Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,450 episodes available.
February 18, 2021Monitor 18 Februarie 2021 - Deel 2Ons plaas die fokus op veediefstal en kry reaksie van die polisie en praat met die nasionale veediefstalforum om te hoor hoe erg die probleem is. Ons hoor tot watter mate die land se waterinfrastruktuur verwaarloos is....more48minPlay
February 18, 2021Monitor 18 Februarie 2021 - Deel 1Talle gesondheidswerkers is reeds met Johnson en Johnson se Covid-19-entstof ingeënt. Drie en veertig plaasaanvalle en vier plaasmoorde het volgens Afriforum sedert die begin van vanjaar voorgekom. Eskom verduidelik waarom 'n mislukte behuisingprojek meer as R800-miljoen gekos het. 'n Jong krapvreterrob is op pad huis toe in Antarktika....more40minPlay
February 17, 2021Monitor 17 Februarie 2021 - Deel 2Gemengde reaksie van ANC-lede naby aan oudpresident Jacob Zuma oor sy weiering om voor die Staatskapingskommissie te verskyn. Ons praat oor 'n voorstel om Jan Smuts-rylaan in Kaapstad na die struggleleier Franklin Sonn te vernoem....more45minPlay
February 17, 2021Monitor 17 Februarie 2021 - Deel 1Die antwoord op Suid-Afrika se probleem met Covid-19-inenting is dalk 'n kombinasie van verskillende middels. Tagtig persent van Ivermectin-tablette wat die land binnegekom het, bevat onverklaarde middels en kan gevaarlik wees....more45minPlay
February 16, 2021Monitor 16 Februarie 2021 - Deel 2Oudpresident Jacob Zuma gaan van minagting van die hof aangekla word - ons praat met 'n ontleder oor of Zuma wel aan die pen sal ry. Veediefstal is landwyd 'n ernstige probleem - ons besoek boere in Mpumalanga om eerstehands te hoor hoe dit hulle raak. As jy die afgelope tyd 'n sterk swael reuk in die lug opgemerk het, moenie die gesprek misloop waarin ons uitvind waar dit vandaan kom nie....more46minPlay
February 16, 2021Monitor 16 Februarie 2021 - Deel 1Die Zondo-kommissie eis tronkstraf vir oudpresident Jacob Zuma nadat hy weier om voor die kommissie te verskyn. Zuma beweer op sy beurt dat sekere individue in die regbank hulle siel verkoop het vir politieke doelwitte. Ons voer gesprek oor die skole wat gister heropen het, en vra of kinders vanjaar voldoende onderrig sal ontvang....more42minPlay
February 15, 2021Monitor 15 Februarie 2021 - Deel 2Die Departement van Basiese Onderwys sê alles is in gereedheid vir skole om vandag te heropen. Meer as 35 000 leerders moet nog in Gautengse skole geplaas word. Suid-Afrika het die Rand 60 jaar gelede op 14 Februarie 1961 as amptelike geldeenheid aanvaar....more44minPlay
February 15, 2021Monitor 15 Februarie 2021 - Deel 1'n Skriftelike antwoord op 'n parlementêre vraag deur die DA het aan die lig gebring dat KwaZulu-Natal se Departement van Onderwys sy werknemers byna R600-miljoen skuld. Twee jong mans probeer die armoedesiklus onder minder gegoede Suid-Afrikaners te breek deur matriekleerlinge oor beurse in te lig. Oudpresident Jacob Zuma moet vandag voor die Staatskapingskommissie verskyn, maar sy onwilligheid is dalk 'n swak voorbeeld vir ander getuies....more42minPlay
February 12, 2021Monitor 12 Februarie 2021 - Deel 2Ons kry insig van 'n politieke ontleder en toekomskundige oor die Staatsrede - in hierdie gesprek plaas ons onder meer die fokus op die vier prioriteitsareas wat president Ramaphosa aangeraak het, en vra of die regering se planne voldoende toekomsgerig is? Die Weerdiens sê swaar reën word vir die volgende week in die noorde van KwaZulu-Natal en Mpumalanga verwag - ons praat met 'n weerkundige oor die baie reën en bewolkte weer wat die afgelope paar weke oor groot dele van die land voorkom. In Amerika sê die Demokrate daar móét opgetree word teen oudpresident Donald Trump....more48minPlay
February 12, 2021Monitor 12 Februarie 2021 - Deel 1Daar is wye reaksie op die Staatsrede wat gisteraand deur president Ramaphosa gelewer is. Ons praat deur die loop van die program met verskeie kenners en ontleders vir hulle mening oor die Staatsrede. Die Wes-Kaapse regering het reeds begin met sy eie proses om COVID-19-entstowwe te verkry. Ons kyk na die verskeie risiko's wat vanjaar soos 'n donker wolk oor Suid-Afrika sal hang....more43minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,450 episodes available.