Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,396 episodes available.
January 31, 2022Monitor 31 Januarie 2022 - Deel 1Mediavryheidorganisasies sê die afdanking van die SAUK se nuushoof, Phatiswa Magopeni, dui op politieke inmenging by die openbare uitsaaier. Oudpresident Jacob Zuma se aansoek om appèl in die wapenskandaal word aangehoor. Die tesourie skuld die Spesiale Ondersoekeenheid R216-miljoen vir die ondersoek na korrupsie oor COVID persoonlike beskermende toerusting....more37minPlay
January 28, 2022Monitor 28 Januarie 2022 - Deel 2'n Ekonoom verduidelik wat nóg 'n rentekoersverhoging vir die verbruiker inhou. Leon van Nierop vertel van 'n rateltaai-film oor 'n vrou wat uit die tronk vrygelaat word....more42minPlay
January 28, 2022Monitor 28 Januarie 2022 - Deel 1Wat voer Rusland in die mou met die bande wat hy met lande smee? Ons praat met 'n politieke ontleder. Koos Roets lig die sluier oor sy Gerrie Coetzee-rolprent....more38minPlay
January 27, 2022Monitor 27 Januarie 2022 - Deel 2Diplomate van 13 lande oorhandig geloofsbriewe aan president Cyril Ramaphosa. Die oudste grondeiser in Distrik Ses in Kaapstad, Shariefa Kahn, sterf voor sy in haar nuwe huis kon intrek. Agri-SA se leiers vergader met die Minister van Landbou, Thoko Didiza, en 'n reeks besluite word geneem....more44minPlay
January 27, 2022Monitor 27 Januarie 2022 - Deel 1Die ANC vra die polisie om die saak van die geskorste provinsiale minister van Gemeenskapsveiligheid, Atbert Fritz, te ondersoek. 'n Mediese span van Tygerberg-hospitaal verwyder 'n groot gewas uit 'n 35 week oue fetus. Sowat 850 werknemers van die staatsonderneming, PetroSA, kan in die pad gesteek word....more41minPlay
January 26, 2022Monitor 26 Januarie 2022 - Deel 2Sommige ontleders sê 'n militêre inval in Oekraïne is oppad, nadat verskeie lande hulle diplomate uit Kiëf onttrek. Khoi-aktiviste sê die ontwikkeling van Amazon se hoofkwartier in Afrika vernietig 'n kultuurerfenisgebied....more46minPlay
January 26, 2022Monitor 26 Januarie 2022 - Deel 1Onderhoude vir 'n nuwe hoofregter van die Konstitutionale Hof begin in Februarie. Ons vind meer uit oor die vier kanidate. 'n Verslag deur die Spesiale Ondersoekeenheid wys dat 62% van Covid-19-verwante verkrygingsprosedures onreëlmatig was. Die EFF ontbind sy provinsiale leierskap in Limpopo. Gemeenskapslede van Rustenburg sê hulle baat nie by mynaktiwiteite in die gebied nie. Ons kry die jongste oor verskeie brande wat woed in die berge tussen Worcester en Touwsrivier in die Wes-Kaap. Die publiek word versoek om aanlyn te registreer vir die 2022-sensus....more43minPlay
January 25, 2022Monitor 25 Januarie 2022 - Deel 2Die lening van die Wereldbank aan Suid-Afrika word bevraagteken. Weerstand teen verpligte inenting is aan die oplaai. Huldeblyke stroom in ná die dood van die invloedryke Suid-Afrikaanse teoloog, prof. Jaap Durand....more44minPlay
January 25, 2022Monitor 25 Januarie 2022 - Deel 1Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, stel 'n waarnemende provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid aan ná die skorsing van Albert Fritz. Die ANC-parlementslid Mervyn Dirks doen regsstappe teen sy skorsing. Onderwysers by die Phomolong Sekondêre Skool in Tembisa aan die Oos-Rand sê hulle vrees vir hulle lewe nadat die adjunkskoolhoof voor die skoolhek doodgeskiet is....more41minPlay
January 24, 2022Monitor 24 Januarie 2022 - Deel 2Die stof het nog nie gaan lê nie oor die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, se aanval op die grondwet en regters. Ons bespreek die nalatenskap van die ontslape polisieman, Frank Dutton. Die Blou Bulle se president doen 'n beroep op SA Rugby om sportstadions weer tot volle kapasiteit oop te stel vir toeskouers....more46minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,396 episodes available.