Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
February 03, 2021Tekorte aan Ivermektien in buurland bedreig boerderyDaar is tans ’n tekort aan Ivermektien in Suid-Afrika as gevolg van die algemene benadering dat die diere medisyne Covid-19 kan behandel. ‘n Vorm van die produk is beskikbaar vir menslike gebruik maar die buurland se owerhede het dit eers onlangs goedgekeur. Ivermektien word in veeartseny benut vir inwendige parasiete wat ‘n impak het op boerdery en tekorte in Suid-Afrika kan Namibië ook beïnvloed. Dr Gerhard Verdoorn, ‘n Chemiese Spesialis in landbou in die buurland gesels meer in diepte met ons hieroor....more6minPlay
February 02, 2021Oranje styg, waarskuwing is tans op hoëvlakInwoners langs die Oranje-rivier is gewaarsku oor stygende vlakke in die rivier as gevolg van gure reën in sy opvangsgebied. Die Gariepdam loop oor en is tans op 119 persent van kapasiteit. Die Namibiese Ministerie van Landbou sê die rivier se vlak het met amper 3 meter by Blouputs toegeneem en daar is kommer oor veral druiweboere langs die rivier. Paulina Mufeti, die Adjunk Direkteur in die Departement van Hidrologie het meer inligting....more3minPlay
February 02, 2021Nuwe studie oor skaap waardekettingsSkaap produsente in Namibië sal in samewerking met die Lewendehawe Produsente Organisasie ‘n studie van stapel stuur oor of internasionale waardekettings vir skaap- en lamsvleis volhoubare voordele vir plaaslike abattoirs het. Die bedryf het oor die afgelope jare redelik gekrimp... Jaco van Wyk, Streeksverteenwoordiger van Mariental Streekslandbou Unie en die Ondervoorsitter van die LPO het meer inligting......more9minPlay
February 02, 2021Leer landbou so, plaaslik en aanlynNamibië het ‘n nuwe Landbou Akademie. Agra, deur middel van Agra ProVision, het die Agra Agricultural Academy gestig wat sal fokus op landbou opleiding op ‘n aanlyn platform. Namibiese toestande, tegnologie en meer sal deur die kursusse gedek word. Ons gesels vanoggend met Piet Stoman, die Bestuurder van Kommunikasie by Agra......more5minPlay
February 01, 2021Ons kry die jongste by Meatco oor kudde tekorte, slagsyfers en meerMeatco het erge druk ervaar met boere wat baie lae kudde getalle gehad het en daar was ook kommer oor die bepalings van uitvoer kwotas. Die reën het gekom en boere is hoopvol dat kuddes weer aangevul kan word in makliker omstandighede. Ons gesels met Rosa Hamukuaja-Thobias, Woordvoerder van Meatco oor die jongste vanoggend......more8minPlay
February 01, 2021Twee groot veilings die maandDaar is twee lekker veilings die maand wat deur Agra Veilings aangebied word deur bekende name in die bedryf. Die eerste een is die Gert van Wyk en Gasverkopers kleinvee stoetveiling wat op 18 Februarie by die Agra Bank Windhoek Ring in die hoofstad plaasvind. En dan is daar die Central Select Summer Sale op 25 Februarie... Paul Klein, Algemene Bestuurder van Agra Veilings sluit by ons aan....more13minPlay
February 01, 2021Boere moet werkgewers bydrae indienBoere word daaraan herinner dat die werkgewers bydrae aan die Maatskaplike Sekerheidsfonds vir die komende finansiële jaar voor einde Maart ingedien moet word. Boere kan die vorms ook aanlyn kry. Die indiening hiervan is belangrik indien ‘n werker aandiens ‘n besering opdoen. Die Woordvoerder van die Maatskaplike Sekerheidsfonds Unomengi Kauapirura ......more2minPlay
January 29, 2021Rentekoerse, goedkoop geld en die landbouDr Frikkie Maré, ‘n Landbou Ekonoom en Senior Dosent by die Universiteit van die Vrystaat gesels vanoggend oor rentekoerse, boerdery en wat hy beskryf as goedkoop geld......more3minPlay
January 29, 2021Plant nou oumansoutbos vir die droë jareOumansoutbos is ‘n bekende gesig in Suid-Afrika en dié geharde plant is veral opmerklik in dele waar daar ‘n laer reënvalsyfer is en ekstensief met kleinvee geboer word. Dit is uiteraard dan baie gepas vir Namibiese omstandighede, veral in die suide van die land. Dr Aart-Jan Verschoor, 'n Suid-Afrikaanse kenner in Gewaswetenskap by die buurland se Landbounavorsingsraad....more4minPlay
January 29, 2021Vertroue in landbou as besigheid is krities vir beleggingDie konsep van landboubesigheid word regoor die wêreld as krities en belangrik ge-ag omdat vertroue in die sektor, beide in primêre produksie en waardetoevoeging, baie kan bydra tot ekonomiese groei. Maar die beleidsomgewing moet korrek daargestel wees en daar moet toegang tot volhoubare finansiering wees. Kosmos 94.1 Landbounuus gesels vanoggend met Andre Botes van Agribank in die hoofstad......more7minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.