Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

By RSGArts
Download on the App Store

Middagvervolgverhaal episodes

  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 25
    Sannie is verbaas wanneer sy uitvind dat Rachel terug is, en wil weet wat verkeerd geloop het met Alet. Pieter gaan soek vir Frans by Giel se Gat nadatFrans die vorige aand nie huis toe gekom het nie. Sannie is ontsteld wannear Frans dronk opdaag en boonop vir Moolman saamgenooi het om by hulle te kom eet.
    14 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 24
    Rachel besluit om by Alet se woonstel uit te trek en tydelik weer by Sannie en Pieter in die karavaan te gaan bly. Moolman pak die skuld op Alet dat Rachel nie meer by die nagklub wil dans nie, en vra haar om uit die woonstel te trek. Nico vertel vir Moolman dat hy Frans by Giel se Gat sal vind.
    12 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 23
    Die perd waarop Frans met Nico se geld gedobbel het, wen naelskraap die perderen. Frans besluit om dit met 'n bier te vier. Moolman laat glip aan Rachel dat hy Alet betaal het om Rachel te lok om by die nagklub te kom dans. Die Nigeriër, Gift, weier om die selfone aan Frans te verkoop.
    14 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 22
    Nico vertel vir Pieter van die ooreenkoms wat hulle aangegaan het om selfone te koop en verkoop. Pieter is woedend dat sy pa agter sy rug met Nico konkel. Frans kry Nico se R1,000 by hom, en plaas die geld op 'n perderenweddenskap sonder dat Nico dit besef.
    13 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 21
    Rachel vertel vir Alet van haar ervaring om in die nagklub te dans, en dat sy baie gespanne was. Frans besluit om geld bymekaar te maak en saam met Nico in 'n vennootskap te gaan met die koop en verkoop van die gesteelde selfone.
    13 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 20
    Klets verneem by die hospitaal dat Blikkies se biopsie wys dat hy wel kanker het, en dat hulle sal moet opereer. Moolman vra vir Rachel om 'n proeflopie te kom dans by die nagklub. Sannie verbied vir Pieter om verdere kontak met Nico te hê. Rachel konfronteer Pieter oor die R200 wat hy uit die kasregister gesteel het by haar werk.
    14 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 19
    Rachel gaan kyk saam met Moolman na die dansvloer by die nagklub, en sy gaan 'n ooreenkoms met hom aan. Frans probeer by Pieter uitvis waar hy aan die geld gekom het. Rachel vertel Sannie van Pieter se planne om gesteelde selfone te verkoop, en Sannie laat Pieter terugtrek in die karavaan.
    13 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 18
    Sannie vind geld in Blikkies se kamer waar Pieter slaap, en is bekommerd dat Pieter dalk by by iets onwettig betrokke is. Rachel ontmoet vir Moolman, en vra hom om vir Gift, die Nigeriër, te vra om nie gesteelde goedere aan hulle te verkoop nie. Frans besluit om ondersoek in te stel na wat aangaan.
    13 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 17
    Rachel konfronteer vir Nico oor die speletjies wat hy en Pieter koop en verkoop, en dring aan om die persoon te ontmoet by wie hulle die gesteelde goed koop. Sannie is effe jaloers as sy sien hoe vriendelik Frans en Klets met mekaar geraak het. Rachel vra Nico om haar te gaan wys waar Moolman woon.
    13 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 16
    Nico vertel vir Pieter dat hulle selfone kan koop by die persoon by wie hulle die speletjies gekoop het. Pieter probeer by Rachel geld leen om van die gesteelde selfone te koop. Klets is ontsteld toe sy verneem Blikkies moet moontlik 'n operasie ondergaan, en vra Sannie om saam te gaan hospitaal toe.
    14 min

About Middagvervolgverhaal

From the publisher's feed

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

More shows like Middagvervolgverhaal

Kortom by RSG

Kortom

0 Listeners