Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.
March 04, 2026JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 3Vaaltyn en Jaffie onthou ’n dag wat hulle nooit sal kan vergeet nie. ’n Dag wat vir die res van sy lewe by Vaaltyn sal spook. Vaaltyn onthou ’n gesprek met Ribbok en sy vaalhaar-eselbloed raak sommer weer opnuut aan die kook! Jaffie ontvang ontstellende nuus van Vaaltyn waarmee hy nog lank sal worstel....more18minPlay
March 03, 2026JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 2Vaaltyn skraap moed bymekaar om met Jaffie te praat oor sy oorlee Mama Mamra. Hy onthou ’n gesprek met Mamra waartydens sy haar spyt uitgespreek het oor ’n vreeslike ervaring wat sy moes deurmaak. Tóg het sy daardie dag ’n belangrike vraag aan Vaaltyn gestel, wat sy hart baie bly gemaak het....more18minPlay
March 02, 2026JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 1Vir die radio verwerk deur Eben Cruywagen. Oom Vaaltyn is omgekrap omdat Jaffie by hom melk soek. Sy gedagtes dwaal na gelukkiger dae toe hy met sy geliefde Mamra kon praat oor Jaffie wat gespeen moet raak......more17minPlay
February 27, 2026FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 40 (slot)Cor konfronteer sy pa, en verwyte en beskuldigings word afgevuur. Dan gee Cor die doodskoot – hy het Piet se ou selfoon in die hande gekry. Piet het geen ander keuse as om in te gee aan Cor se vereiste nie. Cor skakel ‘n ou vriend, en Maureen gee aan Cor die kinderboekie met sy gunsteling storie wat sy vir hom as klein seuntjie gelees het. Dan val daar ‘n foto agter uit die boekie... Wie is Cornelius de Lange?...more17minPlay
February 26, 2026FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 39Cor en Anika geniet ‘n romantiese ete by ‘n eksklusiewe restaurant. Cor druk vir Anika in ’n hoek, en haar en Piet se skelm verhouding word ontbloot. Cor vind uit dat hierdie nie die eerste keer is nie en dat sy pa bekend daarvoor is om skelm verhoudings te hê. Janine is opgewonde oor Stefan se besluit om hulp te kry. Dan is daar ‘n klop aan die deur... Stefan het nooit by die sentrum aangemeld nie....more15minPlay
February 25, 2026FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 38Cor besluit om vir ‘n laaste keer sy pa te oorreed om die aanstelling van die nuwe bestuurshoof te heroorweeg. Cor vind ‘n ou foto van hom in Maureen se handsak. Maureen gee aan Cor ‘n peperduur hotelrekening wat hy aan Piet moet oorhandig. Cor pols vir Piet oor die rekening. Dan is daar ook sy pa se skielike reisplanne na Parys, en die bekende parfuumreuk in sy kantoor......more15minPlay
February 24, 2026FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 37Groot is Cor se verbasing as hy die skielike ommeswaai in sy broer sien. Stefan besluit om homself by ‘n rehabilitasiesentrum in te boek. Cor vertel aan Stefan dat hulle pa besluit het om ‘n nuwe bestuurshoof van buite af aan te stel. Die gesin klink oudergewoonte ‘n glasie op veiligheid en voorspoed. Soms besef ‘n mens nie jy deel ‘n laaste oomblik saam met jou geliefdes nie, maar Stefan weet wel dit is die geval....more14minPlay
February 23, 2026FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 36Daar heers ‘n somber gevoel in die kantore van Fortuna Trans. Rian is pas gearresteer vir die moord op Shorty Swanepoel. Anika is bekommerd oor die toekoms van Fortuna Trans. Piet en Cor het ‘n hewige woordewisseling. Piet is teleurgesteld in Cor, en beskou hom as ‘n verraaier. ‘n Nuwe aanstelling moet gemaak word - Fortuna Trans sal nie verder deur ‘n Du Preez bestuur word nie....more15minPlay
February 20, 2026FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 35Rian blaas in Cor se nek oor hulle volgende aflewering in Mosambiek. Cor sit met sy hande in sy hare, want hulle het nie meer ‘n drywer nie. Norman kuier by Laurinda. Vir die eerste keer voel hy veilig, en in sy ouma se teenwoordigheid deel hy ‘n bietjie van sy seer. Rian word ingeroep deur sersant Fortuin vir ‘n laaste ondervragingsessie. Dan is daar ‘n klop aan die deur. Rian was reg – “familie” het ‘n ingewikkelde definisie by Fortuna Trans....more16minPlay
February 19, 2026FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 34Piet beveel Anika en Cor om hom dadelik te kom sien. Piet is woedend omdat die verdwyning van sy kleinkind van hom weggesteek is. In ‘n oomblik van woede raak hy persoonlike inligting kwyt wanneer hy vir Anika uittrap. Cor is agterdogtig. Waarom praat sy pa met Anika asof hy haar veel beter ken as wat hy voorgee? Sy is tog net die assistentsekretaresse, dan nie?...more14minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.