Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,396 episodes available.
February 21, 2022Monitor 21 Februarie 2022 - Deel 1Sommige lede van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging is omgekrap oor dr. Angelique Coetzee se skorsing as raadslid. 'n Sogenaamde Quantum-bende voer 'n skrikbewind in Macassar op die Kaapse Vlakte. Ons praat oor gebaretaal as 'n medium van kommunikasie tussen horendes en niehorendes....more43minPlay
February 18, 2022Monitor 18 Februarie 2022 - Deel 2Die Nasionale Vervolgingsgesag wil die privaatsektor vir befondsing nader. Die SAA Mediese Vereniging het aangekondig dat dr. Angelique Coetzee as voorsitter van die liggaam bedank het. Leon van Nierop resenseer die opspraakwekkende THE TINDER SWINDLER. En, ons woord van die week is platanna....more45minPlay
February 18, 2022Monitor 18 Februarie 2022 - Deel 1Suid-Afrika se swak wetgewing en maatreëls om geldwassery te bekamp, kan hom ernstige sanksies op die hals haal. Brittanje wil goue visums vir Russe staak as straf vir president Poetin. Die sensussperdatum gaan dalk verleng word....more40minPlay
February 17, 2022Monitor 17 Februarie 2022 - Deel 2President Cyril Ramaphosa vra geduld vir sy omkeerstrategieë. Die Outomobiel Assosiasie pleit dat brandstofheffings nie verhoog moet word nie. 'n Uitspraak deur die Konstitusionele Hof oor swart ekonomiese bemagtiging word in sekere oorde as 'n geskiedkundige deurbraak beskou....more42minPlay
February 17, 2022Monitor 17 Februarie 2022 - Deel 1Sommige polisiebeamptes is sku vir berading ná traumatiese voorvalle. Daar is toenemende bewyse dat stamselbehandeling MIV-Vigs in sekere gevalle kan genees. 'n Regstryd ontwikkel oor die naamsverandering van Hoërskool DF Malan in Kaapstad....more38minPlay
February 16, 2022Monitor 16 Februarie 2022 - Deel 2Parlementslede debatteer oor die regering se ekonomiese verantwoordelikheid en staatskaping. Ons kry reaksie by politieke ontleder dr. Harlan Cloete oor die tweede dag van die debat oor die staatsrede. 'n Baba van Atlantis buite Kaapstad by wie 'n seldsame bloedkanker gediagnoseer is, wag op 'n stamselskenker....more44minPlay
February 16, 2022Monitor 16 Februarie 2022 - Deel 1Die Openbare Beskermer gaan die agterstand in die verwerking van DNS-monsters by die polisie se forensiese afdeling ondersoek. Die Menseregtekommissie besoek Klawer om vas te stel waar die owerheid die dertienjarige Jerobejin van Wyk versaak het. Die gasvryheidsbedryfsliggaam, Fedhasa, sê Suid-Afrika se elektroniese visumstelsel werk nie....more48minPlay
February 15, 2022Monitor 15 Februarie 2022 - Deel 2Die DA wil 'n mosie van wantroue teen die hele kabinet by die parlement indien. Boere is ongelukkig oor 'n plan om Eskom te dwing om krag uitsluitlik aan munipaliteite te verskaf. Ons praat oor diere wat bloed skenk, of dit in noodgevalle ontvang....more44minPlay
February 15, 2022Monitor 15 Februarie 2022 - Deel 1President Cyril Ramaphosa se staatsrede word in die parlement geprys én gekritiseer. Die Universiteit van Pretoria ontken dat studente verbied word om Afrikaans in die koshuis te praat....more38minPlay
February 14, 2022Monitor 14 Februarie 2022 - Deel 2Die Departement van Basiese Onderwys oorweeg dit om die mag oor te neem van openbare skole om self oor hulle taal- en toelatingsbeleid te besluit. Die president van Tunisië versterk sy greep op die land se regbank. Walliese navorsers het bewyse dat daar chemikalieë in otters is wat in kleefplastiek voorkom....more40minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,396 episodes available.