Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
July 14, 2020Agribank het verskeie pakkette om boere te ondersteun.In lyn met die stimuluspakket van die Namibiese regering en aangepaste maatreëls vir kommersiële banke ingevolge die korona-pandemie, het Agribank ook verskeie pakkette daargestel vir boere wat ondersteuning nodig het gedurende die moeilike tyd, veral na die droogte. Die bank se Hoof Uitvoerende Beampte Sakaria Nghikembua het die jongste in verband met aansoeke en die algehele stand van boere in die land....more5minPlay
July 13, 2020Landbou beleef 'n goeie hersteljaar.Landbou kenners in Suid-Afrika meen dat ‘n kombinasie van goeie produksie toestande, ‘n swakker rand en ‘n verbetering in uitvoere beteken dit sal ‘n goeie hersteljaar wees vir landbou. Daar word ‘n groei syfer van meer as 27 persent voorspel... Dawie Maree, die bekende Suid-Afrikaanse Landbou Ekonoom gesels meer met ons......more5minPlay
July 13, 2020Top 10 Bonsmara Veiling binnekort!Dis tyd vir die Top 10 Bonsmara Veiling op Otjiwarongo. Die veiling vind Vrydag plaas en Kiep Lepen, stoetvee veilingsadviseur van Agra het meer oor hierdie belangrike aanbod......more4minPlay
July 10, 2020Aantuigings in 'n dokument is ten sterkste veroordeel.‘n Dokument wat versprei is blyk om ‘n poging deur verskeie partye te wees om produsente se beheer oor Meatco te versterk. Die stap is na bewering as gevolg van hoë produksie onkostes wat dan op hulle beurt produsente se prys beïnvloed. Thinus Pretorius die President van die Lewendehawe Produsente Organisasie, wie ook in die dokument genoem is, gesels met Kosmos 94.1 Landbounuus....more5minPlay
July 10, 2020Baie koue toestande oor die naweek verwag.Namibiërs, veral in die sentrale en suidelike dele van die land kan voorberei vir baie koue toestande, veral oor die naweek. Die onafhanklike klimatoloog vanuit Suid-Afrika, Johan van den Berg, sê die kouefront sal verder noord in Namibië as normaalweg beweeg. Hy is ons gas....more3minPlay
July 09, 2020Namibia Dairies se nuwe hoof gesels...Namibia Dairies het ‘n nuwe hoof aangestel. Leonie Prinsloo is as Besturende Direkteur aangestel deur die Ohtlhaver en List Groep. Sy gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die toekoms van suiwelproduksie in die land en haar visie vir die maatskappy....more4minPlay
July 09, 2020Projek vir saaiboere verloop goed.Die Namibiese Ministerie van Landbou het ‘n maand gelede ‘n nuwe projek vir saaiboere in die Otjozondjupa-streek van stapel gestuur. Beide kommersiële en kommunale produsente is uitgenooi om deel te wees van die projek. Gratis saad, opleiding en uiteindelik ‘n mark vir die produk sal verskaf word. Johanna Andowa, die Direkteur van die Namibiese Landbou Meganisasie en Saad-verbetering Projek oftewel Namsip by die Ministerie van Landbou het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel....more4minPlay
July 08, 2020Namibiese Brahman Telersvereniging reageer op die skikkingsooreenkoms met Danie Botes.Die Namibiese Brahman Telersvereniging het gereageer op die skikkingsooreenkoms wat bereik is met Danie Botes, eienaar van die Lared Brahman Stoet. Botes het gedagvaar oor die genetiese lyn van sy bul Shepard en die partye het uiteindelik geskik. Botes het volgens berigte ook sy eis vir laster laat vaar, sowel as die 3,5 miljoen Namibiese doller in skadevergoeding wat hy gevra het. Ons gesels vanoggend met Cobus van der Merwe die President van die vereniging oor hulle standpunt.......more9minPlay
July 08, 2020Weeklikse vleispryseBertha Ijambo Hoof Navorser van die Namibiese Landbou Unie het vanoggend die jongste vleispryse vir die week......more4minPlay
July 08, 2020Die jeug in landbou word bespreek.Die stigter van die Jeug in Landbou beweging in Namibië, Haikali Ndatulumukwa, gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Lanbounuus oor die volhoubare produksie van voedsel, veral met die uitdagings van Covid-19. Volgens Ndatulumukwa, het sy groep talle jeug reeds regoor die land opgelei om groentetuine te bou en volhoubaar daaruit te produseer. Die beweging het ook koöperasies gestig wat die produsente bystaan om hulle produkte te verkoop in die formele mark....more7minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.