Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

By RSGArts
Download on the App Store

Middagvervolgverhaal episodes

  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 56
    Klets besoek vir Sannie by die rehabilitasiesentrum om uit te vind of sy gaan terugkom nadat Rachel vir Moolman geskiet het. Frans en pastoor woon Rachel se eerste verhoor by, waar sy borgtog kry. Pieter wil nie hê Rachel moet namens hom die skuld dra vir Moolman se dood nie.
    15 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 55
    Moolman is woedend vir Rachel nadat sy die kliënt, vir wie sy 'n private dans moes doen, met sy drankie in die gesig gooi. Rachel vlug toe Moolman haar wil aanval, en daag by die karavaan op terwyl Pieter gereed maak om kerk toe te gaan. Klets hoor 'n rewolwerskoot in die agterplaas…
    14 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 54
    Louw bring Frans se rewolwer terug, en beloof hy sal 'n ogie oor Rachel hou. Klets skaf 'n stel tweerigtingradios aan, en laat Pieter een van die radios by hom dra vir veiligheid. Moolman reël dat Rachel 'n private dans vir een van sy belangrike kliënte doen.
    14 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 53
    Frans dreig vir Moolman, wat in reaksie vir Louw Visagie bel om hom te kom haal. Rachel het nie meer geld vir die hotelkamer waar sy en Pieter wegkruip nie, en besluit om terug te gaan na Moolman toe. Sannie vertel vir Frans sy wil vir alkoholverslawing-rehabilitasie gaan.
    13 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 50
    Klets en Sannie loop die akteur raak by die supermark, en Sannie nooi hom na Pieter se verjaarsdagpartytjie. Pieter vertel vir Frans dat Rachel by hom was en 'n blou oog het nadat Moolman haar geslaan het. Moolman daag onverwags op by Pieter se verjaardag en soek vir Rachel.
    14 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 48
    Moolman wil hê Rachel moet gaan dans by 'n rampartytjie, maar sy weier. Frans besoek vir Sannie by die plek vir haweloses en smeek haar om huis toe te kom. Sannie aanvaar Gerda se aanbod om tydelik by haar te gaan woon.
    14 min

About Middagvervolgverhaal

From the publisher's feed

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

More shows like Middagvervolgverhaal

Kortom by RSG

Kortom

0 Listeners