Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
June 18, 2020Die LPM en grondhervorming.Die Grondlose Mense Beweging oftewel die LPM, is van mening dat grondhervorming op so manier behartig word dat dit voedselsekerheid verbeter maar meen daar is ander aspekte wat ook in ag geneem moet word... Sade Gawanas, Woordvoerder van die party, is ons gas....more5minPlay
June 17, 2020Agra se gewilde speenkalf kompetisie is terug!Agra se gewilde speenkalf kompetisie is terug vir 2020... Piet Stoman van Agra het die besonderhede......more2minPlay
June 17, 2020BXB Elite Veiling vind binnekort plaas.Agra Auctions hou op 2 Julie die BXB Elite Veiling by die Agra Bank Windhoek Veilingsring by die skougronde in die hoofstad. Hoë kwaliteit stoet Brahman en Braunvieh diere is op aanbod... Paul Klein van Agra Auctions vertel vir ons meer......more9minPlay
June 16, 2020Danie Botes van Lared Brahmanstoet gesels op Kosmos 94.1‘n Skikkingsooreenkoms is bereik tussen Danie Botes van die Lared Brahmanstoet en die Namibiese Brahman Telersvereniging, die Namibië Stoet Telersvereniging, die Windhoek Skou Gemeenskap en Redeker Brahman. Botes het hulle gedagvaar omdat sy bul, Shepard 300, se vaderskap nie aanvaar was nie... Hy gesels meer breedvoerig oor die aangeleentheid......more4minPlay
June 16, 2020Raad vir kleinveeboere.Daar is raad vir kleinveeboere wat veral nou met die erge koue wat die winter verwag word, vee het wat lam. Erastus Ngaruka, ‘n Tegniese Beampte by Agribank in die hoofstad, sluit by ons aan......more5minPlay
June 15, 2020Kleinvee en roofdiere word bespreek.Kleinveeboere het uitdagings gedurende die winter met lammers wat versorg moet word, veral omdat hulle nie lank op kraal kan bly nie as gevolg van toenemende stof wat weer op sy beurt siektes laat voorkom... maar daar is ook uitdagings met veral klein roofdiere... Die natuurwetenskaplike Dr Morgan Hauptfleisch van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie is ons gas......more6minPlay
June 15, 2020So doen jy aansoek vir hulp.Die Namibiese Ministerie van Landbou het boere daaraan herinner dat ondersteunende dokumente vir hulp in terme van droogteverligting teen 24 Junie ingedien moet word. Felix Romeo Humpries, 'n tegnikus by die Ministerie sê boere kwalifiseer vir subsidies op voer, bemarking, weiding en vervoer van diere... hy gesels vanoggend met ons oor die proses wat gevolg moet word......more8minPlay
June 15, 2020Okosongoro Boma Wildsveiling verloop goed.Die Okosongoro Boma Wildsveiling wat oor die naweek gehou is was 'n groot sukses en al die diere wat op aanbod was is verkoop. Piet Stoman, 'n Kommunikasie Beampte by Agra Auctions wie die veiling aangebied het, het die jongste ......more2minPlay
June 12, 2020Saaiboere kan groot baat vindDaar is ‘n nuwe inisiatief van die Namibiese Ministerie van Landbou vir saaiboere in die Otjozondjupa-streek. Kommersiële en kommunale produsente kan baat vind by die projek. Gratis saad, opleiding en uiteindelik ‘n mark vir die produk word verskag. Johanna Andowa, die Direkteur van die Namibiese Landbou Meganisasie en Saad-verbetering Projek oftewel Namsip by die Ministerie is ons gas......more5minPlay
June 12, 2020Groenskemas en voedselsekerheid in Namibië - dit werk nieDie fokus lê op die oomblik op graanvoorsiening en voedsel sekerheid veral in ons streek. In Namibië is verskeie groenskemas geskep om by te dra tot voedselvoorsiening maar dit blyk om glad nie doelwitte te bereik nie. Wallie Roux, ‘n plaaslike Landbou Navorser sluit by ons aan......more3minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.