Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
September 28, 2020Bewaar graslande soGraslande en weiding in Namibië moet dringend herstel word en ‘n strategie in die verband is deur die Namibiese Ministerie van Landbou ontwikkel saam met vennote. ‘n Onlangse verslag toon dat 60 miljoen hektaar vertrap en oorbewei is wat ‘n verlies van 50 persent in produktiwiteit toon. Erastus Ngaruka die Tegniese Adviseur vir Weiding en Vee by Agribank gesels meer in diepte met ons hieroor....more3minPlay
September 25, 2020Waarskuwing vir die suideMet baie droë en stowwerige toestande sien almal uit na die reën. Voorspellings is baie goed vir die seisoen maar, daar is eers weer groot uitdagings vir veral suide boere oor die komende naweek. Johan van den Berg, ‘n onafhanklike Weerkenner is ons gas....more3minPlay
September 25, 2020Gifplante word eerste groenMet die somerseisoen wat in volle gang is en reën wat binnekort sal begin val met die goeie voorspellings wat gemaak is, is gifplante weer in die nuus. Talle diere word jaarliks verloor as gevolg van die voorkoms van die plante vanoggend sluit Professor Morgan Hauptfleisch, ‘n Bewaring Ekoloog by die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie om meer inligting hieroor te deel....more6minPlay
September 24, 2020Wapen eienaar? Hoor hier...Die Wapen Eienaarsvereniging van Namibië, oftewel GOAN, se jaarvergadering wat in Augustus gehou sou word, is uitgestel vanweë die inperkings maatreëls wat op daardie stadium van toepassing was. Nou dat die noodtoestand gelig is, sê die Adjunk Voorsitter van die vereniging Jason Sivertsen, ‘n datum moet nog bepaal word. Hy gesels met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die besonderhede en hoe wapen eienaars betrokke kan raak by die vereniging....more4minPlay
September 24, 2020Lekker veilings wat kom!Boere in Namibië kan uitsien na lekker veilings, veral nou met inperkings wat opgeskort is, die noodtoestand wat opgehef is en die reën wat binnekort verwag word. Vanaand is die G8 Bonsmara veiling by die Agra/Bank Windhoek Ring in die hoofstad. Die veiling is ook aanlyn en dit begin om 6-uur namiddag. Daar is 20 top Bonsmara bulle te koop. Kiep Lepen, Agra se Stoetvee Veilingsadviseur het die inligting......more7minPlay
September 23, 2020Handige publikasie oor Biochar‘n Handleiding oor Biochar produksie word vandag bekendgestel. Die Namibiese Houtskool Produsente Vereniging, die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, die Duitste Gemeenskap vir Internasionale Samewerking en die Namibiese Ontbossings Adviserende Diens het die publikasie saamgestel. Michael de Gé, Bestuurder van die Houtskool Produsente Vereniging sluit by ons aan vir meer hieroor....more7minPlay
September 23, 2020LPO gesels oor arbieders wat langer as een generasie werkIngevolge die resolusies van die tweede grondkonferensie moet maatreëls daar gestel word om plaasarbeiders wat meer as ‘n generasie werksaam en woonagtig is op ‘n plaas by te staan onder sekere omstandighede. Die arbeiders word nou gevra om te registreer by die Namibiese Ministerie van Landbou. Thinus Pretorius, die Voorsitter van die Lewendehawe Produsente Organisasie is ons gas vanoggend....more4minPlay
September 22, 2020Veilingpryse skiet die hoogte inKommersiële veilings het onlangs baie goeie pryse gelewer met tot 50 Namibiese doller per kilogram op beide skaap en bees. Verder is daar ook tekorte aan diere by veilings. Daar is kommer oor waarheen die pryse sal beweeg omdat pryse normaalweg na die einde van die jaar redelik styg. Paul Klein, die Senior Bestuurder van Veilings by Agra sluit by ons aan....more6minPlay
September 22, 2020Akkerbouheffings is duur vir die verbruikerDaar word beroepe op die Namibiese regering gedoen om die onnodige groot heffings wat aan die Akkerbouraad op basiese voedsel grondstowwe betaalbaar is en deur die verbruikers betaal moet word te beëindig. Kenners meen hierdie verminderde heffings sal onmiddellik in die vorm van verlaagde voedselpryse by die verbruikers uitkom. Kosmos 94.1 Landbounuus het by die plaaslike Landbou Navorser Wallie Roux aangeklop om meer hieroor uit te vind......more4minPlay
September 21, 2020Ons gesels presisie-boerderyEn soos Theo vroeër gesê het, hy sou presisie-boerdery toepas... Presisie-boerdery word beskryf as die bestuurskonsep van die toekoms en kan volgens kenners baie goeie resultate vir boere lewer. Bennie van Zyl van TLU-SA sluit vanoggend by ons aan en lig ons in oor die opwindende konsep....more9minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.