Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
September 14, 2020Agribank se produksie lenings gereedAgribank het bekend gemaak dat hy ‘n waarborg van 200 miljoen Namibiese doller van die Namibiese Ministerie van Finansies bekom het vir produksie lenings wat beskikbaar gestel is volgens sy Covid stimuluspakket. Die bank se Hoof Uitvoerende Beampte Sakaria Nghikembua gesels met Kosmos 94.1 Landbou nuus vir meer hieroor....more3minPlay
September 11, 2020Invoere daal effe, maar geen verligting nieInvoere van hoender in Suid-Afrika het afgeneem met 122 ton wat natuurlik goeie nuus is vir die buurland se produsente omdat dit meer markruimte vir hulle skep. Namibië het ook uitdagings in die verband omdat ingevoerde hoender baie goedkoper kan verkoop as plaaslik geproduseerde hoender. Ian Collard, die Voorsitter van die NMI Groep van Maatskappye is ons gas....more3minPlay
September 11, 2020Rond so jou lammers afVoerkraalafronding vorm ‘n integrale deel van ‘n skaapboerdery en kan risiko verlaag. Dit kan ook lammers markklaar kry in tye van weidingskaarste. Daarby kan dit kapitaalomset versnel omdat lammers gouer bemark word. Dit help om veldagteruitgang en oorbeweiding in droë tye te voorkom, en druk op weidings te verlaag. Die groot pluspunt is natuurlik dat vleisproduksie per hektaar verhoog word. Erastus Ngaruka, Agribank se Tegniese Adviseur vir Lewendehawe gesel meer in diepte hieroor....more3minPlay
September 10, 2020Landbou groei, ekonomieë krimpKenners in landbou meen dat terwyl ekonomieë hier en elders inkrimp, het landbou die potensiaal om nie net te groei nie maar ook verder uit te brei. In Suid-Afrika het landbou met 15,1 persent per kwartaal gegroei terwyl die buurland se ekonomie met ‘n minimum van 12 persent per kwartaal gekrimp het. Kosmos 94.1 Landbounuus gesels met die President van die Namibiese Landbou Unie, Piet Gouws....more5minPlay
September 10, 2020Covid dwing nuwe landbou-aanslagVolgens TLU-SA staan landbou staan op die kruin van ‘n nuwe aanslag en Covid het weer die belangrikheid van voedselproduksie beklemtoon. TLU het sy jaarlikse kongres gister aangebied en Bennie van Zyl, Hoofbestuurder van TLU-SA is ons gas....more3minPlay
September 09, 2020Kenner meen massavervoer van diere is moontlik‘n Plaaslike maatskappy Tradeport Namibia het ‘n voorlegging gemaak oor die massavervoer van lewendehawe deur die Walvisbaai en Lüderitz hawens na Koewait. Die dokument is nou aangestuur vir ‘n omgewingsimpak studie. Die diere sal vanuit verskeie lande in streek na die hawe vervoer word en van daar na die Midde Ooste. Dawie Maree, Landbou ekonoom van Suid-Afrika sluit by ons aan om hieroor te gesels in ‘n landbou verband....more5minPlay
September 09, 2020Hondsdolheid in die soekligDie reënseisoen is sterk op pad en voorspellings is baie positief vir goeie neerslae. Dus, is die algemene geloof dat daar weer uitdagings met hondsdolheid sal voorkom. Dr Rainer Hassel, die Tegniese Adviseur vir Dieregesondheid by Agra, en Koördineerder van die Kudu Hondsdolheid Projek sê dit is nie altyd as gevolg van die reën nie maar eerder dat diere bymekaar kom. Hy is ons gas vanoggend....more7minPlay
September 08, 2020Sprinkane kan teen November weer hulle verskyning maakDie Voedsel en Landbou Organisasie van die Verenigde Nasies het die Suider-Afrika Sprinkaan Noodhulp en Gereedheidsprojek-projek in Accra, Ghana, van stapel gestuur. Dit wil voorkom asof die plaag oppad terug is en daar is kommer oor Namibië, Zambië, Zimbabwe en Botswana. Dr Gerhard Verdoorn van CropLife Suid-Afrika gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die uitdaging....more4minPlay
September 08, 2020Landbou het nie veel afleggings gehad nieTalle boere het uitdagings met kontantvloei as gevolg van ‘n lang droogte en daar is reeds tekorte aan kudde. Daar is kommer oor moontlike afleggings in die eerste helfte van die jaar. Kosmos 94.1 Landbounuus gesels vanoggend met Danie van Vuuren van die Landbou Werkgewersvereniging by die Namibiese Landbou Unie vir meer hieroor....more6minPlay
September 07, 2020Wat is beskerm, en wat nie?Talle boere is nie ten volle ingelig oor wetgewing in verband met beskermde spesies en presies watter plante, bome en diere mag nie aangeraak word nie. Tashiya Joseph die Hoof Bewaarder vir Kommunikasie en Databestuur by die Namibiese Direktoraat van Wildlewe en Parke gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus....more4minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.