Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

By RSGArts
Download on the App Store

Middagvervolgverhaal episodes

  • DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 5
    Die dam op Die eerste wingerd moet leeggetap word om die res van die skelet te vind. Regardt Bonnet is baie ontsteld hieroor. David en Lucian moet saam ‘n buurtwag skof doen, en vind diewe by ‘n waterpomp. Sal hulle die diewe direk aanvat, of die polisie bel?
    14 min
  • DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 3
    Die soektog na die vermiste kind beweeg van die rivier na die dam toe. David het grootgeword op Die eerste wingerd, en daar is nog onopgeloste sake tussen hom en die Bonnet-familie. Bart Voster, die polisiespeurder, neem die soektog oor en dadelik is daar spanning tussen hom en die mense van die Rooivallei.
    14 min
  • DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 2
    Een van die plaaswerkers se kinders het tydens die storm verdwyn. Almal is bekommerd dat hy in die rivier verdrink het. Shereen Kannemeyer besoek DIE EERSTE WINGERD, waar sy in haar jong dae gewerk het. Regardt Bonnet ontmoet die nuwe wynmaker, David Meyer, by die kelder. Sal hulle die vermiste kind lewend kan vind?
    14 min
  • DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 1
    Ontmoet die mense van Rooivallei: Die Bonnets wat op DIE EERSTE WINGERD bly; Shereen Kannemeyer, sakevrou en gemeenskapsaktivis; Wolgang Roux, die hoteleienaar; en Lucian Bantjies die Brandweerhoof. Dit is ‘n rustige gemeenskap, tot ’n storm losbars en David Meyer opdaag.
    14 min
  • JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 22 (slot)
    Jaffie is geskok deur Oom Vaaltyn se vertelling van wat van die Meester geword het, en wat dit van hom geverg het om sý roeping te vervul. Kort daarna beleef Jaffie waarskynlik die grootse skok van sy lewe, naas die verlies van sy geliefde Mama Mamra. Gelukkig skuil daar ’n helder silwer randjie om elke donker wolk, en kry Jaffie geleentheid om Oom Vaaltyn se dodelike krinkslagbyt meesterlik toe te pas. Op die koop toe kan hy pronk met die heel mooiste eselnooientjie in die kontrei aan sy sy!
    21 min
  • JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 21
    Almal wat die humeurige Jode-dier, Lewinog, ken, is verstom oor sy gedrag toe hy sy jong eselsvul buite ’n winkel in Jerusalem begin losmaak. Vaaltyn maak Jaffie bewus van die kruis wat vaalhaar-esels op hulle rûe het en wat dit beteken. Hoekom is die kruis op swarthaar-esels se rûe ’n fout? Jaffie hoor wie die Meester is. Klein Valta se belewenis laat alle eseldiere verstom staan.
    18 min
  • JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 18
    Oeroom Gerson se wyse beginsel, baie praat, bietjie dink, slaan Jaffie dronk. Oom Vaaltyn probeer Jaffie oortuig dat selfs die regte Ribbok moontlik ’n sagte, liefhebbende eseldier mag wees, en nie ’n afskuwelike eseldierasie nie. Die Rabbi van Nasaret spreek die ou seuntjie van Josef en Maria aan soos geen ander ou seuntjie nog ooit aangespreek was of sal wees nie.
    20 min

About Middagvervolgverhaal

From the publisher's feed

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

More shows like Middagvervolgverhaal

Kortom by RSG

Kortom

0 Listeners