Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.
March 24, 2014DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 3Arend Brummer en Barend Voster praat oor Arend se duiwe en wat sy planne vir hulle is. Roman en Dice beraam 'n plan waar hulle die weeklikse Bingo-byeenkoms gaan beroof....more12minPlay
March 23, 2014DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 2Oom Barend is 'n instelling by die Hokke en hy praat Michelle moed in. Letitia Samuels is nie net polities ambisieus nie, maar raak ook betrokke in Roman se planne. Arend Brummer is 'n regte kapokhaantjie en vol planne. Ongelukkig vir hom is Michelle nie lus vir sy praaitjies nie....more11minPlay
March 23, 2014DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 1Dis Michelle Silver se eerste dag as gemeenskapswerker in die Hokke. Die Munisipaliteitswoonstelblokke is 'n rowwe plek en sy kry dadelik die wind van voor. Roman Struwig is 'n suksesvolle besigheidsman en probeer Dice de Bruin ompraat om met hom sake te doen....more12minPlay
March 19, 2014WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 50 (slot)Wie is die reeksmoordenaar en wat het hom tot die gruweldade gedryf? Wie het Perus Dickson Maasdorp vermoor? En hoe het Sarie Becker gesterf? Kom Tom uiteindelik uit sy koma? Hierdie sluit WEERWRAAK dan af. Druk gerus op die skakel hieronder en luister na RSG se volgende opwindende reeks, DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich...more16minPlay
March 18, 2014WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 49Alles is gereed vir Charmaine Frost se groot ontsnapping. Dr. Hattingh wil weet wie die geheimsinnige Meneer X is. Bobbie Hattingh is terug in Suid-Afrika met 'n swaar vrag wat sy van haar hart wil afkry. Amor Truter besluit dis tyd om te sien hoe verloop 'n dag in die lewe van 'n Russiese spioen. Sy voorsien nie die dramatiese gevolge nie....more14minPlay
March 17, 2014WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 48Magdalena Hattingh besoek Tom in die hospitaal om haar hart leeg te maak. Haar hantering van Charmaine Frost en Dick Nolte word 'n skaakspel wat vernuftige skuiwe verg. Wie gaan vir wie skaakmat?...more15minPlay
March 14, 2014WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 47Amor Truter se besoek aan Londen lewer die een na die ander skok op. Magdalena Hattingh is vasberade om haar plan vir 'n Hattingh-nageslag deur te voer ongeag die koste. Wie verdwyn?...more14minPlay
March 13, 2014WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 46Wie sit agter die aanval op Martin Truter? Gaan hy dit oorleef? Charmaine Frost weet baie en Amor Truter besoek haar in die tronk om afsluiting oor haar ma te kry. Wat is die goeie nuus wat dr. Hattingh aan Amor wil meedeel?...more14minPlay
March 12, 2014WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 45Martin Truter is erg onsteld oor wie almal Joanne Buckley se begrafnis in Londen bywoon. Sake verloop ook nie soos dit moet nie. Dick Nolte is weer in die moeilikheid maar hy omskep die verleentheid in 'n geleentheid. Wat voer hy in die mou?...more14minPlay
March 11, 2014WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 44Tom Hattingh se toestand ontstel sy ma so, dat sy sekere voorsorgmaatreëls begin tref. Wat is die jongste krisis waarmee Martin Truter gekonfronteer word?...more13minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.