Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
August 21, 2020Onwettige grondbesettings bly 'n probleem.Daar is ‘n toename in onwettige grondbesettings veral in landelike gebiede na aan stede en dorpe in beide Suid-Afrika en Namibië. Daar is beroepe in die buurland dat die regering daadwerklik aksie moet neem om behuising te voorsien om die grondbesettings te voorkom as gevolg van kommer oor toenemende wrywing en moontlike konflik. Ernst Roets, die Adjunk Hoof van AfriForum gesels meer breedvoerig met Kosmos 94.1 Landbounuus hieroor....more4minPlay
August 20, 2020Vleis en graanpryse in die buurland onder bespreking.Johnny van der Merwe, ‘n Landbou Ekonoom en Senior Dosent by die Universiteit van die Noordwes gesels met Pieter Moller oor die jongste in vleis en graanpryse in die buurland....more5minPlay
August 20, 2020Meatco se 34ste Algemene Jaarvergadering, wat môre sou plaasvind is uitgestel.Net om produsente te herinner, Meatco se 34ste Algemene Jaarvergadering, wat môre sou plaasvind is uitgestel weens inperkings met betrekking tot Covid-19-regulasies. Rosa Hamukuaja-Thobias Meatco se Korporatiewe Betrekkinge Bestuurder het meer oor die pad vorentoe....more2minPlay
August 20, 2020Agra veilings word bespreek.Die fase drie inperkings het verskeie uitdagings na vore gebring met veral veilings in die hoofstad. Beide die Namibia Genetics sowel as die G8 Bonsmara veilings is tot verdere kennisgewing uitgestel. Maar, die Daan Weerlig Stoet en Kommersiële Uitverkoping Veiling gaan steeds by die Agra Veilingskrale op Otjiwarongo voort. Henno Badenhorst ‘n Stoetvee Afslaer by Agra sluit by ons aan vir meer... En dan, die Central Select veiling wat Donderdag 10 September in die hoofstad aangebied word... Paul Klein, Algemene Bestuurder van veilings by Agra het meer oor die aanbod en die reëlings ... En Paul het ook meer oor die Keetmans Skou en Meatmaster veiling wat op 11 September om 10 uur by die dorp se skou veilingskrale gehou word. Top-gehalte kleinvee is op aanbod....more6minPlay
August 19, 2020Pasop vir parasiete.Met die somerseisoen om die draai, is dit wenslik dat veeprodusente ’n behoorlike bestekopname van hul kuddes se gesondheid doen om voorsorg teen skadelike somerparasiete, wat liefs op ’n veilige afstand gehou moet word, te tref. Die daarstelling van ’n doeltreffende parasietbestuursprogram om die bose kringloop van inwendige en uitwendige parasiete hok te slaan, is sekerlik dié belangrikste hulpmiddel om kudde- en finansiële verliese te voorkom. Dr Johan van Rooyen, ‘n Veearts by Steynsburg Dierehospitaal in Suid-Afrika het meer......more6minPlay
August 19, 2020Drupbesproeiing word bespreek.Kleinskaalse boere in Lupane in wes-Zimbabwe presteer beter met drupbesproeiing stelsels en sê hulle produksie het verhoog en waterbesparings is voldoende. Die boere meen ook die stelsel werk baie goed met onvoorspelbare weertoestande. Marco de Wet ‘n kenner in drupbesproeiing by Agriturf Namibië gesels meer breedvoerig met ons oor die gebruik van die stelsels in ons land......more6minPlay
August 18, 2020Die Minister van Landbou het die groenskemas besoek.Die Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein het die groenskema’s in die Zambezi- en Kavango-streke besoek. Hy meen hulle onderpresteer maar dat met aanpassings aan hulle bestuur, hulle baie goed kan presteer. Hy is ons gas....more5minPlay
August 18, 2020Hommeltuie kan op plase help.Die bewaringsowerheid in Zimbabwe, bekend as ZimParks, benut op die oomblik hommeltuie om stropery hok te slaan. Groot suksesse is behaal en meer as 800 stropers is opgemerk en 600 gevang. Kosmos 94.1 Landbounuus gesels met Dr Peter Cunningham, ‘n plaaslike Ekoloog oor die toepassing op tuis bodem....more4minPlay
August 17, 2020Landbou Konferensie vind binnekort plaas.Die organiseerders van die Landbou Konferensie sê die geleentheid sal volgende maand voortgaan ten spyte van die fase drie inperkings. Michael Iyambo, die Voorsitter van die komitee wat die konferensie reël sê die byeenkoms is krities. In 1990 het landbou 10 persent aan die land se ekonomie bygedra en tans is die bydrae net 4 persent. Iyambo sê die sektor moet weer opgebou word. Die komitee het volgens hom in Mei samesprekings gehou met beide die privaat en openbare sektore om ‘n agenda vir die konferensie op te stel. Die President van die Namibiese Landbou Unie, Piet Gouws, is ons gas......more6minPlay
August 17, 2020Bied Zimbabwe nog geleenthede in die landbou?Die Zimbabwiese regering sê grootskaalse belegging is dringend nodig in verskeie dele van die land om landbou produksie en sodoende, voedselsekerheid te verbeter. Talle boere van beide Namibië en Suid-Afrika boer elders maar of Zimbabwe werklik nog ‘n veilige geleentheid bied, lok vrae uit. Kosmos 94.1 Landbounuus gesels met Bennie van Zyl, die Hoofbestuurder van TLU Suid-Afrika......more6minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.