Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
August 31, 2020Is rooivleis nog lewensvatbaar?Daar bestaan kommer oor die lewensvatbaarheid van rooivleis produsente soos veral oorsese markte weg beweeg van vleis af. Daar is ook verskeie inisiatiewe regoor die wêreld om laboratorium vervaardigde vleisprodukte te produseer. Ons gesels met Koos van der Ryst, die Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Rooivleis Produsente Vereniging oor die stand van sake....more5minPlay
August 31, 2020Hoe gaan dit met die Swakara bedryf?Agribank het melding gemaak van uitdagings met Swakara-boere wat negatief beïnvloed word deur die Covid-19 pandemie met veral kontantvloei wat as die grootste uitdaging beskryf word. Volgens die bank, het die pryse van pelse skerp gedaal en die kansellasie van die April veiling wat aanlyn gehou is het verdere verliese vir die produsente veroorsaak. Daar was meer as 30 600 pelse op aanbod by die veiling maar net meer as 3 200 is verkoop. Ons gesels met Louisa Campbell van Lovedale Farming, bekende Swakara boere in die land....more7minPlay
August 28, 2020Grond gesondheid word bespreek.Gesonde grond is van kritiese belang om die voedingswaarde van gewasse te bevorder. Dit sal ook veroorsaak dat minder grond benut word vir hoë kwaliteit gewasse en oeste. Met die lente wat oppad is, sluit Kosmos 94.1 Landbounuus by Dr Hendrik Smith, ‘n Bewarings Landbou Fasiliteerder by GraanSA aan om hieroor te gesels....more6minPlay
August 28, 2020Die Pfumvudza-konsep kan voedselsekerheid ondersteun.Die Pfumvudza-konsep wat op die oomblik in Zimbabwe uitgerol word, word geloof vir sy moontlike bydrae tot voedselsekerheid. Die konsep gebruik klein stukke grond en benut die jongste in landbou tegnieke wat aangepas is vir klimaatsverandering. Craig Deall, die Hoof Uitvoerende Beampte van Foundations for Farming in Zimbabwe het die projek geskep en sluit by ons aan....more4minPlay
August 27, 2020Landbou steeds 'n goeie belegging.Die Suid-Afrikaanse landbou ekonoom, dr Frikkie Mare van die universiteit van die Vrystaat is positief oor die toekoms van landbou in die buurland. Hy verwys veral na die kwessie van belegging in grond in die tyd dat rentekoerse daal en daar baie onsekerheid in die bedryf is en gee meer agtergrond in die verband....more3minPlay
August 27, 2020Covid se invloed op landbou.Ons praat steeds oor die Covid-19 pandemie se invloed op landbou en verskuif die fokus na Suid-Afrika. Johannes Moller van Agri-SA is ons gas....more7minPlay
August 27, 2020Veediefstal neem toe.Volgens statistiek het veediefstal met die Covid-19 pandemie toegeneem op sommige Namibiese plase. Vir sy mening hieroor sluit ons aan by die president van die Namibiese Landbou Unie Piet Gouws....more3minPlay
August 25, 2020Hoe vertoon die rooivleisbedryf.Die President van die Namibiese Lewende Hawe Produsente Organisasie Thinus Pretorius is ons gas....more3minPlay
August 25, 2020Jongste oesskattings.Die jongste Namibiese mielie oesskattings is deur die Akkerbouraad bekendgemaak. Vir meer hieroor sluit ons aan hy Gilbert Mulonda die Algemene Bestuurder van die raad....more3minPlay
August 21, 2020Biodiversiteit op plase bly belangrik.Biodiversiteit word as baie belangrik in bewaring beskou en wetenskaplikes meen dat hoë vlakke van biodiversiteit ekosisteme balanseer en meer bestand maak teen die impak van klimaatsverandering. Maar hoe pas die bewaring van biodiversiteit by boere in. Dr Morgan Hauptfleisch, ‘n Bewaringsbioloog by die Fakulteit van Natuurwetenskappe by Nust het raad....more9minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.