Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
July 01, 2020Die Namibiese Akkerbouraad en Universiteit van Namibië werk saam.Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken met die Universiteit van Namibië vir navorsing in verband met plaaslike produksie, waarde toevoeging, bemarking en meer, van gewasse in die land. Die hoop is dat die navorsing sal lei na verbeterde voedselsekerheid in die land. Fidelis Mwazi, die Hoof Uitvoerende Beampte van die Akkerbouraad gesels in diepte met ons hieroor vanoggend....more5minPlay
June 30, 2020Vleis produsente het tans groot uitdagings.‘n Seminaar is in Namibië gehou met uitdagings wat vleis produsente in Namibië die hoof moet bied. Belanghebbendes en rolspelers het ooreengekom dat sonder verdere beleggings deur beide die regering en die privaatsektor sal produksie nie verbeter nie. Talle boere het net kern kudde oor na die erge droogte en die waarde ketting word nou beïnvloed deur tekorte by abattoirs regoor die land. Thinus Pretorius, die Voorsitter van die Lewendehawe Produsente Organisasie gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus hieroor......more4minPlay
June 30, 2020Plaasmoorde en aanvalle neem toe.Daar is volgens kenners in Suid-Afrika tot 300 persent meer gewelddadige misdaad in Suid-Afrika, wat plaasmoorde en aanvalle op plase insluit. Mike Bolhuis, die bekende Sekuriteitskenner in die buurland sluit vanoggend by ons aan en sê dat die tipe van geweld ook uitbrei na Namibië......more7minPlay
June 29, 2020Chris Brown bespreek die waarde van wild.Die waarde van wild op plase word baie keer onderskat maar gemsbokke, vlakvarke en meer het talle male boere deur droogtes gehelp en gedra. Daar is ook baie waarde wat steeds nie benut word uit wildspesies nie.... Dr Chris Brown van die Namibiese Kamer van Omgewingsake is ons gas vanoggend......more7minPlay
June 29, 2020BXB Elite Veiling vind binnekort plaas.Agra Auctions hou die week Donderdag die BXB Elite Veiling by die Agra Bank Windhoek Veilingsring by die skougronde in die hoofstad. Hoë kwaliteit stoet Brahman en Braunvieh diere is op aanbod... Paul Klein van Agra Auctions vertel vanoggend vir ons meer......more3minPlay
June 26, 2020Data die nuwe goud van landbou.Data is weer beklemtoon as die nuwe goud van landbou by die e-kongres wat onlangs gehou is deur die Internasionale Federasie van Landbou Joernaliste. Dr Kobus Laubscher, die bekende Suid-Afrikaanse Landbou Ekonoom verduidelik vir ons vanoggend meer....more8minPlay
June 26, 2020Vroue in landbou word bespreek.Daar word môre ‘n digitale bespreking gehou oor vroue in landbou vanuit ‘n Afrika perspektief. Verskeie uitdagings wat toegang tot grond, finansiering en arbeidswetgewing sal onder die loep kom. Die geleentheid is gereel deur Helvi Shindume, die stigter van Vroue in Lanbou Namibië. Sy is ons gas....more6minPlay
June 25, 2020Weeklikse vleispryse.Vir die jongste oor die weeklikse vleispryse sluit ons aan by Bertha Ijambo, die Hoof Navorser by die Namibiese Landbou Unie .......more3minPlay
June 25, 2020Rooisprinkaan plaag bly in die nuus.Die rooisprinkaan plaag in die sentraal-noorde area van Namibië is ‘n groot uitdaging vir boere, veral saaiboere wat op die oomblik hulle oeste inbring en dit bied ook ‘n bedreiging vir graslande na goeie reënval in die vorige seisoen. Die Minister van Landbou Calle Schlettwein het die jongste in die verband ... hy sluit aan by Kosmos 94.1 Landbounuus....more3minPlay
June 25, 2020AgriBank bied 'n gratis lesing aan.‘n Gratis lesing word Donderdag 2 Julie aangebied in Otjiwarongo deur AgriBank. Kleinvee boere sal die bestuur van bokke en skape aanleer en 50 boere kan die geleentheid bywoon. Rino Muranda, die Skakelbeampte van AgriBank het meer oor die lesing......more4minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.