Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
July 27, 2020Hoe gaan dit met die varkprodusente?Kosmos 94.1 Landbounuus het aangeklop by Gideon Goosen, die Voorsitter van die Varkprodusente Vereniging van Namibië om hom te pols oor die industrie op die oomblik. Goosen meen daar is tans groot uitdagings vir varkprodusente......more4minPlay
July 24, 2020Die jongste vooruitsigte vir vleispryse.AMT in Suid-Afrika verskaf vooruitsigte op pryse in die landbou. Alle kommoditeite word ge-analiseer om sodoende produksie en bestuur by produsente te verbeter. Dr Johnny van der Merwe van AMT sluit by ons aan met die jongste vooruitsigte......more7minPlay
July 24, 2020Mens, Olifant konflik word verder bespreek.Reaksie is ontvang oor kommentaar van Thinus Pretorius van die Lewendehawe Produsente Vereniging oor konflik met olifante in die noordweste en noordooste van die land. Volgens Pretorius ly die boere grootskaalse skade en daar is baie min wat hulle daaraan kan doen as gevolg van internasionale wetgewing en ooreenkomste wat Namibië onderteken. Dr Betsy Fox van Elephant Human Relations Aid, oftewel EHRA in Namibië sluit by ons aan en Romeo Muyunda, Woordvoerder van die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het sy reaksie oor Pretorius se kommentaar so verwoord......more6minPlay
July 23, 2020Houtskool bedryf onder bespreking.Die Adjunk Minister van Handel Lucia Ipumbu het die houtskool bedryf as kritiek beskryf en die Lewendehawe Produsente Vereniging het ook melding gemaak oor die belangrikheid van die bedryf. Kosmos 94.1 Landbounuus gesels met Micheal Dege die Bestuurder van die Namibiese Houtskool Produsente Vereniging oor produksie in die land......more6minPlay
July 23, 2020Sonkrag word bespreek.Sonkrag bly ‘n belangrike bron van energie vir boere... maar daar is tekorte en baie van die tegnologie is duur... Gideon Greyvenstein, 'n Suid-Afrikaanse Sonkrag Deskundige is ons gas....more6minPlay
July 22, 2020Olifante veroorsaak skade op plase.Daar is uitdagings vir kommersiële boere wat grens op die 168 000-hektaar Mangetti Beesplaas wat bestuur word deur die Namibië Industriële Ontwikkelingsagentskap. Dit wil voorkom asof die plaas, wat klem lê op lewendehawe produksie en onder staatsbeheer is, nie beheer kan kry oor die ongeveer 100 olifante wat gereeld erge skade aan boere aangrensend van die plaas bring nie. Thinus Pretorius die President van die Lewendehawe Produsente Organisasie sluit by ons aan......more5minPlay
July 22, 2020Schumacher Bonsmaras hou binnekort veiling.Schumacher Bonsmaras hou sy eerste produksie veiling by die Agra/Bank Windhoek Ring in die hoofstad op 30 Julie om 6uur namiddag. Marc Schumacher gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor hierdie eerste produksie veiling......more7minPlay
July 21, 2020Komende reënseisoen kan goed wees.Die jongste voorspellings toon dat die weersverskynsel, bekend as La Niña, in die komende reënseisoen sal ontwikkel. Wanneer sy in sirkulasie is kom goeie neerslae voor wat natuurlik goeie nuus vir produsente is. Die onafhanklike klimatoloog vanuit Suid-Afrika, Johan van den Berg kuier saam vir meer hieroor......more5minPlay
July 21, 2020Landbou kan die ekonomie help herstel.Die Hoof Uitvoerende Beampte van Agbiz SA in die buurland John Purchase, meen dat wanneer die Covid-pandemie verby is, sal landbou ‘n baie belangrike rol in die buurland, en die streek se ekonomiese herstel, speel. Hy gesels meer in diepte met Kosmos 94.1 Landbounuus......more9minPlay
July 20, 2020Bewaring van grassoorte word bespreek.Graslande en savannas word op die oomblik bespreek na ‘n publikasie deur die Agribank se navorsingseenheid. Kosmos 94.1 Landbounuus gesels met Dr Morgan Hauptfleisch van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se Biodiversiteit Navorsingseenheid oor oor- en onderbenutting van grassoorte, en hoe om bewaring toe te pas....more8minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.