Kosmos 94.1 Landbou

Kosmos 94.1 Landbou

By Kosmos 94.1ScienceNatural Sciences
Download on the App Store

Kosmos 94.1 Landbou episodes

  • Graanvoorrade lyk baie positief
    Wandile Sihlobo, ‘n bekende Landbou Ekonoom in Suid-Afrika het ‘n ontleding gedoen oor graanvoorsiening en beskikbaarheid in die Suider-Afrikaanse streek, sowel as wêreldwyd... in sy mening lyk voorrade beter as wat verwag was. Hy is ons gas...
    5 min
  • Maak jou boskos so, en so, sê Dagmar
    Kenners meen dat Junie die beste tyd is om boskos te maak omdat die blare die hoogste voedingswaarde het. Kosmos 94.1 Landbounuus het aangeklop by Dagmar Honsbein, een van Namibië se voorste landboukenners en ‘n hout wetenskaplike...
    6 min
  • Jour boorgat en die reg
    Otto van Vuuren van Dynamic Water Resources Management sluit vanoggend by ons aan om onder andere die wetlike aspekte van boorgate te bespreek:
    11 min
  • Northern Select Veiling verloop goed.
    Piet Stoman, deel van die kommunikasie-span by Agra Auctions vertel ons meer oor hoe lekker die Northern Select Agra Veiling wat aan die einde van laas week gehou is, verloop het ... daar is goed aanlyn deelgeneem en verkopers het groot suksesse behaal met verkope van meer as 3,6 miljoen doller.
    2 min
  • Nog meer oor die Okosongoro Boma Wildsveiling.
    Ons bly by die Boma Wildveiling op Okosongoro. Die alombekende Dirk de Bod het ook ‘n paar diere op aanbod en gesels vanoggend met ons oor Saterdag se veiling en hoekom wildboere daar eenvoudig moet wees.
    Luisteraars word daaraan herinner dat belangstellendes in die Okosongoro Boma Wildsveiling nie moet bekommer nie!!! Voornemende kopers moet asseblief vir Anke Erasmus van Agra Auctions by die volgende epos: [email protected] of sel nommer 081 288 9310 kontak, om die nodige dokumente te kry. Kopers gaan dan na hulle naaste polisiestasie gaan en aansoek doen vir ’n reispermit. Die veiling moet nou ongelukkig beperk word tot slegs kopers. Die nodige Covid-19 regulasies sal streng toegepas word.
    3 min
  • Okosongoro Boma Wildsveiling gaan steeds voort!
    Met die inperking van die Erongo-streek na fase een soos aangekondig deur President Hage Geingob tot en met 22 Junie, moet belangstellendes in die Okosongoro Boma Wildsveiling nie bekommer nie!!! Voornemende kopers moet asseblief vir Anke Erasmus van Agra Auctions by die volgende epos: [email protected] of sel nommer 081 288 9310 kontak, om die nodige dokumente te kry. Kopers gaan dan na hulle naaste polisiestasie gaan en aansoek doen vir ’n reispermit. Die veiling moet nou ongelukkig beperk word tot slegs kopers. Die nodige Covid-19 regulasies sal streng toegepas word.
    In die tussentyd heers daar steeds groot opgewondenheid oor die naweek se Boma Wildveiling wat Saterdag by Okosongoro Safari Ranch naby Kalkveld plaasvind. Peter Clausen van Okosongoro sluit vanoggend by Kosmos Landbounuus aan om meer te gesels oor die geleentheid....
    6 min
  • Voorsitter van Meatco se raad is ons gas.
    Johnny Hamman, die bekende Namibiese sakeman is vroeg in Mei aangestel as die Voorsitter van Meatco se raad. Dit is op die oomblik ‘n baie uitdagende tyd vir Namibiese produsente en hy sluit vanoggend by ons aan oor dié kwessies en meer:
    8 min
  • Agribank gesels oor stimuluspakket.
    Boere in Namibië het voor die Covid-19 pandemie gebuk gegaan onder droogte-uitdagings. Die inperking om die virus te bekamp het sake verder vererger maar, Agribank se stimuluspakket, wat op 1 Junie in werking getree, het ‘n mate van verligting gebring. Ons gesels vanoggend met die bank se Hoof Uitvoerende Beampte Sakaria Nghikembua oor die reaksie van die boeregemeenskap en sy kliënte se algehele finansiële uitdagings:
    4 min
  • Versprieding ketting verander oor Covid-19.
    Die Wêreldbank sê dat Covid-19 die hele verspreiding ketting van landbou produkte verander het met ‘n klem op kleinhandel en digitale platforms wat die boer direk in kontak sit met die eindverbruiker. Ons sien dit ook in Namibië, veral op Facebook.... Wallie Roux, ‘n onafhanklike Landbou Analis sluit by ons aan:
    4 min

About Kosmos 94.1 Landbou

From the publisher's feed

Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.