Die gesondheisprodukte-beheeraad, Sahpra, sê die tydelike staking van inentings met die Johnson & Johnson-entstof moet opgehef word. 'n Voorstel dat laerskoolleerders weer voltyds skool moet bywoon, word deur die departement van basiese onderwys oorweeg. 'n Kaapse regisseur se rolprent, Love and Monsters, is vir 'n Oscar-toekenning benoem. Switserse en Walliese wetenskaplikes is besig om nuwe veevoer vir beeste te ontwikkel om metaangasuitlatings aansienlik te verminder.