloedskade, verwoeste paaie en meer. En boere het veral uitdagings met parasiete... Dr Theuns Laubscher, Kosmos 94.1 se eie Veearts gesels vanoggend met die boere oor wat om te verwag, en te doen......more3minPlay
January 12, 2021Dis bedrywig op die lande - Graan SADie streek ontvang op die oomblik reën en Suid-Afrika, as die voorste produsent ontvang ook goeie neerslae. Kosmos 94.1 Landbounuus sluit aan by Derek Matthews, die Voorsitter van Graan SA oor hoe dinge op die oomblik in die buurland lyk......more3minPlay
January 11, 2021Reën: so lyk vanjaarReën is in die lug en oral in Namibië, veral in die verre suide, is daar groot dankbaarheid vir die neerslae wat oor die afgelope week of meer ontvang is. Maar hoe lyk die vooruitsigte? Die bekende Meteoroloog Johan van den Berg gesels vanoggend met Pieter Moller oor die heersende modelle... en dinge lyk skitterend......more4minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.