Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
October 19, 2020Weerkenner praat reën!Dis droog en dis warm. Almal wag vir die reën, maar wanneer? En hoe lyk die volgende twee tot drie maande? Die onafhanklike weerkenner Johan van den Berg sluit by ons aan... oor reën, temperature en meer....more3minPlay
October 16, 2020Grondaansoeke skop af in SADie Suid-Afrikaanse Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, het die aansoekproses vir beskikbare staatsgrond vir landbou oopgestel as deel van die ANC-regering se bydrae tot die grondhervormingsprogram. Daar is 896 plase van 700 000 hektaar onderbenutte of ongebruikte staatsgrond beskikbaar. Vroue, die jeug en mense met gestremdhede sal voorkeur kry. Die bekende Suid-Afrikaanse Landbou Ekonoom Dr Kobus Laubscher sluit by ons aan....more2minPlay
October 16, 2020Boerdery genereer 30% van kweekhuis gasseDie VN sê landbou genereer 30 persent van kweekhuis gasse regoor die wêreld en veroorsaak die meeste verliese in biodiversiteit en habitat. Vir reaksie hieroor, het Kosmos 94.1 Landbounuus aangeklop by Dr Chris Brown van die Namibiese Kamer van die Omgewing....more4minPlay
October 07, 2020Lekker veilings op padAgra het twee groot veilings wat oor die volgende week plaasvind. Die eerste een is die Paresis Bul en Vroulike Diere veiling wat on 10-uur Vrydag 9 Oktober by die Agra Veilingskrale in Otjiwarongo plaasvind. Die veiling word ook aanlyn aangebied. Ons sluit aan by Kiep Lepen van Agra vir meer....more3minPlay
October 07, 2020Planne met grond bekendDie Geïntegreerde Streek Grond Benuttingsplan is deur die Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein oorhandig aan die Goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua. Die plan is daargestel om die volhoubarheid ontwikkelingsprojekte te verseker. Minister Schlettwein sluit by ons aan......more5minPlay
October 06, 2020Hoe gemaak om grond billik maar produktief uit te deel?President Cyril Ramaphosa het Maandag gewaarsku dat die voortgesette besit van landbougrond deur 'n klein minderheid in Suid-Afrika 'n resep is vir sosiale onrus. Ramaphosa het die waarskuwing uitgereik dae nadat die buurland se Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling aangekondig het dat die publiek in staat is om aansoek te doen om 700 000 hektaar onderbenutte of leë staatsgrond in sewe van die land se nege provinsies te huur. Dr Kobus Laubscher, die bekende Suid-Afrikaanse Landbou Ekonoom gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus hieroor....more7minPlay
September 30, 2020Die toekoms in die nuwe normaalLandbou vooruitsigte in Suid-Afrika word vandag bekendgestel deur FNB Agribusiness. Die persverklaring sal virtueel aangebied word en verskeie belangrike aspekte, soos landbou produksie in die sogenaamde nuwe normaal kom onder die loep. Dawie Maree, 'n Landbou Ekonoom in die buurland is ons gas hieroor vanoggend....more5minPlay
September 29, 2020Die jeug begin plant!Die Namibiese Minister van Sport en Jeug Agnes Tjongarero het nog ‘n akkerbou projek vir werklose jeug van stapel gestuur, die keer in Gobabis. Verlede week is ‘n soortgelyke projek ook in Dordabis geskep. Werklose jeug tussen die ouderdomme van 18 tot 35 sal betrek word by die projek wat daarop gemik is om voedselsekerheid te verskerp. Die Minister gesels vanoggend meer in diepte met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die projekte....more7minPlay
September 29, 2020Kleinvee: teelseisoen of nie?Daar is sommige landboukenners wat meen dat kleinveeboere wat nie teelseisoene toepas nie groot nadele kan beleef en daardie nadele oorskadu egter die enkele voordele wat dit wel mag inhou. Maar nie almal stem saam nie. Paul Klein, Senior Bestuurder van Veilings by Agra, en Landboukenner sluit vanoggend by ons aan....more6minPlay
September 28, 2020Tegnologie en jou plaasDr Frikkie Maré, ‘n Landbou Ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat gesels vanoggend oor tegnologie en die toepassing daarvan in jou boerdery....more3minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.