Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,536 episodes available.
April 15, 2021Monitor 15 April 2021 - Deel 1Inwoners van Kimberley is woedend oor gereelde wateronderbrekings. Planne om 'n Nama-dorp in Namakwaland te vestig. Kleinhandelverkope het in Februarie met 2,3% toegeneem op 'n jaargrondslag. Die ouditeurgeneraal bevind dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor kommersieel insolvent is....more45minPlay
April 14, 2021Monitor 14 April 2021 - Deel 2Een van Suid-Afrika se vernaamste erfenisterreine, Robbeneiland, is glo besig om agteruit te gaan, met tekens van verwaarlosing wat oral te sien is. Regskenners verskil skerp oor die hoofregter, Mogoeng Mogoeng, se uitnodiging aan oudpresident Jacob Zuma om voorstelle oor sy eie straf te maak....more45minPlay
April 14, 2021Monitor 14 April 2021 - Deel 1Die gebruik van Johnson & Johnson se Covid-19-entstof in Suid-Afrika word vir eers gestaak. Pluimveeboere wag in spanning om uit te vind of die voëlgriepvirus wat in Gauteng uitgebreek het, die uiters aansteeklike H5N8-virus is. Lugverkeer oos van Johannesburg ervaar 'n geheimsinnige steurnis wat radioverkeer tussen vliegtuie belemmer....more45minPlay
April 13, 2021Monitor 13 April 2021 - Deel 2'n Onafhanklike ombud is aangestel om toesig te hou oor DA se keuringsproses vir 'n nuwe burgemeesterskandidaat vir Kaapstad. Die ANC se Nasionale Jeugliga taakspan moet binne die volgende ses maande 'n nasionale verkiesingskonferensie hou. Die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria het die geboorte van 'n witrenosterkalfie verwelkom. Inwoners van Weltevredenpark in Gauteng het met 'n inisiatief begin om self slaggate te vul....more41minPlay
April 13, 2021Monitor 13 April 2021 - Deel 1Betogende ouers by die Hoërskool Garies in die Noord-Kaap wil hê die provinsiale onderwysdepartement moet vakatures vir onderwysers vul. Die Kaapstadse Metro gaan voort met sy siviele eise teen die aktivistegroep, Gatvol Capetonian, en die EFF. 'n Uitbreking van Afrika varkpes is in Potchefstroom in Noordwes aangemeld. Die agritegnologie maatskappy, TONN UP, het 'n aanlyn verhandelingsplatform geskep om boere te help om hulle produkte te verkoop....more44minPlay
April 12, 2021Monitor 12 April 2021 - Deel 2Huldeblyke stroom steeds in van regoor die wereld ná die dood van prins Philip, die hertog van Edinburgh. Amnestie Internasionaal waarsku dat Covid-19 as't ware as 'n wapen ingespan word om kwesbare gemeenskappe verder te onderdruk. Argeoloë is opgewonde oor 'n groot vonds by Luxor in Egipte....more42minPlay
April 12, 2021Monitor 12 April 2021 - Deel 1Die Regterlike Gedragstribunaal het die regterpresident van die Wes-Kaap, John Hlophe, aan growwe wangedrag skuldig bevind,maar is dit die einde van die pad vir dié regter? 'n Nie-regeringorganisasie vra vir strenger drankregulasies om Suid-Afrika se drankkultuur te verander....more43minPlay
April 09, 2021Monitor 9 April 2021 - Deel 2'n Noodberaad van SADEK-leiers het gevra vir 'n streeksbenadering tot die veiligheidsprobleme in die noorde van Mosambiek. Ons bespreek 'n hofbevel wat ouers die reg gee om hulle ongebore babas te begrawe. En ons vind meer uit oor 'n moontlike vyfde fundamentele natuurkrag....more47minPlay
April 09, 2021Monitor 9 April 2021 - Deel 1Die regering het 51-miljoen dosisse Covid-19-entstof bekom, wat later vandeesmaand in die land sal aankom. 'n Kenner deel sy mening oor of die entstofverspreidingsprogram behoorlik geïmplementeer kan word. Suid-Afrika se tafeldruifbedryf het 'n rekord oesjaar gehad. Is die ANC besig om guns te wen vir die plaaslike verkiesings deur plekname te verander?...more46minPlay
April 08, 2021Monitor 8 April 2021 - Deel 2Daar is onsekerheid of die polisie se DNS-rekenaarstelsel funksioneer of nie. Die Departement van Gesondheid en Pfizer het glo 'n ooreenkoms vir 20-miljoen dosisse entstof gesluit - ons praat hieroor asook ander Covid-19-kwessies. Suid-Afrika verloor die eendag internasionale krieketreeks teen Pakistan....more46minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,536 episodes available.