Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,536 episodes available.
April 29, 2021Monitor 29 April 2021 - Deel 1Die Wes-Kaapse leier van die DA, Bonginkosi Madikizela, het bedank. Nog 'n betoging in Kimberley oor swak dienslewering. Die Vereniging van Suid-Oos Asiese State poog om Mianmar se strydende partye bymekaar te bring om die voortslepende konflik te besleg....more43minPlay
April 28, 2021Monitor 28 April 2021 - Deel 2Die regering pak die tweede fase van sy Covid-19-inentingsveldtog - dié keer is die kandidate mense bo 60. 'n Nuwe boek oor betogings in Suid-Afrika waarsku dat gemeenskappe se geduld met die gebrek aan dienslewering opraak. 'n Skoonmaker van die Universiteit van die Wes-Kaap vang graad op die ouderdom van 47....more45minPlay
April 28, 2021Monitor 28 April 2021 - Deel 1Alle oë is vandag op die Staatskapingskommissie gerig waar president Cyril Ramaphosa sal getuig. Wetenskaplikes meen dat die Wonderwerk-grot naby Kathu in die Noord-Kaap dalk die oudste woonplek in die menslike geskiedenis kan wees....more46minPlay
April 27, 2021Monitor 27 April 2021 - Deel 2Die Britse mediese vakjoernaal, THE LANCET, spreek sy kommer uit oor die gebrek aan sielkundige bystand aan vroue wat miskrame ervaar. Die voormalige kabinetsminister Malusi Gigaba se vervreemde vrou, Norma, het voor die Staatskapingskommissie getuig. Sommige partye in die Parlement sê hulle het begrip dat openbare ampsdraers geen verhoging vir 2020/2021 moet kry nie. En 'n springkaanplaag veroorsaak groot skade aan gewasse in die Oos-Kaap....more48minPlay
April 27, 2021Monitor 27 April 2021 - Deel 1Sommige inwoners van Kimberley in die Noord-Kaap eis dat die burgemeester moet bedank. Die lugvaartekonoom, dr. Joachim Vermooten, bespreek die moontlike oorsake van die stand van sake by die laekoste lugdiens, Mango. Die DA se provinsiale struktuur in Limpopo is onder administrasie geplaas. En ons praat oor die impak van die Covid-pandemie op ons vryheid en regte....more47minPlay
April 26, 2021Monitor 26 April 2021 - Deel 2Politieke partye sê die ANC-veteraan en sakeman, Tokyo Sexwale, se bewerings oor 'n fabelagtige internasionale fonds en die diefstal daarvan moet indringend ondersoek word. Die bekende menseregteprokureur Richard Spoor bied aan om oudpresident Jacob Zuma met sy korrupsieverhoor gratis in die hof te verteenwoordig. 'n Joodse rabbi red 'n afskrif van die Torah uit een van die geboue op die kampus van die Universiteit van Kaapstad tydens verlede week se brande....more48minPlay
April 26, 2021Monitor 26 April 2021 - Deel 1Die regering se besluit om waterdeskundiges uit Kuba in te voer, word skerp gekritiseer. Die DA eis antwoorde by minister Blade Nzimande oor die besluit om Afrikaans en die Khoe- en Santaalfamilie glo as uitheems te klassifiseer. Die Suid-Afrikaanse dokumentêre rolprent, My Octopus Teacher, wen 'n Oscar!...more41minPlay
April 23, 2021Monitor 23 April 2021 - Deel 2'n ANC raadslid in die Oos-Kaap is skuldig bevind aan verskeie misdade, maar is nie haar werk kwyt nie. Ons kry reaksie van ontleders en kyk na die probleem wat oral kop uitsteek in die land. Daar heers steeds kommmer oor die Gautengse onderwys departement se inmenging by skole. Ons vind meer uit van die eerste Tesla elektriese motor in Suid-Afrika, en die toetse wat dit ondergaan om te bepaal of so motor hier verkoop kan word....more46minPlay
April 23, 2021Monitor 23 April 2021 - Deel 1Die ANC veteraan, Tokyo Sexwale, beskuldig die Reserwebank van die onwettige oorplasing van geld na ander bankrekeninge. Studente van die Universiteit van Kaapstad keer terug na hulle koshuise ná die brande. Kaapstad maak intussen gereed vir sy winterreënvalseisoen. Suid-Afrikaners ly honger as gevolg van die Covid-19-pandemie....more40minPlay
April 22, 2021Monitor 22 April 2021 - Deel 2Privaatinstansies en die publiek dra by om studente van Ikeys te help nadat hulle die koshuise weens die groot brand moes ontruim. Ons kyk ook na die onskatbare erfenis wat in die brand by die universiteit verwoes is. En die Suid-Afrikaanse Olimpiese span kry velskoene!...more45minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,536 episodes available.