Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
September 21, 2020Boer so volhoubaar...Volhoubare boerdery is die uiteindelike doelwit vir enige boer maar wat beteken dit werklik en hoe kan boere aanpassings maak om hulle bedryf meer volhoubaar te maak. Theo de Jager, die President van die Wêreld Boere Organisasie gesels meer in diepte hieroor met Kosmos 94.1 Landbounuus....more5minPlay
September 18, 2020Tekorte aan diere is groot uitdagingVeegetalle by kommersiële veilings het skerp afgeneem en waar daar ten tye meer as 600 diere op aanbod sou wees, is daar minder as 100 diere wat verkoop word. Boere is wel besig om kudde te herbou maar, daar is ook ‘n tekort aan kontantvloei in die landboubedryf so Kosmos 94.1 Landbounuus het aangeklop by die plaaslike Landbou Navorser, Wallie Roux om hieroor te gesels....more2minPlay
September 18, 2020Boere hoef nie oor soönotiese siektes te kommer nieDie Covid-pandemie het die risiko van soönotiese siektes weer na vore gebring en vanoggend gesels ons met die bekende Suid-Afrikaanse veearts Dr Peter Oberem van Agrivet in die buurland. Kosmos 94.1 Landbounuus wou by hom weet of daar enige ander risiko’s vir veeboere of wildsboere is....more5minPlay
September 17, 2020Dink hieraan as jy finansiering soekFinansiering vir boere is vanoggend onder die loep. Agribank se stimulus lenings is nou beskikbaar en verder, met die komende reënseisoen wat baie belowend is, meen landbou kenners dat boere nou planne kan beraam om of produksie uit te brei om ‘n hele nuwe rigting van besigheid in hulle boerdery te vestig. Die bekende Landbou Ekonoom Dr Kobus Laubscher gesels vanoggend hieroor....more10minPlay
September 17, 2020Koeie, kalwers en ook jou bul: so maak jyTradisioneel pas boere hulle teelseisoen vir bees so aan dat koeie teen September en Oktober begin kalf, saam met die begin van die reënseisoen. Dit bring ‘n rits nuwe voedingsbehoeftes vir beide dragtige koeie, lakterende koeie en natuurlik kalwers. Christo du Plessis van Voermeester het raad....more7minPlay
September 16, 2020Somer kom, slange ookSoos die weer warmer word begin slange, soos die ou mense sê, weer loop en dit bring weer kommernis oor moontlike mortaliteite by kuddes en meer. Kosmos 94.1 Landbounuus gesels vanoggend met Professor Morgan Hauptfleish, ‘n Bewaring Ekoloog van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie hieroor....more6minPlay
September 16, 2020Landelike veiligheid word ondersoekDie veiligheid van landelike gebiede bly in die nuus veral in Suid-Afrika met gereelde en in sommige provinsies, toenemende plaasaanvalle. Die buurland se Instituut vir Rasseverhoudings bied ‘n reeks aanlyn sessies aan in die verband en sal ook ‘n 5-punt plan bekendstel om landelike gebiede te beskerm. Hermann Pretorius, die Adjunk Hoof van Beleidsnavorsing by die instituut is ons gas....more9minPlay
September 15, 2020Namibia Genetics - veiling is aangepasDaar is weer aanpassings gemaak met die Namibia Genetics veiling wat vandag plaasvind. Die tye het verander en Kiep Lepen, Agra se Stoetvee Veilingsadviseur het die inligting vir ons....more2minPlay
September 15, 2020Dis heerlike lente!Die lente is hier en dis tyd vir tuinmaak maar, dit raak al hoe meer belangrik om selfvoorsienend te raak veral met voedselproduksie. En dit is nie net moontlik op groot stukke grond nie, maar ook in stedelike gebiede. Vanoggend gesels ons met Charles Krone van Stark Ayres in Namibië oor groot- en kleinskaalse verbouing van groente....more4minPlay
September 14, 2020Plaaslike koring-oes eers in NovemberTerwyl Suid-Afrikaanse boere gereed maak om koringlande te stroop sal die boere by die Hardap groenskema eers later vanjaar gereed wees om hulle oes, wat op meer as 1200 hektaar aangeplant is, in te bring. Dawie de Klerk, die Voorsitter van die Hardap Boerevereniging sluit by ons aan....more4minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.