Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
January 11, 2021Suide-boere steeds in die nuusDie afgelope reënval in veral die suide van die land waar droogte op sommige plase 10 jaar heers het groot verligting gebring. Honderde boere het bystand ontvang maar ander was nie so gelukkig nie en ‘n agterstand wek steeds kommer. Die Voorsitter van die Lewendehawe Produsente Organisasie Thinus Pretorius is ons gas vanoggend......more4minPlay
January 11, 2021Sprinkaan-toep nog nie hier nie maar dit kan steeds help...‘n Nuwe toep wat boere kan bystaan om die gedrag van sprinkane en dus die beheer van plae kan voorspel is geskep. Die toep, Kuzi, is nog nie plaaslik beskikbaar nie maar dit benut kunsmatige intelligensie om teel-indekse, migrasie roetes en meer te bepaal. Boere regoor die vasteland kan steeds voordeel hieruit trek en die Landbou Kundige Theo de Jager sluit by ons aan om meer hieroor, en tegnologie, te gesels....more6minPlay
January 08, 20212020 was 'n goeie jaar vir landbouDr Frikkie Maré, ‘n Landbou Ekonoom en Senior Dosent by die Universiteit van die Vrystaat gee vanoggend vir ons ‘n oorsig oor hoe 2020 landbou beïnvloed het en meen, dit was eintlik ‘n goeie jaar, maar daar was wel uitdagings met veral misdaad......more3minPlay
January 08, 2021Belangrik dat kleinskaalse boere hulleself uit armoede kan boer... maar hoe?Kleinskaalse- en bestaansboere word al hoe meer algemeen regoor Namibië die Suider-Afrikaanse streek. Dit word veroorsaak deur armoede en die spesifieke grond hervormingsbeleid wat deur die regering gevolg word. Maar armoede bedreig sekuriteit en voedselsekerheid so dit is in almal se belang om die boere by te staan om hulleself uit armoede uit te kan boer. Theo Boshoff van die Suid-Afrikaanse Kamer van Landbou Besigheid gesels met Kosmos 94.1 Landbounuus hieroor....more7minPlay
December 01, 2020Ditjes en datjesChristo van der Rheede, die Uitvoerende Direkteur by Agri-SA tree vanoggend in gesprek oor verskeie aspekte van die landbou in die buurland....more4minPlay
November 30, 2020Hommeltuie en die boerDie plaaslike Ekoloog Peter Cunningham sê die tegnologie kan baie goed benut word teen stropery alhoewel boere dit nog nie aangegryp het nie....more1minPlay
November 30, 2020Hommeltuie en die boerDie Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, het die toenemende gebruik van hommeltuig-tegnologie in landboubedrywighede beklemtoon by die vlerkie-seremonie van hommeltuig-operateurs wat onlangs gekwalifiseer het en aan die provinsiale Landboudepartement verbonde is. Die departement het die groep wat uit studente, werknemers en amptenare bestaan, gehelp om die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid se afstandsbeheerlisensie te kry. Meyer sê diere- en gewasproduksie asook gewas- en grond-gesondheid sal by hulle opleiding baat....more1minPlay
November 20, 2020Boskos se pad vorentoe word bespreekDie De-Bushing Advisory Service van Namibië hou vandag ‘n werkswinkel vanaf 8 uur vanoggend tot 2-uur vanmiddag oor boskos en die gepaardgaande strategieë en die pad vorentoe... Boskos het die afgelope tyd baie gewild geword met lang droogtes en indringerbos wat weiding negatief beïnvloed. Die werkswinkel kan ook aanlyn bygewoon word. Dagmar Honsbein, ‘n kenner in die gebied van biomassa en boskos, en ook die Hoof Konsultant vir die ontbossingsdiens, gesels met Komsos 94.1 Landbounuus vanoggend....more5minPlay
November 19, 2020Weeklikse vleispryseEn nou vir die plaaslike vleispryse. Fransina Angula, ‘n Ekonoom by die Namibiese Vleisraad het die inligting....more4minPlay
November 19, 2020Dagga en jou boerdery... teoreties gesprokeDie Hoof Uitvoerende Beampte van die Landbou-sakekamer in Suid-Afrika, John Purchase, sê voorkeur aan die dagga-reguleringsraamwerk sal Suid-Afrika se landbousektor 'n hupstoot gee. Dit volg na sy vooruitskatting vir volgende jaar se groei in die bedryf. Purchase sê die vooruitsigte vir die sektor lyk belowend, maar hy glo meer geleenthede kan realiseer as die regering die raamwerk bespoedig. Hy waarsku dat vooruitsigte vir die komende jaar sal afhang van wêreldpryse en weerstoestande. Intussen het die Namibiese Ministerie vir insette gevra om die wettiging van dagga in die land te oorweeg... Purchase gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die teoretiese geleenthede vir die landbousektor in die gebied....more4minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.