Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.
March 03, 2021Produsente moet voor 30 Maart registreerMahangu- en wit-mielie produsente moet voor 30 Maart vanjaar by die Namibiese Akkerbouraad registreer om te verseker dat hulle oeste deur meulenaars aangekoop word. Bemarking vind vanaf Mei-maand plaas. Gilbert Mulonda, die Algemene Bestuurder vir Akkerbou by die raad het die nodige inligting vanoggend......more4minPlay
March 03, 2021Brandstof is op, en gaan weer op... so maak jy met energie...Kenners voorspel dat verbruikers hulle moet voorberei op groter stygings in die olieprys wat dus die brandstofprys verder sal opstoot die jaar. Pryse het in beide Namibië en Suid-Afrika om middernag gestyg. Ons gesels vanoggend met Ted Blom 'n energie kenner in die buurland vir ‘n paar idees en oplossings......more5minPlay
March 02, 2021Styging in brandstof prys sal landbou rukDie Namibiese brandstof prys styg vannag met 80 sent ‘n liter vir diesel en petrol. In Suid-Afrika sal die petrolprys met 66 sent ‘n liter styg en diesel met 57 sent ‘n liter. Maar in die buurland gaan tolfooie ook op en in April gaan die buurland se brandstofprys heffing ook op. Die impak op landbou is wesenlik. Dawie Maree die Hoof van Landbou Inligting en Bemarking by FNB Agri-besigheid in die buurland verduidelik......more2minPlay
March 02, 2021Karakul-produsente onder uiterse drukAan die begin van die jaar is Swakara produsente is nog ‘n hou toegedien met die nuus dat die Kopenhagen Fur-veilingshuis in Denemarke in voorlopige likwidasie oor die volgende 24 maande geplaas is. Die industrie het tydens die inperkings ingevolge die pandemie gebuk gegaan onder talle uitdagings – en dit in ’n bedryf wat reeks ‘n nismark is. Daar was baie hoop geplaas op die veiling wat verlede week Donderdag plaasgevind het. Louisa Campbell, ‘n plaaslike Swakara produsent van Lovedale Farming gesels vanoggend oor die jongste......more4minPlay
March 02, 2021Jongste oor SA boere in RuslandDie eerste groep van 30 Suid-Afrikaanse boere het reeds in Oktober 2019 in die Stavropol boerdery gebied in Rusland aangekom. Ongeveer 15 000 boere het op daardie tydstip beplan om die skuif te maak met groot onsekerheid in Suid-Afrika. Die reëlings is deur AfriForum in die buurland gedoen en Dr Theo de Jager, Saai se Voorsitter in Suid-Afrika en deel van die reëlingskomitee het vanoggend die jongste vir ons......more8minPlay
March 01, 2021Uhm, drade weg, virtuele heinings op pad?Tjoepie Groenewald van Farmspace in Suid-Afrika gesels vanoggend oor virtuele heinings... ja, jy het reggehoor.... virtuele heinings! Hoor hier!...more5minPlay
March 01, 2021Jongste in verband met oorplaatjies, oudits en nommers - Vleisraad geselsDie Namibiese Vleisraad se Industrie Komiteevergadering is afgehandel en die raad het verskeie punte in verband met die FAN Meat-skema sowel as oor-etiket nommers en meer met produsente gedeel. Vanoggend sluit die Hoof van die FAN Meat-skema Johan Engelbrecht by ons aan......more7minPlay
March 01, 2021Versigtig vir Afrika-varkgriepAfrika-varkgriep het by Eerste Rivier in die Wes-Kaap uitgebreek. Dit volg na 'n intensiewe ondersoek deur die Wes-Kaapse departement van Landbou. 'n Verbod is geplaas op die verkoop en vervoer van lewendige varke die gebied. Dr Gerhard Verdoorn, ‘n Suid-Afrikaanse kenner in die gebied sluit by ons aan......more5minPlay
February 26, 2021Daar is nog reën in die vooruitsigDit wil voorkom asof daar nog hoop is vir goeie neerslae, veral in Maart en April soos die bekende Suid-Afrikaanse Meteoroloog Johan van den Berg verduidelik....more2minPlay
February 26, 2021So lyk die opsies vir die groei van die sektorDie Namibiese Ekonomiese Vereniging het ‘n bespreking gehou oor die vooruitsigte vir die land die jaar. Verskeie belanghebbendes het die gesprek bygewoon en verskeie aspekte het onder die loep gekom wat natuurlik landbou insluit. Salomo Hei, die Hoof Navorser by High Economic Intelligence Investment was daar......more11minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Landbou:How many episodes does Kosmos 94.1 Landbou have?The podcast currently has 680 episodes available.