Frans soek vir Sannie, en vind haar by Giel se Gat. Klets vra vir Gerda om te help om Sannie te vind. Gerda gaan soek vir Sannie, en vind haar by 'n plek vir haweloses. Sy probeer haar oortuig om huis toe te kom.
Frans is woedend vir Sannie wat skelm drink, en sluit haar in die karavaan toe. Pieter besoek Rachel by haar woonstel, en sy vra hom om haar nie weer te kontak nie. Klets dreig om die Welsyn te bel toe Frans en Sannie weer baklei.
Klets neem vir Pieter na Louw Visagie om hom te vertel van die geheimsinnige pakkie wat Rachel vir Moolman in Durban gaan aflewer. Louw keer Rachel voor by die lughawe en onderskep die pakkie.
Pieter doen aërobiese oefeninge saam met Klets, en kla dat sy besig is om sy lewe oor te neem. Frans besoek vir Moolman en vertel hom die polisie het kom navraag doen oor Nico se verdwyning. Rachel stem in om die pakkie vir Moolman in Durban saam met Natasja af te lewer.
Frans wys sy nuwe klere vir Sannie, en sy en Klets dink hy lyk meer soos 'n rugbyondersteuner as iemand wat werk soek. Moolman neem Rachel op 'n verrassingsuitstappie en maak haar 'n aanbod om meer geld te verdien as wat sy met die dansery by die nagklub verdien.
Pieter is geskok wanneer hy die tydrooster sien wat Klets vir hom uitgewerk het. Louw Visagie besoek Rachel by Moolman se nagklub om uit te vind wanneer laas sy vir Nico gesien het, en deel haar die nuus mee dat hulle Nico se lyk op 'n mynhoop gevind het.
Frans besluit hy gaan sy hare laat sny en vir hom klere koop, maar is geheimsinnig oor hoekom hy dit wil doen. Sannie konfronteer Klets omdat Klets kwansuis besig is om Pieter van Sannie te vervreem. Visagie lê besoek af by Frans om hom te ondervra oor Nico se verdwyning.
Blikkies se begrafnis word gehou, en Klets bly agter by Blikkies se graf. Frans is ontsteld as hy vir Sannie vang wat skelm drink. Klets besluit sy gaan voortaan Pieter se roetine vir hom reël.
Gerda ontmoet Rachel om met haar te gesels oor haar dansery by Moolman se nagklub. Klets is emosioneel oor Blikkies se begrafnis wat op hande is. Frans vra die pastoor om saam met hom na die nagklub te gaan waar Rachel dans, en is geskok as hy sy dogter voor almal sien ontklee.
Klets besluit sy gaan Blikkies se buitekamer vir Pieter inrig sodat hy daar kan bly. Pieter vertel vir Frans dat Nico spoorloos verdwyn het en dat sy ouers hom as vermis by die polisie gaan aangee het. Frans verras Sannie met 'n romantiese ete en alkohol-vrye sjampanje.
15 min
About Middagvervolgverhaal
From the publisher's feed
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.