Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 2,994 episodes available.
March 06, 2026JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 5Jaffie gedra hom baie sleg in die koeikraal en haal homself die gramskap van Oom Vaaltyn op die hals. Jaffie hoor vir die eerste keer dat Tant Moffie, al is sy ’n koeidier, sy oorlee Mama Mamra se beste vriendin op Uitkyk was. Vaaltyn vertel Jaffie iets van Moffie wat hom verby sy stuitjie laat gril! Hy leer ook van die herkoms van muildiere en botterkoppe – en kry die ernstige vermaning van Oom Vaaltyn om tog nooit tot daardie vlak te daal nie....more18minPlay
March 05, 2026JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 4Jaffie moet erken dat hy die storie van Weltevrede en die nimmereindigende botterblomvelde nie kan glo nie, wat Vaaltyn ontstel. Vaaltyn wens hy kon na Weltevrede gaan waar Mamra op hom sou wag. Jaffie wil weet waar die Bokveld is, en hy hoor vir die eerste keer van die binneste en die buitenste esel. Hy maak ook vir die eerste keer kennis met die wysheid van Oeroom Gerson....more18minPlay
March 04, 2026JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 3Vaaltyn en Jaffie onthou ’n dag wat hulle nooit sal kan vergeet nie. ’n Dag wat vir die res van sy lewe by Vaaltyn sal spook. Vaaltyn onthou ’n gesprek met Ribbok en sy vaalhaar-eselbloed raak sommer weer opnuut aan die kook! Jaffie ontvang ontstellende nuus van Vaaltyn waarmee hy nog lank sal worstel....more18minPlay
March 03, 2026JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 2Vaaltyn skraap moed bymekaar om met Jaffie te praat oor sy oorlee Mama Mamra. Hy onthou ’n gesprek met Mamra waartydens sy haar spyt uitgespreek het oor ’n vreeslike ervaring wat sy moes deurmaak. Tóg het sy daardie dag ’n belangrike vraag aan Vaaltyn gestel, wat sy hart baie bly gemaak het....more18minPlay
March 02, 2026JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 1Vir die radio verwerk deur Eben Cruywagen. Oom Vaaltyn is omgekrap omdat Jaffie by hom melk soek. Sy gedagtes dwaal na gelukkiger dae toe hy met sy geliefde Mamra kon praat oor Jaffie wat gespeen moet raak......more17minPlay
February 27, 2026FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 40 (slot)Cor konfronteer sy pa, en verwyte en beskuldigings word afgevuur. Dan gee Cor die doodskoot – hy het Piet se ou selfoon in die hande gekry. Piet het geen ander keuse as om in te gee aan Cor se vereiste nie. Cor skakel ‘n ou vriend, en Maureen gee aan Cor die kinderboekie met sy gunsteling storie wat sy vir hom as klein seuntjie gelees het. Dan val daar ‘n foto agter uit die boekie... Wie is Cornelius de Lange?...more17minPlay
February 26, 2026FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 39Cor en Anika geniet ‘n romantiese ete by ‘n eksklusiewe restaurant. Cor druk vir Anika in ’n hoek, en haar en Piet se skelm verhouding word ontbloot. Cor vind uit dat hierdie nie die eerste keer is nie en dat sy pa bekend daarvoor is om skelm verhoudings te hê. Janine is opgewonde oor Stefan se besluit om hulp te kry. Dan is daar ‘n klop aan die deur... Stefan het nooit by die sentrum aangemeld nie....more15minPlay
February 25, 2026FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 38Cor besluit om vir ‘n laaste keer sy pa te oorreed om die aanstelling van die nuwe bestuurshoof te heroorweeg. Cor vind ‘n ou foto van hom in Maureen se handsak. Maureen gee aan Cor ‘n peperduur hotelrekening wat hy aan Piet moet oorhandig. Cor pols vir Piet oor die rekening. Dan is daar ook sy pa se skielike reisplanne na Parys, en die bekende parfuumreuk in sy kantoor......more15minPlay
February 24, 2026FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 37Groot is Cor se verbasing as hy die skielike ommeswaai in sy broer sien. Stefan besluit om homself by ‘n rehabilitasiesentrum in te boek. Cor vertel aan Stefan dat hulle pa besluit het om ‘n nuwe bestuurshoof van buite af aan te stel. Die gesin klink oudergewoonte ‘n glasie op veiligheid en voorspoed. Soms besef ‘n mens nie jy deel ‘n laaste oomblik saam met jou geliefdes nie, maar Stefan weet wel dit is die geval....more14minPlay
February 23, 2026FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 36Daar heers ‘n somber gevoel in die kantore van Fortuna Trans. Rian is pas gearresteer vir die moord op Shorty Swanepoel. Anika is bekommerd oor die toekoms van Fortuna Trans. Piet en Cor het ‘n hewige woordewisseling. Piet is teleurgesteld in Cor, en beskou hom as ‘n verraaier. ‘n Nuwe aanstelling moet gemaak word - Fortuna Trans sal nie verder deur ‘n Du Preez bestuur word nie....more15minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 2,994 episodes available.