Klets merk dat Pieter nie die vorige aand in sy kamer geslaap het nie, en is bekommerd oor hom. Louw besoek vir Moolman by die nagklub om uit te vind of hy weet waar Rachel haar bevind.
Klets vertel vir Louw Visagie dat Moolman vir Rachel kom soek het. Frans is bekommerd oor Sannie wat al meer teruggetrokke raak, en is bang sy drink weer skelm. Rachel bel vir Pieter uit die bloute.
Klets en Sannie loop die akteur raak by die supermark, en Sannie nooi hom na Pieter se verjaarsdagpartytjie. Pieter vertel vir Frans dat Rachel by hom was en 'n blou oog het nadat Moolman haar geslaan het. Moolman daag onverwags op by Pieter se verjaardag en soek vir Rachel.
Moolman wil sy geld terughê ná die fiasko by die rampartytjie. Rachel daag in die middel van die nag by Pieter op met 'n blou oog nadat sy en Moolman rusie gehad het. Sannie besluit om terug te gaan.
Moolman wil hê Rachel moet gaan dans by 'n rampartytjie, maar sy weier. Frans besoek vir Sannie by die plek vir haweloses en smeek haar om huis toe te kom. Sannie aanvaar Gerda se aanbod om tydelik by haar te gaan woon.
Frans soek vir Sannie, en vind haar by Giel se Gat. Klets vra vir Gerda om te help om Sannie te vind. Gerda gaan soek vir Sannie, en vind haar by 'n plek vir haweloses. Sy probeer haar oortuig om huis toe te kom.
Frans is woedend vir Sannie wat skelm drink, en sluit haar in die karavaan toe. Pieter besoek Rachel by haar woonstel, en sy vra hom om haar nie weer te kontak nie. Klets dreig om die Welsyn te bel toe Frans en Sannie weer baklei.
Klets neem vir Pieter na Louw Visagie om hom te vertel van die geheimsinnige pakkie wat Rachel vir Moolman in Durban gaan aflewer. Louw keer Rachel voor by die lughawe en onderskep die pakkie.
Pieter doen aërobiese oefeninge saam met Klets, en kla dat sy besig is om sy lewe oor te neem. Frans besoek vir Moolman en vertel hom die polisie het kom navraag doen oor Nico se verdwyning. Rachel stem in om die pakkie vir Moolman in Durban saam met Natasja af te lewer.
Frans wys sy nuwe klere vir Sannie, en sy en Klets dink hy lyk meer soos 'n rugbyondersteuner as iemand wat werk soek. Moolman neem Rachel op 'n verrassingsuitstappie en maak haar 'n aanbod om meer geld te verdien as wat sy met die dansery by die nagklub verdien.
14 min
About Middagvervolgverhaal
From the publisher's feed
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.