Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
September 07, 2020Konferensie bereik baie vir landbouDie veelbesproke Landbou Konferensie wat oor twee dae verlede week in die hoofstad gehou is, het volgens berigte baie bereik. Hooggeplaastes en individue wat verantwoordelik is vir beleid in die sektor het die konferensie bygewoon. Verskeie aspekte is onder die loep geneem. Michael Iyambo, die Voorsitter van die Komitee wat die konferensie gereël het, en ook die Voorsitter van beide die Agribank en Akkerbouraad is ons gas....more3minPlay
September 03, 2020Johnny van der Merwe, gesels oor kommoditeitspryse in Suid-Afrika.Johnny van der Merwe, ‘n senior dosent in Landbou Ekonomie aan die Noordwes Universiteit gesels met Pieter Moller oor die jongste oor kommoditeitspryse in Suid-Afrika....more4minPlay
September 03, 2020Produksiestelsels sal moet aanpas.Die Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein sê die volhoubare toekoms van Namibië is afhanklik op ons vermoë om produksiestelsels aan te pas. Hy meen landbou is tegnologies ver agter die res van die wêreld. Hy het by die opening van die Landbou Konferensie wat vandag in die hoofstad ten einde loop gepraat. Kosmos 94.1 Landbounuus gesels met Dr Kobus Laubscher, ‘n Landbou Ekonoom......more8minPlay
September 03, 2020Suiwelprodusente hou vergadering.Talle maatreëls om die doeltreffendheid van suiwelprodusente in Namibië te verbeter is by die onlangse jaarvergadering van die Suiwel Produsentevereniging bespreek. Kokkie Adriaanse, die Voorsitter van die vereniging, sluit by ons aan om vordering in die verband te bespreek.......more3minPlay
September 02, 2020Pluimvee industrie in Namibië word bespreek.Die pluimvee industrie in Namibië is steeds onderontwikkel en daar is volgens kenners groot ruimte vir groei. Terwyl daar uitdagings is, is daar ook verskeie meganismes om opkomende boere te ondersteun. Pluimvee is ook ‘n uitstekende opsie vir bestaansboere om ‘n inkomste te verdien. Ons gesels met Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad wat reeds navorsing in die industrie gedoen het... En Markus du Plessis, ‘n Pluimvee Spesialis by Voermeester gesels oor die ‘Day-old Chicks-program wat hulle bied. Hoe werk die program?...more5minPlay
September 02, 2020Landbou Konferensie vind vandag en môre plaas...Die organiseerders van die Landbou Konferensie sê die geleentheid sal vandag en more by die Safari Hotel in die hoofstad plaasvind. Michael Iyambo, die Voorsitter van die komitee wat die konferensie reël sê die byeenkoms is krities. In 1990 het landbou 10 persent aan die land se ekonomie bygedra en tans is die bydrae net 4 persent. Iyambo, die Voorsitter van beide die Akkerbouraad en die Agribank se Raad, sê die sektor is krities en moet weer opgebou word. Die komitee het volgens hom in Mei samesprekings gehou met beide die privaat en openbare sektore om ‘n agenda vir die konferensie op te stel....more6minPlay
September 01, 2020Watse byvoeding moet nou gegee word?Terwyl ons kan uitsien na 'n goeie reënseisoen sal dit nog 'n tydjie neem voor daar noemenswaardige reën ontvang word. Boere moet nou oor die volgende twee tot drie maande byvoeding toepas om kudde in die droë tydperk deur te haal. Christo du Plessis, die Bemarking Bestuurder van Voermeester het raad......more6minPlay
September 01, 2020Voorspelling vir reën lyk goed!Volgens die SAOG se voorspelling lyk die kanse vir reën ongelooflik goed in die komende seisoen wat groot verligting vir veral boere kan bring. Die onafhanklike Landbou Klimatoloog van Suid-Afrika Johan van den Berg gesels meer breedvoerig hieroor......more6minPlay
August 31, 2020Rammetjie uitnek!!!‘n Skaapram het in Skotland vir 367 500 Britse pond, oftewel 8,5 miljoen Namibiese doller verkoop. Die kopers, ‘n familiestoet in Cheshire meen Double Diamond is die mooiste Texel ram wat hulle nog ooit gesien het. Texel vra jy? Yanna Smith het die besonderhede......more2minPlay
August 31, 2020Die ANC se Uitvoerende Komitee vergadering het die naweek plaasgevind.Theo Venter, beleidspesialis en dosent by die Noordwes Universiteit gesels met Pieter Moller oor die naweek se ANC Uitvoerende Komitee vergadering en wat dit vir landbou inhou... in sy mening, nie veel nie... hy verduidelik....more2minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.