Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Dis hier waar jy jou ore kan uitleen aan twee internasionaal bekroonde Mevrouens se alledaagse lewens - ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n ... more
FAQs about Mevrou Mevrou:How many episodes does Mevrou Mevrou have?The podcast currently has 40 episodes available.
November 26, 2024Mevrou is nie 'n klip vir 'n winskopie nieMevrou staan nie terug as daar ’n goeie uitverkoping is nie, en hierdie is die week vir winskopies! Van Kersfees persente tot huishoudelike skoonmaak middels, dis als op die lysies vir wanneer die winkels oopmaak vir Black Friday. Daar is egter een groot vrees vir Gerda de Sousa en Dianne Broodryk: daai pragtige paar skoene wat sy reeds gekoop het, is nou op die 50% afslag. Podcast page on Jacaranda FM's website...more21minPlay
November 19, 2024Mevrou en die skommel vir die rommel trommelMevrou is besig met planne om die huis skoon te kry vir die nuwe jaar, en deel hiervan is om ontslae te raak van als wat nie meer gebruik word nie. Die reuse vullis drom is bestel om vir drie dae in die oprit te staan sodat al die opgaar goed weg gegooi kan word. Dis egter makliker gesê as gedaan want in dié Mevrouens se huise is dit maar moeilik om enige iets weg te gooi, maak nie saak hoe stukkend of lang vergete dit is nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is egter vas beslote dat daar dié jaar geen genade gaan wees nie – die rommel trommel seisoen is hier ….. Podcast page on Jacaranda FM's website...more21minPlay
November 12, 2024Mevrou smeer haar verjaarsdag met kaster olieDis Mevrou se verjaarsdag en tyd vir grootmens persente! Soos wat sy plek soek vir al die kersies op die verjaarsdag tert, besef Mevrou sy het nou die ouderdom bereik waar dit nie meer saak maak of sy partytjie hou of nie. En ja, twee Mevrouens is ’n partytjie. Dianne Broodryk vier haar verjaarsdag en Gerda de Sousa reken dié jaar se persent is die mees volwasse een wat sy nog gekoop het. Dis nie badgoed nie en ook nie handeroom nie, maar natuurlik sluit dit die nuwe gier van ’n bottel kaster olie in ….. Podcast page on Jacaranda FM's website...more22minPlay
November 05, 2024Mevrou probeer die November vloermoere oorleefDis met ’n skok wat Mevrou besef mense se geduld en hulle vlakke van verdraagsaamheid lê laag in November. Miskien is dit ’n einde-van-die-jaar probleem, of dalk was die jaar maar net lank. In die parkeer areas en in die winkels sien Mevrou net moeilike mense. Maar dan onthou Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle is nie heeltemal onskuldig nie. Almal het mos maar hulle limiet en hulle was self al deel van 'n vloermoer of twee …… Podcast page on Jacaranda FM's website...more22minPlay
October 29, 2024Mevrou kry die appel onder die stamboomMevrou is besig om te soek na die appel in die lang gras onder die ou familie boom. Daar is niks lekkerder as om te gaan kyk hoe die voorgeslagte gelyk het nie – daai ou swart-en-wit fotos wat jou meer leer oor waar jy vandaan kom. Maar daarmee saam vloed die herinneringe terug en voor hulle dit kon keer, ook die trane. Die nostalgie laat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk sommer huil en lag op dieselfde tyd ……. Podcast page on Jacaranda FM's website...more16minPlay
October 22, 2024Mevrou wonder oor die doeke braaiMevrou se dagboek is ewe skielik vol kombuis tee partytjies, troues, ooievaar tees en nou – vir die eerste ooit – ook ’n doeke braai! ’n Wat? Die nuwe neigings van die jong mense se partytjie reëls en regulasies het Gerda de Sousa en Dianne Broodryk aan die wonder oor wat mens mag gee as persente. Om nie te praat van al die uitrustings wat jy reg moet hou vir al die verskillende vierings nie …… en dis voor die baba nog gebore word….. Podcast page on Jacaranda FM's website...more22minPlay
October 15, 2024Mevrou se skandes by die hoërskool re-unieMevrou mis nie ’n hoërskool reünie nie – dis ’n hoogtepunt op haar tien-jaar kalender wanneer daar weer soos op skool gekuier word. Binne ’n oogwink kom die skool bynaam weer uit en vloed die herinneringe terug. En natuurlik, word die skandes en die sondes van hoërskool jare onthou. In dié episode, praat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk uit oor wat hulle al by ‘n matriek reünie gesien en beleef het …… Podcast page on Jacaranda FM's website...more22minPlay
October 08, 2024Mevrou blaas stoom af oor die nuwe kragmeterDaar was aanvanklik groot afwagting in Mevrou se huishouding vir die installering van die nuwe elektrisiteits meter. Nou gaan almal sien presies waarvoor hulle opdok en wat die meeste krag verbruik. Maar dié proses sorg vir huis moles – wie moet onthou om die geiser aan en af te sit? In dié episode word Dianne Broodryk warmer as 'n kokende gasketel, terwyl Gerda de Sousa deur die stoom probeer soek na die lig in die donker tonnel …… Podcast page on Jacaranda FM's website...more22minPlay
October 01, 2024Mevrou se sonde met die bureDie Mevrouens het al in baie buurte gebly – sommige van die bure word soos familie, maar dan is daar daai karakters wat mens laat wonder wat jy in jou vorige lewe gesondig het om dit te verdien. Of miskien was Mevrou se huishouding die bure met die sonde. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk onthou die bure wat die straat laat brul het, en nie van plesier nie. In dié episode praat die Mevrouens uit oor wat al in die agterplaas langsaan aanskou is ... Podcast page on Jacaranda FM's website...more24minPlay
September 24, 2024Mevrou brul oor die brille en die pilleDit was nog nooit ’n probleem vir die Mevrouens om ou(er)d te word nie, dis mos maar deel van die lewe. Nou sing Gerda de Sousa en Dianne Broodryk ’n ander deuntjie, sedert die proses van vitamines en die daaglikse aanvullings hulle lewe begin oorheers het. Om nie eers van die skielik verswakkende oë te praat nie. In dié episode betreur die Mevrouens die stand van brille en pille. Podcast page on Jacaranda FM's website...more20minPlay
FAQs about Mevrou Mevrou:How many episodes does Mevrou Mevrou have?The podcast currently has 40 episodes available.