Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
August 14, 2020Plaasaanvalle in die buurland word bespreek.Geweld neem oral toe en op plase in die buurland is dit ‘n daadwerklike gevaar. Kenners meen plaasaanvalle is suiwer misdaad op sagte teikens en daarom, met die ekonomiese uitdagings hier en elders, kan aanvalle toeneem. Die bekende Suid-Afrikaanse regsman van Potchefstroom, Hans-Jurie Moolman sluit vanoggend by ons aan om oor landelike veiligheid en bedreigings van grondvergrype te gesels.... En Theo Venter, ‘n spesiale raadgewer by die Universiteit van die Noordwes en bekende politieke kommentator in Suid-Afrika oor die buurland se regering se houding ten opsigte van plaasaanvalle....more11minPlay
August 14, 2020Verskeie landbou geleenthede uitgestel as gevolg van Covid.Met die fase drie inperking wat nou regoor die land geld met spesiale maatreëls vir die Khomas-streek, sowel as Rehoboth en Okahandja geld, is verskeie veilings afgelas. Die Namibia Genetics veiling wat gisteraand by die Agra/Bank Windhoek Ring sou plaasvind is gekanselleer en sal in September plaasvind. Die jaarlikse papegaai geslagsbepaling en voëlveiling wat Vrydag en Saterdag deur die Avicultural Association van Namibië gehou sou word is ook gekanselleer. Sergio Lopes sê hulle ondersoek die moontlikheid van ‘n Whatsapp veiling...En die Geweereienaars Vereniging oftewel GOAN is jaarvergadering is ook uitgestel. Jason Sivertsen van GOAN het met Kosmos 94.1 Landbounuus gesels... Intussen is al Agribank se uitreikprogramme en inligtingsessies ook vir eers afgelas. Rino Muranda, Skakelbeampte van Agribank, het met Kosmos 94.1 Landbounuus gepraat oor watter geleenthede nie meer sal plaasvind nie....more3minPlay
August 13, 2020Wat is die oes voorspellings?Terwyl daar kommer is oor dele van Oos Afrika in verband met die ontwikkeling van La Niña, is dit goeie nuus vir die suidelike streek van Afrika, veral met landbou... groot oeste word voorspel maar daar is ook kommer oor ‘n terugkeer van die sprinkaanplaag. Ons gesels met Johan van den Berg, onafhanklike Landbou Klimatoloog van Suid-Afrika. Johan het vroeër gesê goeie neerslae sal voorkom al kom dit effe later in die seisoen....more4minPlay
August 13, 2020Agribank deel inligting.Agribank reik ‘n geruime tyd uit na boere regoor die land met verskeie inligtingsessies en ook navorsing wat aan plaaslike media gestuur is oor landbou en verwante aktiwiteite... Rino Muranda, die Skakelbeampte van AgriBank gesels vanoggend oor hoe belangrik dit is om inligting te deel tussen mekaar.....more4minPlay
August 12, 2020Hoe gemaak tydens 'n plaasaanval?Die bekende Suid-Afrikaanse regsman van Potchefstroom, Hans-Jurie Moolman gesels met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die regsaspekte tydens plaasaanvalle en wat dié wat aangeval word mag, en nie mag doen nie....more6minPlay
August 12, 2020Dr. Theuns bespreek beesboerdery.Nou sluit ons aan by die plaaslike veearts en bekende op Kosmos 94.1 Dr Theuns Laubscher... volgens hom skyf ons vir Wollie en Kietsie opsy en gesels oor bees met ons boere.......more4minPlay
August 12, 2020Korona dwing mense om te plant.Die korona-virus pandemie het mense regoor die wêreld gedwing na die verbouing van hulle eie groentetuine soos voorraad of kortskiet of dit is te duur, veral met werksverliese en meer. Oral, ook in ons streek, toon handelaars ‘n toename in die verkope van saad en sluit Steven Barnard van die Instituut vir Landelike en Gemeenskapsontwikkeling in die buurland by ons aan om hieroor te gesels....more5minPlay
August 11, 2020Kan Namibië voedselsekerheid verseker?Daar is breedvoerig gepraat oor Namibië en sy afhanklikheid op invoere om aan voedselsekerheid te voorsien. Daar is sommige landbou kenners wat meen dat daar nie genoeg water in die land is vir werklike selfstandigheid in kosproduksie nie, terwyl ander weer meen ons moet meer intensief boer en bronne beter benut. Piet Gouws die President van die Namibiese Landbou Unie sluit by ons aan.....more6minPlay
August 11, 2020Konflik tussen mens en dier word bespreek.‘n Studie wat in Botswana uitgevoer is deur die Universiteit van Nieu-Suid Wallis in Australië het met groot sukses konflik tussen boere en veral leeus verminder. Oë is op die bees se agterstewe geverf wat merkwaardige sukses getoon het. Namibië het natuurlik ook sy eie uitdagings en die Minister van Omgewingsake Pohamba Shifeta sluit vanoggend by ons aan...En Romeo Muyunda Woordvoerder van die Ministerie sluit by ons aan oor die proses vir kompensasie in die geval van konflik met wilde diere....more5minPlay
August 10, 2020Daar is drie stoetveilings die week.Daar is drie stoetveilings die week, selfs van voëls, en voornemende kopers kan uitsien na uitstekende diere op aanbod. Die eerste een is die Tsumeb Boerbokskou en Skouveiling wat vanaf 11 tot 13 Augustus gehou word en dan op 14 Augustus, die veiling wat sal plaasvind by die Tsumeb Gimnasium Sportgronde op die dorp. Dit begin om 10 uur. Andre Horn van die Noordelik Boerbok-klub het meer. Op Donderdag 13 Augustus is dit die Namibia Genetics Bul en Vroulike Diere veiling wat by die Agra Bank Windhoek Ring in die hoofstad plaasvind. Kiep Lepen van Agra gesels met Kosmos 94.1 Landbounuus hieroor. En dan op Vrydag en Saterdag sal die Avicultural Association van Namibië hulle jaarlikse papegaai geslagsbepaling en voëlveiling hou. Vrydag is geslagsbepaling en Saterdag sal die veiling gehou word. Dit vind plaas by die Agra Bank Windhoek Ring in Windhoek. Sergio Lopes van die vereniging het die besonderhede......more5minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.