Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
July 07, 2020Staatsveeartse word gesoek.Die Namibiese Ministerie van Landbou is steeds in konsultasie met die Openbare Dienste Bestuursafdeling van die regering om 51 poste te skep vir staatsveeartse regoor die land. Die aansoek is deur die Ministerie in Februarie gedoen. Die Ministerie het toestemming ontvang om die poste te skep op die voorwaarde dat daar ‘n verlaging sal wees in salarisse vir die poste wat op vlak 6 van openbare dienste is. Dr Albertina Shilongo die Ministerie se Hoof Veeartsenybeampte gesels met ons vanoggend......more4minPlay
July 07, 2020Daar is kommer oor tekorte aan slagdiere by Meatco.Daar is kommer oor toekomste tekorte aan slagdiere by Meatco. Dit beïnvloed meer as net uitvoerkwotas maar het ook ‘n invloed op die huide wat uitgevoer word na die Italiaanse leermark. Rosa Hamukuaja-Thobias, die Bestuurder van Korporatiewe Aangeleenthede sluit by Kosmos 94.1 Landbounuus aan en sê die markte met die hoogste waarde sal spesiale aandag geniet......more4minPlay
July 06, 2020Longkwale by beeste word bespreek.Talle boere en voerkraaleienaars weet eerstehands watter skade longkwale vir ’n beesboerdery kan inhou. Alhoewel longontsteking ’n multifaktoriale siekte is en ’n groot verskeidenheid virusse daartoe kan lei, word besmetlike beesrinotrageïtis gereeld in kuddes en voerkrale gediagnoseer. Dr Faffa Malan, bekende Suid-Afrikaanse veearts is ons gas vanoggend om meer hieroor te gesels.......more6minPlay
July 06, 2020Avokado's in Namibië word verder bespreek.Reaksie is ontvang oor die onderhoud wat Kosmos 94.1 Landbounuus oor die prys en produksie van avokado’s in Namibië gedoen het met Derek Donkin van Suptrop in Suid-Afrika... die onafhanklike landbou navorser Wallie Roux gesels vanoggend met ons oor die plaaslike produksie van avokado’s en dan, ook die nuwe heffings wat die Namibiese Akkerbouraad ingestel het op groente en vrugte......more5minPlay
July 03, 2020Wat is die impak op plaaswerkers as gevolg van Covid-19.Daar is talle besprekingspunte oor die druk van Covid-19 op produsente in Namibië, maar baie min word gesê oor plaaswerkers en die impak van die pandemie op hulle bestaan. Danie van Vuuren die Landbou Werkgewersvereniging by die Namibiese Landbou Unie sluit by ons aan......more5minPlay
July 03, 2020Avokados baie duur in Namibië.Landbou kenners het hulle kommer uitgespreek oor die profyt wat op die oomblik gemaak word op die verkoop van avokado's in Namibië. Kenners meen die verkoopsprys in Namibië vir Suid-Afrikaanse avokado’s is tussen 300 en 1 000 persent van dit wat die produsent vra. Derek Donkin van Subtrop in die buurland wat avokado, lietsjie en mango produsente bystaan, is ons gas....more6minPlay
July 02, 2020Agra se jaarlikse speenkalf kompetisie begin vandag.Agra se gewilde jaarlikse speenkalf kompetisie word vandag van stapel gestuur by ‘n spikkeries geleentheid by die Agra Bank Windhoek Ring by die Skougronde in Windhoek. Piet Stoman van Agra het meer......more2minPlay
July 02, 2020Nuwe aanlyn platform vir produsente in Namibië.Daar is ‘n nuwe aanlyn inisiatief vir boere in Namibië - farmersonline punt com punt na... dit is ‘n kreatiewe platform vir veilings en selfs die koop en verkoop van plaasgereedskap en ander goedere. Die stigter, David Tiboth is ons gas......more5minPlay
July 02, 2020Wildbedryf word bespreek.George Potgieter, 2018 Suid-Afrikaanse Wildboer van die Jaar, sê die uitdagings vir die bedryf is enorm. Baie wildsplase kan verwag om 80% van hul inkomste te verloor en indien die inperkings onbepaald voortduur, en dit kan selfs meer wees. Dit is ’n kettingreaksie waarin die internasionale jagmark die waarde van teeldiere bepaal en stoetwild se veilingspryse onder druk plaas. Hy gesels met ons hieroor......more6minPlay
July 01, 2020Ken jou grond!Geen boer kan werklik produseer sonder goeie grond nie en om te weet wat in jou grond steek is bitter belangrik vir alle boere – hetsy jy plant of jy ‘n vleisprodusent wat graslande nodig het, is. Ons gas vanoggend is Marina Coetzee, ‘n Grondkundige en dosent by die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie......more10minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.