Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
July 20, 2020Bye bly belangrik!Bye is ‘n kritiese element in enige ekosisteem en maak bestuiwing moontlik en dus, produksie van plante moontlik. Bye is wêreldwyd onder druk en word bedreig deur talle menslike aktiwiteite en plaagdoders. Dr Peter Cunningham, ‘n Namibiese Ekoloog kuier by Kosmos 94.1 Landbounuus hieroor......more7minPlay
July 17, 2020Boere loop onder kritiek deur.Daar is kritiek uit verskeie oorde dat boere vreeslik kla en sê hulle kry swaar en sukkel. Kritici sê boere meen hulle is die belangrikste komponent van die land se ekonomie maar hulle diversifiseer nie en kry baie ondersteuning. Ons gesels met Piet Gouws die President van die Namibiese Landbou Unie....more6minPlay
July 17, 2020Lovedale Farming Swakara se veiling vind binnekort plaas.Op Dinsdag en Woensdag 28 en 29 Julie is dit die Lovedale Farming Swakara WhatsApp Veiling wat gaan plaasvind. Een van die organiseerders Louisa Campbell gesels met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die innoverende konsep......more9minPlay
July 16, 2020Vroue en jeug in akkerbou word bespreek.Die Namibiese Handelforum het belanghebbendes gevra om te bie op navorsing in verband met vroue en jeug in akkerbou in die land. Die doel van die navorsing is om die effektiwiteit van toegang tot markte, sowel as bemarking na oeste ingebring is, te optimaliseer op voedselsekerheid te verbeter. Steven Barnard van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Landelike en Gemeenskapsontwikkeling is ons gas. Hy is ‘n kenner in akkerbou in veral kleiner gemeenskappe wat staatmaak op akkerbou vir voedselbronne. Hy gesels met ons oor wat die kernpunte van die navorsing moet wees......more11minPlay
July 16, 2020Meatco se vergaderings verloop steeds goed.Meatco hou 'n reeks vergaderings regoor die land waar rolspelers en produsente nie net die nuwe raad en uitvoerende komitee sal ontmoet nie maar ook die status van die uitvoer abattoir en die stand van sake by Meatco te bespreek. Woensdag se vergadering het in Otjiwarongo plaasgevind. Rosa Hamukuaja-Thobias Meatco se Bestuurder van Korporatiewe Aangeleenthede gesels met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die ontmoeting ......more4minPlay
July 16, 2020Weeklikse vleispryse.Vir die jongste oor die weeklikse vleispryse sluit ons aan by Bertha Ijambo, die Hoof Navorser by die Namibiese Landbou Unie.......more4minPlay
July 15, 2020Meatco vergaderings gaan voort.Meatco hou 'n reeks vergaderings regoor die land waar rolspelers en produsente nie net die nuwe raad en uitvoerende komitee sal ontmoet nie maar ook die status van die uitvoer abattoir en die stand van sake by Meatco te bespreek. Vandag se vergadering sal in Otjiwarongo plaasvind en produsente kan ook vrae rig aan top-bestuur. Rosa Hamukuaja-Thobias Meatco se Bestuurder van Korporatiewe Aangeleenthede het meer......more1minPlay
July 15, 2020Boere van Epikuro veg teen veediefstal.Veediefstal bly ‘n uitdaging regoor die land maar, Epikuro in die Omaheke-streek se boere het daadwerklike aksie geneem en het onlangs groot sukses behaal deur ‘n sindikaat oop te vlek. Nou het hulle die Gemeenskap teen Veediefstal Organisasie geskep en hulle is baie bedrywig. Issy Uandara ‘n lid van die organisasie sluit by ons aan......more4minPlay
July 15, 2020Sprinkane steeds in die noorde.Die bestryding van sprinkane duur steeds voort in die sentrale noorde van Namibië. Kosmos 94.1 Landbounuus gesels vanoggend met die Minister van Landbou Calle Schlettwein oor die jongste in verband met die uitdagings, skade en oplossings....more3minPlay
July 14, 2020Benutting van droogtehulp word ondersoek.Die Namibiese Nasionale Raad se Staande Komitee op Habitat sal verskeie streke in die land besoek om die effektiewe benutting van droogtehulp te ondersoek. Kosmos 94.1 Landbounuus gesels met die Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila. Haar kantoor het die verspreiding van die droogtehulp gekoördineer......more5minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.