Daar is 3 stoetveilings wat oor die volgende paar dae deur Agra Auctions gehou word. Die eerste is die Prestasie Getoetste Veldramveiling van Samehaling en Du Toit Dorpers wat vanoggend by die Stampriet Veilingskrale gehou word... Paul Klein, die Algemene Bestuurder van Veilings by Agra het meer... En môre is die Gobabis Bonsmara Veiling wat om 11:30 by die Veilingskrale op die dorp gehou word. Sien uit na 6 Emok Bonsmara bulle, 8 Hochfeldstreek Bonsmara bulle, 2 Hartebeestloop Bonsmara bulle en 3 Gochuras Bonsmara bulle. Paul het weer die besonderhede ... En laastens sluit ons aan by Kiep Lepen oor die Outjo Gesamentlike Produksieveiling wat Vrydag gehou word by die Agra Veilingskrale op Outjo. Die geleentheid vind om 11 uur plaas en daar is 24 bulle en 20 kommersiële vroulike diere op aanbod. De Wet Mouton se Afrikaners is daar sowel as Dries Venter se Bonsmaras en Brahman aanbiedinge van Jasper Brand, Wilson Mberirua, Pieter Gouws en Jaco Liebenberg. Kiep Lepen, Stoetvee Veilingsadviseur van Agra praat oor die produksieveiling.