Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

By RSGArts
Download on the App Store

Middagvervolgverhaal episodes

  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 15
    Sannie is bekommerd omdat Pieter nie die vorige aand teruggekom het nie, en gaan kyk of hy nie by Rachel oorgeslaap het nie. Klets deel Frans mee dat sy besluit het hy kan maar haar huis se dak verf. Alet en Rachel neem Sannie na Nico se huis om uit te vind of Pieter dalk daar oorgeslaap het.
    14 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 14
    Die akteur daag nie op vir die afspraak met Klets nie, en Sannie moet haar troos. Sannie vertel vir Pieter dat hy in Blikkies se kamer kan bly tot Blikkies uit die hospitaal ontslaan word. Klets is beïndruk met die veranderinge wat Frans aan haar tuin gebring. Frans vra vir Sannie of hy kan terugtrek in die karavaan.
    15 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 13
    Pieter word by die skool geboelie, en Nico tree vir hom in die bres. Klets kom vra vir Sannie om vir haar en die akteur ook van haar ouma se skenkelbredie te maak. Nico vertel vir Pieter dat hy 'n manier gevind het waarmee hulle vinnig geld kan maak. Klets wag senuweeagtig vir haar akteurgas om op te daag.
    15 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 12
    Frans vertel vir Sannie dat pastoor vir hom gebid het, en dat die drankduiwel uitgedryf is. Alet bieg teenoor Rachel dat sy Moolman geld skuld. Rachel stel voor hulle verkoop Alet se motor, en hulle gaan soek 'n koper. Frans doen tuinwerk, en Klets jaag hom van haar rose af weg.
    15 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 11
    Moolman daag nie op vir sy eteafspraak met Rachel en Alet nie, en vra dat hulle hom eerder later by sy nagklub ontmoet. Rachel weier, en Alet is kwaad vir haar. Pieter vra vir Nico uit oor Moolman, en Nico gaan wys hom waar Moolman woon. Sannie gaan kyk waar die klerewinkel is waar Rachel werk.
    13 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 10
    Frans vra vir Klets om verskoning vir sy gedrag, en belowe hy sal wegbly van Blikkies in die hospitaal. Pieter besluit om Rachel te nader om 'n storie oor haar vir sy skooltaak te doen. Klets en Sannie vertrek na die Helpende Hand-kostent om die akteur te soek wat Klets hoop vir haar toneelspelklasse sal gee.
    15 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 9
    Klets is erg bekommerd oor Blikkies, en hulle wag op die uitslag van die dokter se toetse. Alet besoek vir Rachel by die klerewinkel en vertel haar dat Moolman haar baie graag wil ontmoet. Frans daag by die hospitaal op om vir Blikkies te kuier, maar Klets verbied hom om Blikkies te sien.
    15 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 8
    Rachel kry werk as ontvangsdame by 'n klerewinkel, en besluit om nie saam met Alet by die nagklub te gaan werk nie. Blikies word in die hospitaal opgeneem vir toetse, en Klets is radeloos bekommerd oor hom. Sannie vra vir Pieter om haar na die woonstel te neem waar Rachel saam met Alet woon.
    14 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 7
    Sannie en Klets besoek die nagklub, en moet verby die deurwagte probeer kom. Frans kom dronk tuis ná sy kuier by Giel se Gat, en kuier saam met Blikkies wat te veel drink en siek word. Klets is woedend vir Frans as sy Blikkies die volgende oggend dronk en siek in sy kamer aantref.
    15 min
  • AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 6
    Sannie vertel nie vir Frans dat sy die adres van die nagklub het waar Rachel blykbaar werk nie. Sy vra vir Klets om saam met haar die klub te besoek. Klets vra vir Blikkies om hom uit die Conradies se lewens te hou. Sy is bekommerd oor Blikkies se gesondheid.
    16 min

About Middagvervolgverhaal

From the publisher's feed

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

More shows like Middagvervolgverhaal

Kortom by RSG

Kortom

0 Listeners