Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

By RSGArts
Download on the App Store

Middagvervolgverhaal episodes

  • DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 25
    Amelia gaan praat met David oor ‘n besluit wat sy moet neem - ‘n baie belangrike besluit. Shereen vind uit van die aantygings teen die hoof van die skool, en trek dadelik ‘n verband tussen die aantygings en die werkers wat staak. Daar is iemand agter al hierdie gebeure.
    12 min
  • DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 24
    Regardt besoek die Bergplaas om oor valleisake te praat, maar ook meer uit te vind oor die jong vrou wat verdwyn het. Bart maak ‘n draai by die skool se kombuis. Daar is iemand wat die skool beskuldig dat hulle van die voedingsprogram se geld steel.
    13 min
  • DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 23
    Bart en Amanda ontmoet mekaar vir aandete. Sy vind uit dat hy meer as net ‘n speurder is, en hy ontdek haar ware passies. Daar is iets aan die broei tussen die twee. Die seisoenwerkers in die Vallei gaan op ‘n staking, en David moet die situasie ontlont om die oes te red.
    13 min
  • DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 22
    Amelia wil by Regardt weet waarheen hy vir dae aan een verdwyn. Regardt wil by Amelia weet hoekom sy regtig teruggekom het plaas toe. Bart probeer by Lucian uitvind hoe die vorige aand se ete saam met Delia gegaan het, maar Lucian het onmiddellike sake waaraan hy moet aandag gee.
    13 min
  • DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 21
    Shereen wil Delia meer betrek by die Bergplaas-kinders. David probeer vir Lucian oorreed om een van die ouer brandweerwaens na die kelder se klassieke motors-dag te bring. Bart, die polisiespeurder, ondervra Lucian oor sy verbinding met die Bergplaas-mense, en wat hy weet van die meisie se verdwyning daar.
    14 min
  • DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 20
    Dis die dag van die druiwetrapfees. Die meeste mense stop eers by die kelder voor hulle na Die Eerste Wingerd toe gaan. David en Amanda geniet hulleself met die trap van die druiwe in die oop vaatjie. Amelia sien dit, en is nie gelukkig met hoe die dag uitgedraai het nie.
    13 min
  • DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 19
    Delia is bekommerd oor die kinders se voedingsplan by die skool. Amelia vertel Amanda meer van die geskiedenis van Die Eerste Wingerd. Amelia wil betrokke raak by die byeboerdery, en sy laat Wolfgang presies verstaan hoe sy oor David en die Meyers voel.
    14 min
  • DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 18
    Bart wil by Fred weet wat hy kan onthou van die drie vroue se verdwyning. Shereen moet Delia moed inpraat ná ‘n moeilike dag by die plaasskool. Wolfgang probeer aan Amanda verduidelik hoekom die Bonnets en die Meyers mekaar nie kan verdra nie.
    14 min
  • DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 17
    Delia Davids, die nuwe juffrou by die plaasskool, beleef haar eerste dag van klas gee op die platteland. Shereen vertel vir Bart meer oor die gebeure van haar dogter se verdwyning 15 jaar gelede. David besluit dat die Kelder ook ‘n wyntrapfees sal hê, iets waarvan die Bonnets niks hou nie.
    15 min
  • DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 16
    Fred Smith, die skoolhoof, en Shereen bespreek die nuwe juffrou wat by die plaasskool begin. Bart is besig om met polisielint die droë dam af te skort. Amelia konfronteer hom hieroor. Fred gaan hoor by David of hy die krieketspan sal afrig, en Bart ondervra Shereen oor die verdwyning van haar dogter.
    12 min

About Middagvervolgverhaal

From the publisher's feed

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

More shows like Middagvervolgverhaal

Kortom by RSG

Kortom

0 Listeners