Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
January 21, 2021Zim knoffel-boerdery... alles goed en wel, maar....Boere is Zimbabwe word aangemoedig om knoffel aan te plant, veral omdat die land geskik is vir die gewas. Volgens ZimTrade in die buurland het die wêreld knoffelmark in 20 jaar gegroei van 500 miljoen Amerikaanse doller na amper 2,5 miljard Amerikaanse doller jaarliks. Daar is volgens kenner ook geleenthede om waarde toe te voeg aan die knoffel. Die buurland se Ekonoom, John Robertson gesels meer breedvoerig hieroor vanoggend....more11minPlay
January 20, 2021Onteiening: SA publiek het tot 10 FebruarieSuid-Afrikaners kan steeds kommentaar lewer oor die buurland se Wetsontwerp oor Onteiening sonder Vergoeding voordat die proses op die 10de Februarie afgesluit word. Daar is aanpassings wat verskeie kenners bekommerd maak, insluitend dat die regering nie vir grond hoef te betaal nie. Ons gesels vanoggend met die Algemene Bestuurder van TLU-SA in die buurland Bennie van Zyl oor die proses en wat die langtermyn impak sal wees......more4minPlay
January 20, 2021Grootfontein se 'Strooitjie' gesels oor die plantery... so in die modder en reënReën oorheers op die oomblik die nuustoneel en Namibiërs juig. Vir boere is dit ‘ groot verligting en die Suide-boere het ook rekord neerslae ontvang. Ons gesels vanoggend met Herman Stroh, ‘n mielieprodusent van Plaas Hanssenia, 25 kilometer buite Grootfontein in die mielie-driehoek....more13minPlay
January 20, 2021Boer so met bye...Regoor die wêreld is by bevolkings in gedrang. Kenners is dit eens dat die gebruik van insekdoders sowel as onkruiddoders ‘n baie groot impak op hierdie kritiese spesies het. Sonder bye is daar geen bestuiwing nie en sonder bestuiwing, kan talle akkerbou spesies nie bevrug word nie. Kenners meen die huidige stand van bye regoor die wêreld is gelykstaande aan ‘n massa-uitwissing. Christo Brisley, Agra se Senior Tegniese Adviseur by sy opleidingsafdeling Agra ProVision gesels vanoggend oor byeboerdery met Kosmos 94.1 Landbounuus....more4minPlay
January 19, 2021Kleinhandelpryse behoort te herstel meen ekonoomGister oggend het Dr Frikkie Mare gesels oor die verskil tussen die pryse wat die boer en die kleinhandelaar ontvang vir voedsel. Hy meen dat dit moontlik ‘n kwessie is wat aandag sal moet kry. Op die oomblik is voedsel inflasie op 7,4 persent maar kenners meen die pryse sal namate die reën seisoen ontwikkel, weer daal. Salomo Hei, die Hoof van Navorsing by High Economic Intelligence Investment meen hoër oeste behoort die kleinhandel prys af te bring......more3minPlay
January 19, 2021So verhoed jy erosie op jou plaasDie wêreld is sopnat met lieflike reën wat ontvang is maar, grond erosie is ‘n groot uitdaging veral waar plase droëer is. Die bekende Bewaring Ekoloog van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie Professor Morgan Hauptfleisch het raad vanoggend vir boere......more8minPlay
January 19, 2021Dis reëntyd... en die slange loopDie reënseisoen is hier en soos die oumense sê, dis wanneer die slange loop. Slange reageer natuurlik op die lae druk stelsels wat teenwoordig is tydens reënseisoene en daarom is daar groter uitdagings in hierdie tyd. Francois Theart, die bekende Namibiese slangkenner gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus....more4minPlay
January 18, 2021Reën = plaeGoeie reën is altyd welkom maar, daar sal ‘n toename in plae wees. Een van die grootste uitdaging vir akkerbou produsente, wat grane insluit, is kommando wurms. Die wurms het reeds hulle verskyning gemaak by ‘n groente produsent tussen Ongwediva en Ondangwa. Die bekende Landboukenner Dr Kobus Laubscher meen produsente moet dringend aandag geen en stappe neem om die plaag te beheer....more2minPlay
January 18, 2021Waarskuwing aan boere in die ZambeziNes in baie dele van die land, is die Zambezi-streek oor baie nat na gure neerslae. Die Zambezi-rivier veroorsaak op die oomblik vloede in verskeie gebiede en daar is areas wat nie meer bereik kan word nie. Daar word ook groot uitdagings vir boere in die gebied verwag. Die Goewerneur van die streek, Lawrence Sampofu deel die jongste met Kosmos 94.1 Landbounuus......more3minPlay
January 18, 2021Verbod op hoender eintlik 'n goeie dingDaar is ‘n verbod geplaas op die invoer van hoender uit verskeie Europese lande as gevolg van ‘n uitbreking van voëlgriep. Produkte van Holland, Duitsland, Franrkyk en meer... die Hoof Uitvoerende Beampte van die NMI Groep van Maatskappye Ian Collard, wat Namib Poultry Industries besit, sluit by Kosmos 94.1 Landbounuus aan....more5minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.