Louis het vir Louis junior gevra om in te kom. Uiteindelik kry hulle ‘n geleentheid om te praat. Lewies deel sy wense met Louis junior. Professor Simpson het nie enige hoop nie. Jan en Thérèse wil hom sien, maar Nita en Ans is ook daar. Louis wil ‘n onsmaaklike ontmoeting vermy en probeer die laaste besoek slim koördineer. Louis stel Liz aan Nita voor, en verseker haar dat hulle na haar sal kyk. Thérèse deel haar gevoelens oor die laaste oomblikke. Terugflitse maal in Jan se kop. Nita verlaat nie Louis se sy nie. ‘n Lang toon kondig die einde aan. Verwyte en herinneringe is al wat oorbly. ‘n Klein kapel is die plek wat almal dwing om naby mekaar te wees. Nita wou vir ‘n paar dae al niks eet nie, maar iemand kon haar oortuig. Liz het haar meegedeel dat sy swanger is, en dat Louis Klopper vir altyd in haar sal voortleef.