Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
June 05, 2020Oorplaatjie kwotasisteem lok reaksie.Groot reaksie word ontvang op die aankondiging van die Namibiese Direktoraat Veeartsenydienste wat gesê het 'n oorplaatjie kwotasisteem geïmplementeer sal word wanneer oorplaatjies by die Vleisraad aangekoop word. Elke produsent sal 'n kwota geallokeer word. Dit verteenwoordig die aantal oorplaatjies wat 'n produsent oor 'n tydperk van 12 maande kan aankoop. Thinus Pretorius, die Voorsitter van die Lewendehawe Produsentevereniging is ons gas:...more4minPlay
June 04, 2020Northern Select veiling vind vanaand plaas.Agra hou vanaand om 6 uur sy Northern Select veiling met verskeie fantastiese aanbiedinge van telers in die noorde van die land. Die veiling sal ook digitaal plaasvind en die formaat blyk om al hoe meer gewild te raak. Paul Klein, die Algemene Bestuurder van Veilings by Agra gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus hieroor:...more4minPlay
June 04, 2020Meatco gesels oor rooivleis.Ons gesels met Rosa Hamukuaja-Thobias van Meatco oor rooivleis verbruik gedurende die winter sowel as kwotas en uitvoere.... Volgens haar is daar nie werklik op hierdie stadium uitdagings nie, veral as gevolg van die Covid-19 inperkings:...more5minPlay
June 03, 2020Inperking by brouerye knou vark- en suiwelboere.Beide vark- en suiwelboere het gebuk gegaan tydens fases een en twee van die inperking in Namibië onder ‘n tekort van gebruikte graan van brouerye as voerbron vir hulle diere. Baie is genoodsaak om ten duurste voer aan te koop. Marco Wenk, die Hoof by Namibië Brouerye sê produksie is hervat en die tekorte sal binnekort iets van die verlede wees en die Hoof van die Suiwel Produsente Vereniging,Kokkie Adriaanse, sluit by ons aan oor die uitdagings wat die industrie die hoof moet bied.Hy het kommer oor beide produksie tekorte en produsente se welstand:...more4minPlay
June 03, 2020Hoe gaan dit met die Namibiese hoender bedryf?Ian Collard die Hoof Uitvoerende Beampte van die NMI Groep van Maatskappye sê sedert die beperking van hoender invoere van 1 200 metrieke ton maandeliks, gaan dit beter met Namib Poultry Industries. Die voormalige Namibiese Minister van Handel Tjekero Tweya het die wetgewing deurgevoer net voor die nuwe Kabinet deur President Hage Geingob aangekondig is. Dit het op 1 April in werking getree... Ian gesels vanoggend oor die inperking, verbruik van hoendervleis en ander uitdagings met Kosmos 94.1 Landbounuus:...more4minPlay
June 02, 2020FAN Meat-skema onder bespreking.Die Vleisraad van Namibië het, te midde van die droogte toestande wat oor groot dele van die land ‘n impak gehad het, ‘n nuwe sertifisering vir vleis bekendgestel. Lewendehawe wat grane gevoer is en nie op die veld gewei het nie, het ‘n hoër konsentrasie voer ontvang en kwalifiseer nie om onder die FAN Meat-skema as vrylopend geklassifiseer te word nie. Volgens die nuwe standaard kan alle lewendehawe wat gevoer is onder die FAN Meat Graangevoerde kategorie geklassifiseer word. Die produk word steeds as hormoon- en antiobiotika-vry bemark, met respek vir dierewelsyn. Die oorsprong kan ook steeds bepaal word. Dr Anja Boshoff -De Witt van die Vleisraad verduidelik aan Kosmos 94.1 Landbounuus:...more2minPlay
June 02, 2020Covid-19 bied geleenthede vir Afrika.Die Afrika Unie se Kommissie vir Landelike Ekonomie en Landbou sê Covid-19 bied die beste geleentheid vir Afrika om innovering en wetenskap te gebruik om nie net klimaatsverandering te mitigeer nie maar ook om voedsel sekerheid ‘n groot hupstoot te gee. Dit is volgens die kommissie, ‘n krisis binne ‘n krisis en dit bied geleenthede... Die bekende Suid-Afrikaanse Landbou Ekonoom Dr Kobus Laubscher gesels vanoggend met ons hieroor:...more8minPlay
June 01, 2020Grondhervorming word bespreek.Die wêreld is behep met die korona-pandemie maar daar is ander uitdagings in Namibië en een is dié van grondhervorming en natuurlik, die onteiening van grond sonder enige vergoeding. Die tweede grond konferensie het verlede jaar bevind dat sekere grondeienaars hulle grond op so manier moet afstaan. Die Grondlose Mense Beweging, oftewel die LPM party, het ‘n beduidende standpunt oor die kwessie en die party se Woordvoerder, Sade Gawanas is ons gas:...more12minPlay
June 01, 2020Boorgate word bespreek.Wat sê die wetenskap oor die boor van boorgate op plase. Otto van Vuuren van Dynamic Water Resources Management sluit vanoggend by ons aan om dit te bespreek:...more11minPlay
May 29, 2020Diesel in Suid Afrika dalk min.Daar bestaan ‘n moontlikheid dat die beskikbaarheid van diesel in Suid Afrika vir die res van die maand ‘n probleem kan wees. Bennie van Zyl die Hoofbestuurder van TLU SA sluit by ons aan:...more5minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.