Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,450 episodes available.
May 03, 2021Monitor 3 Mei 2021 - Deel 1Die oorsaak van die brand by 'n pakhuis in Fordsburg in Johannesburg is nog nie vasgestel nie. Ethiopië wil weer sy reservoir op die Nylrivier opvul, maar die Soedanese regering is baie ontevrede met hierdie besluit. Die voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler, Lindani Myeni, se oorskot is uiteindelik terug in sy tuisdorp, Richardsbaai, in KwaZulu-Natal. En SABC 2 het 'n aantal SAFTA-benoemings losgeslaan....more46minPlay
April 30, 2021Monitor 30 April 2021 - Deel 2Amerika se ontrekking uit Afghanistan begin op 1 Mei - ons kyk na die betekenis en gevolge hiervan. Ons fokus op die Amerikaanse president, Joe Biden, se eerste 100 dae in sy amp. Ons vind uit waarom 'n gebrek aan 'n stoel, 'n groot herrie in Ankara veroorsaak het en wat die gevolge van Sofagate sal wees....more46minPlay
April 30, 2021Monitor 30 April 2021 - Deel 1Die eerste gesondheidswerker in Suid-Afrika is 'n jaar gelede aan Covid-19 dood. Oranië het vandeesmaand sy dertigste bestaansjaar gevier - ons kyk na hoe dit van toeka tot nou verander het. President Cyril Ramaphosa het sy getuienis voor die Zondo-kommissie afgehandel - ons kry reaksie op die afgelope twee dae se onthullings en erkennings....more44minPlay
April 29, 2021Monitor 29 April 2021 - Deel 2Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, sê aanstellings in staatsinstellings moet op 'n deursigtige wyse gedoen word, sodat staatskaping nooit weer in Suid-Afrika sal plaasvind nie. Twee politieke wetenskaplikes ontleed Ramaphosa se getuienis by die Zondokommissie. Ons gesels met RSG se stasiehoof, Magdaleen Krüger, wat aftree na 'n loopbaan van 32 jaar by die SAUK....more43minPlay
April 29, 2021Monitor 29 April 2021 - Deel 1Die Wes-Kaapse leier van die DA, Bonginkosi Madikizela, het bedank. Nog 'n betoging in Kimberley oor swak dienslewering. Die Vereniging van Suid-Oos Asiese State poog om Mianmar se strydende partye bymekaar te bring om die voortslepende konflik te besleg....more43minPlay
April 28, 2021Monitor 28 April 2021 - Deel 2Die regering pak die tweede fase van sy Covid-19-inentingsveldtog - dié keer is die kandidate mense bo 60. 'n Nuwe boek oor betogings in Suid-Afrika waarsku dat gemeenskappe se geduld met die gebrek aan dienslewering opraak. 'n Skoonmaker van die Universiteit van die Wes-Kaap vang graad op die ouderdom van 47....more45minPlay
April 28, 2021Monitor 28 April 2021 - Deel 1Alle oë is vandag op die Staatskapingskommissie gerig waar president Cyril Ramaphosa sal getuig. Wetenskaplikes meen dat die Wonderwerk-grot naby Kathu in die Noord-Kaap dalk die oudste woonplek in die menslike geskiedenis kan wees....more46minPlay
April 27, 2021Monitor 27 April 2021 - Deel 2Die Britse mediese vakjoernaal, THE LANCET, spreek sy kommer uit oor die gebrek aan sielkundige bystand aan vroue wat miskrame ervaar. Die voormalige kabinetsminister Malusi Gigaba se vervreemde vrou, Norma, het voor die Staatskapingskommissie getuig. Sommige partye in die Parlement sê hulle het begrip dat openbare ampsdraers geen verhoging vir 2020/2021 moet kry nie. En 'n springkaanplaag veroorsaak groot skade aan gewasse in die Oos-Kaap....more48minPlay
April 27, 2021Monitor 27 April 2021 - Deel 1Sommige inwoners van Kimberley in die Noord-Kaap eis dat die burgemeester moet bedank. Die lugvaartekonoom, dr. Joachim Vermooten, bespreek die moontlike oorsake van die stand van sake by die laekoste lugdiens, Mango. Die DA se provinsiale struktuur in Limpopo is onder administrasie geplaas. En ons praat oor die impak van die Covid-pandemie op ons vryheid en regte....more47minPlay
April 26, 2021Monitor 26 April 2021 - Deel 2Politieke partye sê die ANC-veteraan en sakeman, Tokyo Sexwale, se bewerings oor 'n fabelagtige internasionale fonds en die diefstal daarvan moet indringend ondersoek word. Die bekende menseregteprokureur Richard Spoor bied aan om oudpresident Jacob Zuma met sy korrupsieverhoor gratis in die hof te verteenwoordig. 'n Joodse rabbi red 'n afskrif van die Torah uit een van die geboue op die kampus van die Universiteit van Kaapstad tydens verlede week se brande....more48minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,450 episodes available.