Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
August 03, 2020Produksiestelsels op plase word bespreek.Veeprodusente mag dalk herbesin of bestaande produksiestelsels op hulle plase nog die beste opsies vir hulle doeleindes is. Speenkalfproduksie word tradisioneel deur baie beesboere beoefen. Voerkrale, wat sowat 70 tot 75% van ons land se beesvleis afrond, ondersteun hierdie stelsel. Die graderingstelsel pas ook goed by voerkraalafronding in, waar A-graadkarkasse die hoogste pryse behaal. Die Suid Afrikaanse Landbou Ekonoom Dr WA Lombard gesels oor produksiestelsels met Kosmos 94.1 Landbounuus....more7minPlay
July 31, 2020Plaaswerkers wat aftree moet bygestaan word.Danie van Vuuren van die Landbou Werkgewersvereniging by die Namibiese Landbou Unie gesels oor die jongste in verband met resolusies van die tweede Grond Konferensie in verband met plaaswerkers wat moet aftree. Die konferensie het ooreengekom dat die werkers bygestaan moet word....more6minPlay
July 31, 2020Zimbabwe wil boere vergoed.Die regering van Zimbabwe het 'n ooreenkoms van 3,5 miljard Amerikaanse doller onderteken vir kompensasie vir wit kommersiële boere wat in 2000 van hulle grond afgesit is as deel van die voormalige President, Robert Mugabe se grondhervormingsplan. Deon Theron, die voormalige President van die Zimbabwiese Kommersiële Boere Unie sluit by Kosmos 94.1 Landbounuus aan......more5minPlay
July 30, 2020Verbruikers soek minder plaagdoder by kosse.Sedert die idee van 'biosekuriteit' voortou geneem het by veral verbruikers in meer ontwikkelde lande, het die vraag na voedsel wat vry is van plaagdoder reste of oorskot toegeneem. Dit het 'n fundamentele fokus geplaas op die gebruik van klassieke of sintetiese plaagdoders en op maniere om hul chemikalieë en die oorskot daarvan te bestuur. Jannie de Villiers Hoof Uitvoerende Beampte van GraanSA sluit by ons aan....more8minPlay
July 30, 2020Kry 'n plaas bestuursplan.Met wisselvallige omstandighede en onvoorspelbaarheid, is dit volgens kenners baie belangrik vir boere om ‘n plaas bestuursplan op te trek en aan te pas soos omstandighede verander. Erastus Ngaruka, ‘n Tegniese Beampte by Agribank en ‘n kenner in die gebied is ons gas....more5minPlay
July 29, 2020Die Voorvaderlike Grondkommissie se verslag onder bespreking.Die Voorvaderlike Grondkommissie het sy verslag oorhandig aan President Hage Geingob. Die kommissie het ondersoek ingestel na grondeise regoor die land en is na die 2019 Gondkonferensie geskep. Minister Calle Schlettwein sluit by ons aan.......more3minPlay
July 29, 2020Wenke vir veiligheid op plase word bespreek.Ons gesels met Wilhelm Keyser ‘n onafhanklike Spesiale Ondersoeker van Suid-Afrika wat ernstige geweldsmisdade ondersoek. Ons gesels oor sekuriteitsoplossings op jou plaas veral nou met ‘n toename in gewelddadige misdaad met ekonomiese uitdagings wat meer en meer algemeen raak......more6minPlay
July 28, 2020Hoe word daar gekyk na werkende honde?Die Anatoliese Herdershond, die skaaphond, die Australise beeshond, Blueticks en Redticks wat help met die jagtog is almal werkende honde op plase. Hulle bied gespesialiseerde dienste aan boere regoor die land en daarom, kort hulle ook gespesialiseerde sorg. Veearts, Dr Theuns Laubscher van die Windhoek Veterinary Clinic gesels met Kosmos 94.1 Lanbounuus......more6minPlay
July 28, 2020King Price gesels oor versekering op plase.Kosmos 94.1 Landbounuus gesels met Ian de Waal, die Hoof Operasionele Beampte by King Price Versekering oor versekeringsprodukte vir produsente sowel as kreatiewe benaderings tot versekering op jou plaas en goedere.......more5minPlay
July 27, 2020Produsente moet meer bymekaar kom...Boere, veral in die verre noorde, meen dat daar meer gereeld byeenkomste gehou moet word sodat lede van die gemeenskap bymekaar kan kom en idees uitruil. Volgens sommige kommunale boere is sulke dae ook belangrik om inligting te bekom oor nuwe innoverings en tegnologie. Dr Kobus Laubscher, ‘n Landbou Ekonoom wat in Suid-Afrika praktiseer maar van Namibië afkomstig is, gesels met ons meer breedvoerig hieroor......more8minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.